Is hier forum gebruikers wat herlaai vir die 9,3X62 ?
Ek sal graag van jul wil verneem t.o.v. tipe punt, TPL, kruit en kruit gewig asb. Dit wil vir my voorkom dat daar nie 'n verskeie punte fabrikate beskikbaar is in kal. 9,3 (.366) nie. In Bloem is net Hornady beskikbaar in kal. 9,3 (.366).
Vertel gerus van julle punt keuses, sukses t.o.v. akkuraatheid en jag suksese.
Danie Lombard (Sandveld)







