Kamdeboo jagters help plaaslike boere en inwoners in tyd van nood
Boere bewaar ons hulpbronne
Tydens die Kamdebootak se algemene jaarvergadering in September 2019, is daar besluit om plaaslike boere te ondersteun in hul stryd teen die voortslepende droogte. Boere is die eerste linie bewaarders van ons natuurlike hulpbronne en maak ‘n wesenlike bydra tot die beskerning van natuurlewe areas met geassosieerde wildpopulasies. As mense wat leef van die veld, stoei hul daagliks met die uitdagings van veranderende omgewingsfaktore soos onder andere droogte. Deur die ondersteuning van boere wat verantwoordelike hulpbronbestuur toepas, dra jagters by tot bewaring van die hulpbron waarvan ook hulle, jaarliks die voordele geniet as hul gaan jag.