Nic van der Merwe of liewer Oom Nic, is op 22 Junie 80 jaar oud en die ganse SAJWV wens hom met hartlike jagtersgroete geluk met sy verjaarsdag.
Ons vertrou dat Oom Nic nog lank gespaar sal wees en dat hy en Edie sy vrou, hierdie dag en sy nuwe lewensjaar die Here se seën sal ervaar. Baie dankie Oom Nic vir wat jy vir SAJWV beteken. Wat ‘n wonderlike mylpaal.
Oom Nic is sedert September 1985 betrokke by SAJWV en as President vanaf 1994 tot 1997. Hy was ook die eerste voltydse bestuurder van SAJWV vanaf 1997 tot 2002. Oom Nic besoek Inyahtipark feitlik daagliks en dit is altyd ‘n vreugde om hom hier te ontvang. |