Volgens 'n berig in Landbouweekblad is 'n uitbraak van Slenkdalkoors in Botswana in die omgewing van Seribe aangemeld. 'n Nuwe geval van Slenkdalkoors is ook in Namibie in die Erongo-streek noordwes van Windhoek aangemeld. Sedert 4 Junie is nuwe gevalle van die siekte in die Karasstreek en drie gevalle in die Hardapstreek aangemeld. Dieselfde beheermaatreels as wat vroeer afgekondig is sal hier ook geld.