Written by Hercules Louw
|
21 February 2012
Mees Veelsydige Skut skietkompetisie - resultate.
Die kompetisie is met groot sukses deur Oos-Rand tak aangebied. Baie dankie aan Gawie en sy span vir al die harde werk en goeie organisasie.
Safari en Outdoor, julle borgskap het die dag gemaak en grootliks daartoe bygedra dat die kompetisie baie straf was. Baie dankie vir die groot ondersteuning.
Jan Taljaard het die dag gewen en Flippie van Tonder was saam met Adriaan Rudolf in die tweede plek. Werner Hamman het die derde plek behaal. Linda Marais het die eerste plek in die dames afdeling behaal, en Michelle Yssel was eerste van die juniors, sowel as tweede onder die dames. Baie geluk aan julle met die prestasies.
Die volledige resultate is onder die Scoreboard - Telbord gepubliseer. Teken asb aan om te besigtig.
Die fotos hieronder is deur Adré Human verskaf.

Die deelnemers het al vroeg-oggend opgedaag vir die registrasie.

Daar word tou gestaan om die Safari geskenkbewys te ontvang.

Ek wonder hoe dit vandag sal gaan.

Hier word nou ernstig geskiet.

Nou waar is daardie 6de skoot heen?

Toemaar ou maat, probeer maar volgende jaar weer.

Adriaan Rudolph wat gesamentlik tweede plek behaal het, in sy skietbakkie. Wat sy prestasie meer uitsonderlik maak is die feit dat hy 'n gestremde skut is.

Is dit regtig al punte wat ek gekry het?
Hierdie simpel skietstokke het dan nie eens hake nie!
Na so 'n lang en warm dag is die bier darem baie lekker.
Michelle Yssel die wenner van die Juniors, sowel 2de plek in die dames afdeling.
Adriaan Rudolph, mede wenner van die Jag Handwapen, Grootkaliber en algeheel 2de plek, ontvang die wisseltrofee vir die Grootkaliber kompetisie wat hy nou vir 6 maande moet oppas.

Jan Taljaard, die algehele wenner van 2012 se MVS kompetisie.