Centurion DRIEKUNS word hierdie jaar aangebied 19 Maart, op die Gnl. Piet Joubert Skietbaan. Tydens hierdie kompetisie staan n skut die kans om R 100 000 te wen, mits hy/sy drie voltalle behaal op die drie gewildste tabelle, nl. Jakkals, Springbok en Blouwildebees. Hoewel almal mik vir die groot prys, is daar ook pryse vir die individuele tabel wenners, span wenners op elke tabel en die wenner van die dag. Groepering op die Jakkals tabel word gemeet vir die 300 meter groepering skiet kompetisie. Skuts wat belang stel om deel te neem aan hierdie kompetisie, kan my gerus kontak. Daar is nog plek vir drie spanne, maar individuele inskrywings word ook aanvaar. Na afloop van die formele skiet oefening, gaan ons bietjie gonge skiet, om die manne kans te geen om die punte op te tel en die sertifikate te druk. Die prys uitdeling vind plaas na middag ete. Die DRIEKUNS is n kwalifiserende kompetisie vir die President Skiet uitnodiging. My epos adres is: skiet@jagters.co.za vir meer besonderhede.
Centurion DRIEKUNS
Ed,
Will send the results to Hercules by 2011/03/22 @ 18h00 for him to post. Small hick-up with team ranking on my program. Hopefully sorted by tomorrow, if not will post what I've got. When I arrived home late this afternoon and opened my inbox, I received Three bookings for the 2012 DRIEKUNS, one from Lamergeyer, rest local, news travel fast.
Js
Die punte vir die R 100 000 DRIEKUNS is nou beskikbaar onder Scoreboard - Telbord. Gaan besoek dit gerus.
Js






