Branch Development

Senior jagters – skeep ons hulle af?

In die vroeë jagkulture soos die Eskimo’s, San (Boesmans), Amerikaanse Indiane en ons eie Boere het die senior jagter ‘n baie prominente rol gespeel en is hulle met die grootste respek en eerbied behandel. Want, al was so ‘n jagter nie meer só aktief nie, was hy ‘n ryk bron van kennis en ervaring. Dit is dikwels in die vorm van jagstories uit sy verlede, rondom ‘n kampvuur, veral aan die jonger geslag jagters oorgedra. In daardie kulture was die senior jagter dus ‘n sterk leiersfiguur en as gevolg daarvan, ‘n uiters belangrike komponent om die toekoms van jag en die suksesvolle toetrede van jonger jagters, tot jag te verseker.

Read more...

Storietyd - Story telling time!

“Nee Pa, dit is nie hoe jy laas dié storie vertel het nie!” Ek het die vermaning  oor die jare meer as een keer van my twee dogters Karlie en Anita gehoor en elke keer kon ek aan die vonkel in my vrou, Henna, se oë sien hoe sy die hele storievertel ritueel saam met ons kinders geniet.

Het storietyd nog sy regmatige plek in elke huisgesin? Ek was bevoorreg om groot te word met ’n Pa wat ons gereeld op stories getrakteer het, en veral met die jagstories het ons kinders aan sy lippe gehang. Uit een van Pa se jagstories het ek die heel eerste keer geleer hoe gevaarlik ’n gekweste gemsbok kan wees en hoe sy Pa (Oupa Andries) diè les prakties in die jagveld aan hom oorgedra het.

Read more...

Juniorbetrokkenheid by die takke van die SAJWV

Ons jeug is die toekoms, koester hulle, in die nabye toekoms moet hulle by ons oorneem, op meer as een terrein in ’n wêreld met ongelooflike uitdagings! Vir ons as jagters en natuurliefhebbers is dit veral belangrik dat vandag se jongmense toegerus word om in die toekoms by ons oor te neem op die gebiede van bewaring, jag, vuurwapens en waardering vir die buiteluglewe – in geen spesifieke volgorde nie.

Read more...

Wat is my bydrae vir môre en die dag

Diegene wat gereeld my maandelikse kolom lees, weet dat ek graag praat oor wat elke jagter behoort te doen om ons jeug te betrek by ons aktiwiteite as jagters, skuts en natuurliefhebbers – maar wat doen ek self daaraan, kan met reg gevra word? Ek is nou in daardie fase van my lewe en jagloopbaan waar die behoefte al meer by my ontstaan om ’n bydrae te maak vir môre en die dag daarna.............

Read more...