Brits - Taknuus

Brits - Taknuus

City/Town: Brits
Email: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Chairman: Dawie Du Plessis
Phone: 082 573 7154
O/voorsitter Danie van Rensburg  082 5204 816
Skietkoördineerder Neels Botha  125 212 507
Tesourier Francois van Staden  082 4025 033

Skietdae te Rashoop

Skietdae vind elke eerste Saterdag van die maand plaas.

Ons herinner lede om by takaktiwiteite, en veral die skietdae, betrokke te raak. Ons wil binnekort ’n nuwe skietspan saamstel om met ander takke mee te ding.

Opleiding

Skakel gerus. vir Dawie du Plessis by 082 573 7154 vir meer inligting oor opleiding.

Die bestuur beplan om praktiese sessies op die skietbaan aan te bied. Sluit dus gerus by ons aktiwiteite op die skietbaan aan en maak gebruik van hierdie geleenthede.

Ons beoog om ‘n groot Mc Queens-skiet aan te bied. Kom oefen dus sodat ons die beste skuts kan identifiseer om teen ander takke mee te ding.

Dis jagseisoen, so bring julle gewere skietbaan toe en kom kyk waar jy skiet. Onthou, vir een skoot op die jagveld, moet jy minsters vyf tot tien skote op die skietbaan vuur.

Britstak haelgeweergroep (BHG) 

Enigeen wat belangstel om by die Brits Haelgeweergroep (BHG) aan te sluit, skakel asseblief vir Theo Oosthuizen by 082 641 4022.

BHG reël jaggeleenthede gedurende die wintermaande. en sal lede op hoogte hou. Onthou wapenveiligheid en jou permitte.

Ons baanskiet-aktiwiteite hervat op 7 September, 2013. Daar is ook ‘n braai na elke skiet. Bring dus jou stoel en koelsak met die nodige eet en drinkgoed vir ‘n gesellige braai..

PROGRAM

Skietdae

1 Junie:              Rashoop
6 Julie:               Rashoop
3 Augustus:      Rashoop

Meer besonderhede oor die skietaktiwiteite sal aan lede deurgegee word.

Gedagte vir die maand

Spreuke17:22

Heg waarde aan die veranderende seisoene.  In elke seisoen kan ons die tekens van God se nabyheid vind.


Date added: 2010-09-30 02:28:30    Hits: 381
Powered by Sigsiu.NET