Photography Blog

SA Jagters-lede en Fotografieklub-lede word uitgenooi om julle beste katfoto’s (van huiskat, wildekat tot grootkat) te deel op Facebook in die Fotografieklub se groep hier of per epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings wat ‘n lid kan in stuur nie.

 

Die foto-uitdaging se reëls is eenvoudig:
1) dit moet `n foto van `n kat/katte (van huiskat, wildekat tot grootkat) wees geneem deur jouself,
2) merk die foto #katte (sodat die admin dit maklik kan vind aan die einde van die maand),
3) sluit die al foto se inligting in:
*spesie
*waar
*wanneer
*kamera of slimfoonmodel
*kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed).

Fotowenke - Hoe om tuinvoëls die beste af te neem:

1) Soek 'n geskikte plek waar die voëls veilig sal voel en voer hulle daar.

2) Die wintermaande is die beste tyd om voëls met kos te lok, vind uit watter kos verskillende voëls sal verkies.

3) Kies verskillende plekke wat nie steurende agtergronde het nie.

4) Gebruik die langste telefoto-lens wat u het.

5) Stel u sluiterspoed op 1 / 2000s en hoër. Suikerbekkies 1/3 000 en hoër.

6) Stel u fokusdiepte so vlak as moontlik (F/2.8 tot F/6.3) om die voëls van die agtergrond te skei.

7) Stel u kamera om ononderbroke te skiet om 'n reeks foto's te neem.

8) Kom so naby as moontlik, stabiliseer u kamera, staan of sit doodstil en wees geduldig, die voëls moet gewoond raak aan u teenwoordigheid.

9) Moenie dadelik begin skiet sodra die voëls land nie, voëls is van nature senuweeagtig, dus gee hulle die kans om eers te kalmeer.

10) Fokus altyd op die oog vir die voël.

11) Wag vir interaksie tussen die voëls en insekte terwyl hulle om kos meeding, kan dit uitsonderlike foto's lewer.

Fotowenke - Hoe om die beste Sonsopkoms- en Sonsakfotos te neem vir BEGINNERS:

1) Eerstens maak die lens skoon, want jy skiet in die son in, anders het u ‘n groot kans vir geel/groen-stof/lig kolle op u foto.

2) Gebruik die wysdte lens wat u het om die hele toneel vas te vang. 'n Fokusafstand tussen 14mm en 24mm is 'n goeie beginpunt.

3) Sit u kamera op 'n driepoot om die foto heeltemal skerp te kry.

4) Stel u kamera op DIEPTE-VAN-VELD modus (A vir Nikon of Av vir Canon).

5) Stel 'n wye DIEPTE-VAN-VELD tussen F/11 en F/16.

6) Om ‘n sonster effek te kry, stel die DIEPTE-VAN-VELD tunnen F/16 en F22.

7) Hou die ISO laag tussen 100 en 200 om ‘’geraas’’ te verminder. Die kamera bereken die sluiterspoed self wat heel stadig sal wees, daarom is dit baie belangrik om te stabiliseer.

8) Neem 'n paar fotos en kyk daarna. As u meer lig of minder lig op die foto wil hê, pas die blootstellingskompensasie aan om die gewenste foto te kry.

Die Fotografieklub se lede se fotos kom ook in aanmerking om op die groep se Facebook bladomslag te verskyn. Elke 2 weke kies die admin `n nuwe bladomslag. Die admin soek fotos wat eenvouding maar treffend is, horisontaal is, met genoegsame spasie vir bewoording.

 

The Photography Club's members' photos are also eligible to appear on the group's Facebook page cover. Every 2 weeks the admin selects a new page cover. The admin is looking for photos that are simple but striking, horizontal, with ample space for wording.

Die Fotografieklub se Julie-maand foto-uitdaging tema was #Big3. Lede het meer as 150 foto’s van olifante, buffels en renosters vir die uitdaging gedeel. Die admin het die top 20 fotos gekies en lede het gestem vir hulle gunsteling foto. Die wenner van die beste #Big3 foto was Sarel van der Westhuizen met sy olifant in die stof foto. Sarel wen die boekprys: Insider's Guide to Top Wildlife Photography Spots in South Africa, deur Shem Compion, geborg deur SA Jagters.

 

The Photography Club's July month photo challenge theme was # Big3. Members shared more than 150 photos of elephants, buffaloes and rhinos for the challenge. The admin chose the top 20 photos and members voted for their favorite photo. The winner of the best # Big3 photo was Sarel van der Westhuizen with his elephant in the dust photo. Sarel wins the book prize: Insider's Guide to Top Wildlife Photography Spots in South Africa, by Shem Compion, sponsored by SA Hunters.

Page 4 of 4