Die laaste SAJWV jagboog skiet dag vir 2011 was gehou te Inyati Park op Saterdag 1 Oktober. Daar het 20 skuts deelgeneem en nie minder as 8 goue balkies is verwerf vir die dag. Die hoogste punte is opgestel deur Johan de Beer van Baviaanspoort tak met 'n telling van 29 uit 30. baie geluk Johan. Doe span skiet was ook pret maar ongelukkig weens te min deelnemers van ander takke kon ons slegs die groep in twee deel en daarmee kon dus nie tak wenners uitgewys word nie. Waar is die ander Gauteng Noord takke, mense ? Die pretskiet was ook 'n sukses en die wenner is uitgewys deur sy pyl naaste aan aan die kol te skiet vannaf 50 meter. Die dag is afgesluit deur 'n lekker braai vir die wat wou saam kuier onder die lapa.
Datums vir 2012 sal binnekort op die skiet forum gepubliseer word. Hou die forum dop.






