Ek verneem graag of iemand dalk al 168 gr Barnes X punte vir die 30.06 gelaai het met S335 of S355 dryfmiddel? Die herlaai data van PMP gee nie data vir Barnes X vir die genoemde dryfmiddels nie.
S335 en S355 vir 30.06 Barnes X
Johan
S365 is die aangewese dryfmiddel vir die Barnes X koeëls in 'n 30-06. As jy 'n Somchem herlaai boekie kan aanskaf (beskikbaar by enige handelaar) sal jy sien dat daar 'n aparte afdeling vir die Barnes X koeëls is. Hierdie koeëls (die ouer X tipe meer so as die nuwe triple shock) moet met omsigtigheid gelaai word om verhoogde druk te vermy, en ek beveel aan dat jy die gedeelte in die Somchem boekie bestudeer. Die vinniger dryfmiddels soos S335 en S355 is riskant en kan baie maklik te hoë druk met Barnes X koeëls gee.
Hercules
Hercules
Baie dankie vir jou terugvoer. Ek het PMP se herlaaidata nagegaan veral by die Barnes X gedeelte. Ek herlaai die naweek om volgende week te toets. Ek waardeer jou terugvoer







