Weet julle dalk wanneer die nasionale ranglys beskikbaar sal wees ?
Groete

Nico
Die lys behoort volgende week (27 - 30 Junie) geplaas te word. Hoofkantoor wag nog net vir eerskomende naweek se resultate wat eers bygewerk moet word.
Groete
Hercules
Ek sien daar is heelwat lede wat meer as eenmaal geskiet het vir die Presidentskiet 2011. Hoe werk dit? Ek is onder die indruk dat die kompetisie eenkeer geskiet word. Op wat se meriete word toegelaat dat iemand meer as eenmaal kan deelneem?
Dit is nie reg dat iemand meer as eenmaal kan skiet om 'n hoër punt te probeer kry.
Hercules, kan jy klarigheid gee asseblief.
Interessante vraag; ek het na die reels gaan kyk en dit verwys slegs na 'n tweede poging op dieselfde dag.
2.3 Net die eerste telling deur elke deelnemer aangeteken by ’n streekkompetisie is geldig en
‘n opvolg (tweede probeerslag) op dieselfde dag is nie aanvaarbaar nie;
As mens egter kyk na die oorprong van die kompetisie was dit altyd 'n eenmalige geleentheid, wat dus sou beteken dat mens slegs een kans sou kry om te presteer.
Dit het toenemend duidelik geword dat een nasionale Presidentskietkompetisie soos dit in die verlede aangebied is, een groot tekortkoming gehad het en dit was die beperking wat dit geplaas het op deelname en die aanmoediging van deelname. Deelname was in die verlede grootliks deur skuts uit die Gauteng takke. Die koste vir reis en verblyf het dit vir lede uit bv. provinsies soos die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap moeilik (duur) gemaak om in noemenswaardige getalle deel te neem. Daarom is die strategiese besluit gedurende 2007 deur die Uitvoerende Komitee geneem om vir 2008 die Presidentskiet-kompetisie af te wentel na die streke om deelname en blootstelling aan dié skietkompetisie vir meer lede vanaf die takke in al die streke moontlik te maak.
Francois
Walter is heeltemal reg - slegs die eerste telling wat 'n skut op 'n betrokke dag behaal tel - geen opvolg se punte kan geregistreer word nie.
Jou vraag rondom skuts wat meer as 1 punt gerigistreer het; baie skuts reis ver om aan meer as een streekskiet deel te neem, maw in verskillende streke en dan is daar natuurlik die lede van die UK wat die President verteen woordig op die verskilende streek skiete.
Ek self poog om jaarliks aan die Noordkaap sowel as die Vrystaat streekskiet deel te neem en dus kan ek 2 tellings registreer.
Sien julle 17 September op Soutpan.
Ek hoor baie goed wat julle altwee sê maar ek verwys na hierdie:
"In verband met die gekanselleerde resultate op die ranglys die volgende: Hierdie skuts het aan meer as een kompetisie deelgeneem en slegs hul hoogste telling is in ag geneem vir die ranglys."
Dit is deur Hercules geskryf en is deel van die Presidentskiet ranglys wat huidiglik op die forum verskyn.
Hieruit is dit baie duidelik dat die hoogste telling en nie noodwendig die eerste telling gebruik is om die ranglys saam te stel.
As ek kyk na hoeveel skuts 'n tweede keer geskiet het is dit ook duidelik dat die wat geskiet het NIE vir die HK geskiet het nie maar 'n geleentheid benut het om hulle punte te verbeter.
Deur 'n tweede keer te skiet kan 'n skut dit moontlik maak om bv. vir 'n platinum toekenning te kwalifiseer met die tweede skietgeleentheid.
Dit is waar my vraag lê.