Swarkruit doppielaaier/agterlaaier

Link to this post 14 Mar 11


Waar pas die Martini Henry's, Springfields, Sniders ens. mbt die SAJVW skiettabelle in. Sal dit ook by die swarkruit-tabel wees of nie. Groete.
Ferdi

Link to this post 07 Jul 11

Hallo Ferdi, ek merk dat jy hierdie artikel al reeds in Maart geplaas het. Ek onderneem om dit onder Hercules Louw se aandag te bring.
Wat jou vraag betref het ek gaan loer na die amptelike SAJWV swartkruit/voorlaaier skietoefening. Daar het ek gemerk dat daar soms spesifiek na voorlaaiers verwys terwyl op ander plekke daar bloot van swartkruitroers gepraat word. Ek stem saam dat hierdie moontlik verwarring kan skep.
Ons sal poog om hierdie op te los.
Sterkte !
Johann Ungerer

Link to this post 06 Sep 11

Ek vermoed die grootste verskil sou in die duur van skietoefeninge wees. Die enkelskoot swartkruit patroongewere laai ietwat vinniger as voorlaaiers. Miskien kan die oefening ook vir enkelskoot patroongewere gebruik word maar met ander tydsbeperkings(?)

Link to this post 29 Sep 11

Die SAJWV swartkruit skietoefening is inderdaad onwikkel vir voorlaaiergewere. Die tipe jaggewere neem aansienlik langer om gereed te kry voordat die geweer kan skiet.
Die doppie (swartkruit) gewere het nie die nadeel nie en die skuts sal dan n voordeel kry as hulle sou kompeteer met voorlaaiers. Daar is n tyd gekoppel aan die aantal skote per afstand in die huidige SAJWV swartkruit/voorlaaier skietoefening.
My mening is dat doppie swartkruit gewere hulle man staan teen die moderne swaar kalibers soos .375 ,9.3 ens. Sou die stopkrag (Hatcher's - Relative Stopping Power, Thornily Stopping Power, Taylor ens) bereken word kan afgelei word dat die .45 en .577 kalibers (Martini Henry's, Springfields, Sniders ) kan kompeteer met die moderne die kalibers.

Link to this post 29 Sep 11

SAHGCA: Black Powder/Hunting Handgun Challenge 2011

The SA Hunters and Game Conservation Association present a Black Powder/Hunting Handgun Challenge on 29 October 2011 at the Welgegund shooting range.

The activities for the day will commence with two of the standard SAHGCA shooting exercises and members of
SAHGCA can qualify for the standard bronze, silver or gold shooting awards (badges) of the association during these
events :
• Muzzle Loaders (Black Powder)
• Hunting Handgun

A Fun Challenge between the Black Powder and Hunting Handgun shooters will follow and the lay-out of the range will
be the surprise of the day!


Contact persons for the event are:
• Hunting Handgun – Danie Terblanche – 082 416 6558
• Black Powder – Sarel Coetzer – 072 368 030