Management

Andre van der Merwe

Andre van der Merwe

Bestuurder Tak en Skietsake / Manager Branch and Shooting matters

Gebore op Mariental, kinderjare tot en met matriek op Otjiwarongo waar hy sy vrye tyd in die Suidwes  bosveld deurbring.  Sy eerste eerste jaggeweer was  ‘n 303 British P14 Lee Enfield. Op twaalf jarige ouderdom skiet  hy ‘n koedoe.

Kwalifiseer as Bourekenaar aan die Universiteit van Pretoria in 1977 en praktiseer vir 18 jaar in die professie . Vanaf 1995 ‘n Finansiele Adviseur by Ou Mutual en daarna ‘n Verkoopbestuurder vanaf 1997 tot April 2006, waarna hy ‘n aanstelling by die SAJWV as Bestuurder: Takontwikkeling aanvaar.

Is vanaf 2000  lid van die Vereniging en het gedien op die takbestuur van Pretoria Oos van 2004 tot 2006. Andre jag klein en medium wild met ‘n 6 mm Remington en vir groter wild met ‘n 30-06 Springfield en 375 H & H Magnum gewere.  Hy is ook ‘n aktiewe baanskut  wat onder een van val onder een van die top skuts van die Vereniging.

Tommy Liversage

Tommy Liversage

Financial Administration - Finansiële Administrasie

Tommy is sedert 2000 n lid van die vereniging.  Na 12 jaar in die bankwese is hy in Oktober 2006 aangestel as Finansile en Administratiewe Bestuurder by SAJWV.  Hierdie aanstelling het hom in staat gestel om sy liefde vir jag en die natuur uit te leef in sy beroep.  Tommy is ook n kranige golfspeler met n voorgee van 10 en jy sal hom oor meeste naweke op sy gunsteling golfbaan, Wingate Park, raakloop.

Dr Herman Els (Krappies)

Dr Herman Els (Krappies)

Hunting & Conservation - Jag & Bewaring 

Krappies Els is ’n Omgewingsantropoloog met spesialiteitsterrein op die interaksie tussen mense en natuurbewaring in landelike gebied.  Hy was in die 1980s Etnoloog in die voormalige KwaZulu, en tussen 1987 en 2003 dosent en later mede-professor  in kulturele antropologie, ontwikkelingsantropologie, en omgewingsantropologie by TUKKIES.  Hier het hy in 2000 die Sentrum vir Inheemse Kennis gestig en as direkteur van die sentrum tot in 2003 op bewaringsgerigte ontwikkelingswerk rondom die Tembe Olifantpark in die kosibaai-omgewing gekonsentreer.  Hy is vanuit sy omgewingsontwikkelingsmaatskappy, The Culture Broker, in Augustus 2008 as bestuurder vir bewaringskoördinering by die vereniging aangestel.  Hy was vir twee termyne to einde 2009 voorsitter van die Jagtersforum en in 2010 lid van die Ministriële taakspan oor die implementering van die Vuurwapenwet.  Hy is ’n entoesiatiese haelgeweerskut.

Nic Roets

Nic Roets

Bestuurder Opleiding en Sportskiet / Manager Training and Sport Shoot

Nic Roets is gebore uit ‘n jagtersfamilie waar die rol van vuurwapens nog altyd prominent was.  Hy was ook die stigterslid van die SAJWV Brits tak.

Sy liefde vir vuurwapens het gestalte gevind in sportskiet sowel as die weermag waar hy hierdie passie tenvolle uitgeleef het. Hy kwalifiseer later as onderwyser en na 5 jaar in die onderwys keer hy terug na vuurwapens waar hy 10 jaar in die wapenhandel deur bring. Later vind beide sy opleidings posisie, jag en vuurwapenbelangstelling gestalte in sy aanstelling as opleidigsbestuurder by SAJWV.

Nic is besonder bevoorreg aangesien sy vrou Anita en Nic (junior) hierdie wêreld met hom deel, hulle woon na aan die natuur tussen die graniet koppies net buite Brits.