Hi
Na baie heen en weer het ek besluit om n nuwe .375 H&H Mag. te koop.
Ek sukkel egter om tussen die volgende wapens te besluit
Sauer 202 (Classic of Takedown)
Steyr Mannlicher luxus
Enige advies sal van hulp wees. Ek het met handelaars en ander geweer kenners gepraat wat die situasie net vererger het.
Die koste van die wapens speel nie `n groot rol hier nie.
Dit sal lekker wees om lope te kan ruil maar dit is ook nie noodwendig moet nie.
Ek vra raad t.o.v. watter wapen julle sal koop en hoekom.
Dankie






