Uitvoerende Komitee

Fred Camphor

Fred Camphor

President

Fred is ‘n lid van die SAJWV sedert 1994. Hy was verantwoordelik vir die Ouditkomitee, konstitusionele ontwikkeling, personeelsake en dissipline in die Vereniging.

Fred jag graag in die Karoo sowel as in die bos in veral die verre noorde van Limpopo. Sy hartsgewere is ‘n Musgrave 30-06 en 'n 375 H+H. Hy is ook die eienaar van ‘n stukkie wildgrond langs die Matlabasrivier anderkant Thabazimbi in Limpopo. Fred bedryf sy eie ‘n bestuurskonsultasie-onderneming.

Prof Gerhard Verdoorn

Prof Gerhard Verdoorn

Adjunkpresident President

Gerhard is 'n organiese chemikus, natuurlewe toksikoloog, plaagdoderkundige, natuurkundige en 'n baie aktiewe jagter. Hy is bekend vir sy passie vir veral aasvoëls, maar het ook ‘n besondere belangstelling in alle wilde diere en plante. Sy kundigheid lê in bewaringsbiologie, toksikologie, natuurlewebestuur, roofvoëlbiologie en volhoubare landbou.

Gerhard is betrokke by onderhandelinge met staatdepartemente, help met konflikbestuur, hou motiveringsaanbiedings, en is onder die media bekend vir sy breë kennis oor diere en die omgewing. Hy bedryf die Griffon Gifinligtingsentrum en is ‘n konsultant vir die landbou- en bosboubedryf oor die veilige gebruik van chemiese landboumiddels.

Org Hamman

Org Hamman

Vise-president Lede-, tak-, en streeksake

Org is sedert die beginjare van die Vereniging betrokke en het vir vyf jaar op die bestuurskomitee gedien. Hy het vir vier jaar die portefeulje vir Takontwikkeling beklee en was ook vir twee jaar vise-president Jag en Skietsake. Org het die Vereniging se Pour le Merite-toekenning ontvang vir diens van 10 jaar of meer op die bestuur en vir uitsonderlike diens aan SAJWV.

Org jag al van jongs af. Sy gunsteling-kaliber is ‘n 338 Win Mag. Org is ‘n ervare skut wat ‘n uitgebreide kennis het van al die kalibers wat vir jag en sportskiet gebruik word.

Johann Ungerer

Johann Ungerer

Vice President Communication

Johann has been involved with product development in the vehicle production industry since 1977, but has also gained experience in marketing and financial matters. He joined SAHGCA in 1993 and served on the Pretoria East Branch committee from 2004 to 2009. Johann was elected as an Exco member in November 2009.
He enjoys hunting plains and Kalahari game with his 7mm Rem Mag, and Bushveld game with a 9,3 x 62.

Johann also takes great pleasure in fly-fishing and farms with Nguni cattle on a small scale. His favourite holiday destinations are anywhere in the more remote and rugged parts of southern Africa.

Wilhelm Greeff

Wilhelm Greeff

Vise-president Opleiding

Wilhelm is ‘n wildteler, beroepsjagter, opleidingspesialis en sakeman. Behalwe vir sy betrokkenheid as vise-president Opleiding by SAJWV, dien hy ook op verskeie plaaslike en internasionale organisasies, nl:
•    Vise-president vir die internasionale sone van die International Hunters Education Association (IHEA)
•    Direkteur van United Sportsmen Youth Foundation (USYF)
•    lewenslange lid van SAJWV en National Shooting Association (NSA) in Suid-Afrika, Safari Club International (SCI), IHEA en USYF in die VSA.

Wilhelm het al in Rusland (Kamchatka), Australië, Kameroen en die VSA gejag. Wilhelm leef sy passie vir die ontwikkeling van die jeug van Suid-Afrika uit as die President van die National Boogskut Skole-program in Suid-Afrika (NASP-SA).

Hercules Louw

Hercules Louw

Vise-president Skietsake

Hercules het op ‘n plaas in die suid-Vrystaat groot geword en het op ‘n baie jong ouderdom in skiet en jag begin belangstel. Hy het op verskeie skietorganisasies se komitees gedien en is ook sedert 1999 ‘n lid van die SAJWV. In 2004 was hy sameroeper van die eerste skietkomitee en het hy die reëls vir die meeste SAJWV-skiettabelle en nasionale skietkompetisies opgestel waarvoor hy in 2005 die Presidentstoekenning ontvang het. Hy is sedertdien nog ononderbroke ‘n lid van die skietkomitee.

Hercules is ‘n aktiewe sportskut en het die Platinum-toekenning verwerf en ook in heelwat ander skietkompetisies presteer. Hy het verskeie artikels oor jaggeweerkalibers en herlaai in SA Jagter gepubliseer. Hercules werk sedert 1994 as ‘n senior finansiële beplanner by Sanlam.

Morne Eyre

Morne Eyre

Vise-president Jagsake

Morne het in 1992 ‘n Landboudiploma by die Grootfontein Landboukollege verwerf en daarna sy loopbaan op ‘n plaas in die Cookhouse-distrik begin. Sedertien, het hy die sakewêreld betree en is hy tans die eienaar van Bandag Oos-Kaap.
 
Morne het op 10-jarige ouderdom begin jag en het reeds 27 spesies regoor Suidelike Afrika gejag. Hy is versot op jag en besoek jaarliks verskeie jagbestemmings. Morne is ‘n toegewyde jagter, toegewyde sportskut, SAJWV-baanoffisier, en voorsitter van die Kwagga-tak.Morne is ook die aanbieder van ‘n jagprogram op die streeksradiostasie, BayFM 107.9, waar hy sy kennis van en passie vir jag met luisteraars deel.

Piet van Hoven

Piet van Hoven

Addisionele lid

Piet het in 1986 by SAJWV aangesluit. Hy is afgetree en boer al die afgelope 20 jaar op ‘n bees- en wildplaas in Limpopo. Saam met sy eggenoot, Maatje, 4 kinders en 7 kleinkinders kuier hulle graag saam in die rustige Bosveld-omgewing.

Piet was onder andere hoof van British Airways/Comair en president van die Afrikaanse Handelsinsitituut. Hy jag gereeld in Suid-Afrika en Namibië en sy voorkeur-kalibers is 30.06 en 223.

Brian Reilly

Brian Reilly

Vise-president Bewaring

Brian Reilly is ‘n ekoloog, wildbioloog, akademikus en konsultant. Hy was werksaam by Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (1982-83); die voormalige Hoofdirektoraat van Natuurbewaring in Transvaal (1984 to 1994) :en later by die Direktoraat van Natuurbewaring, Gauteng. Brian se akademiese kwalifikasies sluit in ‘n PhD. in Natuurbewaring by die Universiteit van Stellenbosch; ‘n Meestersgraad in Wildbestuur van die Universiteit van Pretoria; en ‘n BA- en ‘n Honneursgraad in Wetenskap, ook van die Universiteit van Pretoria.

Brian is verbonde aan 11 nasionale en internasionale spesialisverenigings wat hulle beywer vir bewaring, wildbestuur, en ekologiepraktyk. Hy is tans mede-professor by die Departement Natuurbewaring, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Pretoria en adjunk assosiaat-professor, Department Fisheries, Wildlife and Conservation Biology, by die Universiteit van Minnesota.