Membership

e-Hunter en Toegewyde Status

As deel van beter dienslewering het SAJWV besluit om 'n rekenaarstelsel vir ledeadministrasie, genaamd e-Hunter in te stel. Hierdie stelsel bestaan in breë trekke uit twee gedeeltes naamlik lede administrasie (MAM – membership administration module) en die hantering van lede se kwalifikasies en skietresultate (MCM – membership certification module).

Die eerste gedeelte van e-Hunter is reeds geïmplimenteer en lede kan vrylik d.m.v. die internet daarvan gebruik maak. Hierdie gedeelte hanteer ook die aansluiting van nuwe lede d.m.v. die internet.

Read more...

Wat word deur die SAJWV gedoen om die lid se individuele reg om die jag te beoefen te beskerm?

Ons jagters is bevoorreg om te jag in dele van ons land en in die res van sub-Sahara Afrika waar die verskeidenheid van jagbare spesies steeds natuurlik voorkom. Elkeen van ons sal graag wil sien dat dit so behoue  sal bly om weer en weer te kan besoek en te beleef. Ons is egter met reg bekommerd in ons alledaagse lewe, wanneer ons rondom ons en in die media sien hoe die natuurlike hulpbronne oorbenut, besoedel, verniel, bemors, vernietig en doodgemaak word! Die jagter is vanweë sy belangstelling, direkte kennis en passie, in ‘n unieke posisie om in sy onmiddelike invloedsfeer ‘n reuse bydrae te maak en invloed uit te oefen deur bewaringspraktyke en –idees te ondersteun. Maar wat doen elke lid enersyds en die Vereniging andersyds kollektief om ons verantwoordelikhede in terme van bewaring na te kom?

Read more...

Lidmaatskap by die SAJWV – wat beteken dit vir die lid?

Om te kan jag in Suid-Afrika en die ander jagvelde van sub-Sahara Afrika, soos dit tans beskore is vir die gemiddelde lid van die SAJWV, is ’n voorreg wat in sy huidige formaat waarskynlik volhoubaar is vir hoogstens nog een geslag! ’n Aanvegbare stelling in die eerste plek, en tweedens, wat het dit te doen met die prys van lidmaatskap by die SAJWV?

Antwoord: Elke sent van jou lidmaatskapfooie word bestee om jou en jou kinders se voorreg om môre en die dag daarna te kan jag, te beskerm!

Read more...

Wat word deur die SAJWV gedoen om die lid se individuele reg om vuurwapens te besit te beskerm?

By die Jagtersforum vergader die SAJWV kwartaalliks saam met ander geakkrediteerde jagtersverenigings om die gemeenskaplike prosesse en probleme rondom die nuwe Wet op Vuurwapenbeheer te bespreek. Hierdie probleme word met senior personeel van die Sentrale Vuurwapenregister (SVR) bespreek in die Jagters/SAPD Konsultatiewe Forum wat volg op elke Jagtersforum vergadering. ’n Lid wat probleme en vertragings ondervind met vuurwapenlisensie aansoeke, kan met reg vra: “maak die gesprekke met die SVR enige positiewe bydrae?”

Read more...