As iemand my kan help met herlaai data vir my .338wm. Tipe punte(gewig) kruit, TPL en spoed. Tans skiet ek Hornady se 250gr BTHP tydens skiet kompetisies. WM 24' Loop met 'n 1-10 groef draai. Jr
Herlaai data .338wm
Hallo JR
Hier is 'n artikel wat ek in 2000 geskryf het. Alles wat ek geskryf het is vandag nog steeds geldig, behalwe dat die keuse van koeëls baie meer is.
Tans laai ek my 338 met Impala koeëls, dit werk baie mooi, vleisskade is baie min al skiet jy op kort afstand.
Groete
Hercules Louw
Hercules,
Bitter spyt ek het nie jou artikel in 2000 al gesien nie! Ek het al skoolgeld betaal op my 338!!!
Ek het Impala punte probeer en hulle wou nie groepeer nie , maar dit was voor ek begin herlaai het so miskien is dit tyd want ek gebruik hulle op my 375 en hulle werk pragtig met so te see geen terugskop nie (My 10 jarige het sy eerste rooibok met hulle platgetrek).
Kan jy dalk laai data vir die 338 met Impala punte publiseer?
My standaard lading vir die 338:
165gr Impala
63gr S335
CCI 200
OAL = 83.7mm
3165 ft/s
40mm groepe op 200m







