| 30 July 2010

Senior jagters – skeep ons hulle af?
In die vroeë jagkulture soos die Eskimo’s, San (Boesmans), Amerikaanse Indiane en ons eie Boere het die senior jagter ‘n baie prominente rol gespeel en is hulle met die grootste respek en eerbied behandel. Want, al was so ‘n jagter nie meer só aktief nie, was hy ‘n ryk bron van kennis en ervaring. Dit is dikwels in die vorm van jagstories uit sy verlede, rondom ‘n kampvuur, veral aan die jonger geslag jagters oorgedra. In daardie kulture was die senior jagter dus ‘n sterk leiersfiguur en as gevolg daarvan, ‘n uiters belangrike komponent om die toekoms van jag en die suksesvolle toetrede van jonger jagters, tot jag te verseker.








