Reëls en Aansoekprosedure vir Toegewyde Jagterstatus
Die verwerwing van Toegewyde Jagterstatus wat SA Jagters toeken, voldoen aan die statutêre bepaling van Wet 60 van 2000 soos gewysig. Lede wat hierdie status verwerf het, mag ingevolge Artikel 16 van hierdie Wet meer as vier vuurwapens vir jagdoeleindes besit.
- Toegewyde Jagterstatus is geskik vir lede wat gereeld jag en aan takaktiwiteite deelneem.
- Let wel: Ingevolge die beleid van SA Jagters, word Toegewyde Jagterstatus slegs toegeken aan lede 16 jaar en ouer.
- Lede jonger as 16 jaar mag wel die opleiding voltooi maar mag slegs aansoek doen vir die Toegewyde Status wanneer hulle 16 jaar oud word en die Toegewyde Status aansoek sal daarom slegs ontvang, verwerk en die Toegewyde Status uitgereik word nadat die lid 16 jaar oud geraak het.
Aansoekprosedure vir Toegewyde Jagterstatus