September 06 2010 19:27
Renosterstropery - wat 'n gruwel!
Verenigingsnuus / Association News

Renoster slagting en stropery - wat 'n gruwel!

SAJWV is geskok deur die voortdurende slagting van renosters wat in Suid Afrika aan die gang is. Dit is veragtelike dade wat gepleeg word deur kriminele wat nie in enige samelewing tuishoort nie.

Die slagting van die laaste renosterkoei in die Krugerdorpse Wildtuin behoort elke persoon, van die President van Suid Afrika tot by die gewone burger laat besluit genoeg is genoeg! Ons wil die mense wat die dinge doen nie in Suid Afrika hê nie en indien hulle Suid Afrikaners is, gooi hulle in die tronk met die swaarste moontlike straf.

Nêrens in die wêreld bestaan daar dierelewe in die natuur soos in Suidelike Afrika nie. Dit is onvervangbaar. Dit is hoog tyd dat die Owerheid 'n sterk boodskap uitstuur na die res van die Wêreld stuur om te sê "los ons renosters uit!"

Die Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging doen 'n beroep op elke Suid Afrikaner om asseblief iets daadwerklik aan die slagting en stropery te doen. Spreek teenoor jou medemens jou afkeur oor die wandade uit as daar niks anders is wat jy kan doen nie. Laat die hele bevoliking begin met mondelingse protes. Hierdie veragtelike mense wat die dade pleeg moet êrens brandstof of koffie of brood koop. Dalk bedryf hulle besighede of noem hulleself jagters. Jagters doen nie sulke dinge nie daarom sal hulle skyn dadelik aan die lig kom. Indien ons almal daaroor praat gaan die gesprekke hulle dalk uitwys.

Almal moet iets doen!

 

Comments
No Comments have been Posted.
Post Comment
Please Login to Post a Comment.
Ratings
Rating is available to Members only.

Please login or register to vote.

No Ratings have been Posted.
Unique Visits :-
Menu
· Wie's Ons-About Us
· Takke-Branches
· Nuus-News
· Artikels-Articles
· Belange / Interest Areas
· Skietsake / Shooting Info
· Jagsake / Hunting Info
· Toegewyde / Dedicated
--- Dienste / Services ---
· Kontak Ons
· Navrae / Queries
· Sluit Aan / Join Here
· Photo Gallery
· Aflaai / Downloads
· Weer / Weather
· Soek / Search
Links
Hunter News letters
Koop en Verkoop
Hunting Oppurtunities
Sponsors - Advertise here!

Hunter Greetings
Latest News
Latest Posts
Branch Mgt / Takbestuur
Username

Password



For official use only. Forgotten your password?
Request a new one here.
Events
<< September 2010 >>
Mo Tu We Th Fr Sa Su
    1 2 3 4 5
6 7 8 9 10 11 12
13 14 15 16 17 18 19
20 21 22 23 24 25 26
27 28 29 30      
Legal
Render time: 0.17 seconds 2,255,701 Page Loads