Nasionale Presidentskiet 2011

Link to this post 25 Jul 11

Stefan

Die gedagte met die onder 13 luggeweer tabelle is juis dat nekbreker windbukse gebruik moet word. Die gewere is oor die algemeen lig en hanteerbaar sodat 8 jarige outjies daarmee oor die weg behoort te kom. Hoeveel van ons het nie in ons kinderdae (7 jaar en ouer) met windbukse die muisvoëls in die vrugtetuin geskiet nie? Vandag se 8 jariges behoort dit tog ook te kan doen, al is die kans skraal om die kompetisie te wen teen 'n 13 jarige, maar elke jaar word die kanse beter soos die deelnemer ouer word.

Ons het 'n streng beginsel in die Skietkommitee wat ook deur ons President en UK onderskryf word, en dit is dat indien 'n persoon aan 'n tabel wil deelneem vir kompetisie doeleindes, daar te alle tye aan die betrokke reëls voldoen moet word.

Daar was al by geleentheid versoeke gewees dat Juniors aan die gewone skiettabelle in kompetisies teen volwasse skuts kan deelneem terwyl hulle van addisionele dooierus skietposisies gebruik maak. Dit is nie tydens kompetisies toelaatbaar nie, as 'n Junior aan 'n betrokke senior kompetisie wil deelneem, dan moet dit binne die reëls wees. Opleiding op takvlak is iets anders.

Hercules

Link to this post 26 Jul 11

Hercules

als te verstane. Dankie. Stefan

Link to this post 20 Sep 11

Baie geluk aan die top skuts - julle kan met rede WIND - makerig wees, want duidelik is wind nie vir julle 'n faktor nie. Hoop ons sien volgende jaar weer.