Geweerkolf herstel werk

Link to this post 14 Feb 12

Hi julle

Ek het op die internet op 'n video afgekom oor hoe jy krappe en duike op jou geweerkolf kan herstel. Glo dit of nie, maar jy stryk dit met n strykyster uit. Wel meer korrek 'n nat lap en strykyster. Ek het so merkie op my geweer gehad wat ek net nie kon miskyk nie maar dis nou nie meer daar nie. Ek kan julle ook verseker dit was my eerste keer wat ek ooit iets gestyk het. My vrou kla verniet dis glad nie so erg nie.

Het iemand dalk ander raad of kan iemand my sê of mens skuurpapier naby jou kolf kan bring. Ek kry myself net nie so ver nie.

Groete