More julle.
Dit is my eerste keer op die form. Ek wil graag hoor of SA Jagters nie in hulle tydskrif vir ons wil wys hoe om jou eie geweer kolf te bou nie. Ek stel baie belang om my eie duimgat kolf te bou.
Geweer kolwe
Naand Willem
Dit is 'n goeie gedagte en daar is sekerlik kundiges wat so 'n stap vir stap artikel kan skryf.
Kontak gerus die redakteur van die tydskrif, André van Dyk, by Andre.vanDyk@media24.com en stuur jou voorstel vir hom. Hulle is altyd op die uitkyk vir nuwe moontlike artikels.
Hercules Louw
Ek glo nie enige geweermaker/kolfmaker gaan sy "trade" verniet weggee deur vir almal in detail te verduidelik hoe om kolwe te maak nie. Die goedkoop en maklike alternatief is vir MINDER AS R 2000-00 te kry by BOYDS in VSA - boydsgunstocks.com







