Bowhunting

Boogjag binne die SAJWV


Agtergrond

Boog jag het geweldig ontwikkel in Suid-Afrika oor die afgelope paar jaar en het tot gevolg gehad dat daar al reeds ‘n hele paar boog handelaars en verenigings ontstaan het. Iemand wat dus belangstel om betrokke te raak vanaf die staanspoor moet redelik baie informasie in ag neem voordat dat daar sommer net ‘n boog gekoop word en ‘n jag beplan word. Dit is derhalwe baie maklik om mens hals oor kop in die saak te begewe en die verkeerde toerusting aan te skaf. Ons beoog dus met die kort skrywe om die beginner in die boogjag sport, met genoeg informasie te verskaf sodat die regte stappe en besluite geneem kan word.

Boogjag etiek

Net soos met geweer jag is etiek ‘n baie belangrike en selfs ‘n meer noodsaaklike aspek wat in ag geneem moet word en vanaf die staanspoor toegepas moet word. Dit is self meer kritiek as met geweer jag omdat die fisiese vermoë van die boog jagter bepaal wat se boog toerusting gebruik kan word.  Net soos met die keuse van kalibers vir sekere wildsoorte is die keuse van pyl gewig en pyl spoed die elemente wat bepaal wat die energie gaan wees waarmee die jagter sy prooi uiteindelik effektief sal moet dood.  Waar geweer jagters met die regte geweer keuse nog steeds ‘n effektiewe koeël energie kan toepas deur keuse van kaliber en koeël spoed, is dit nie so maklik wanneer daar beperkings is soos trek lengte en trek krag wat uitsluitlik deur die jagter se fisiese vermoëns bepaal word nie.

Skoot plasing met pyl en boog is ook baie meer relevant as met geweer jag weens die feit dat ons pyle swakker been penetrasie vermoë het as koeëls en dat die pyl stadiger trek as klank (subsonies) wat maak dat ‘n gespanne bok heelwaarskynlik ‘n pyl gaan hoor aankom en dan ‘n kwes skoot tot gevolg kan hê. Derhalwe behoort die effektiewe skiet afstand  waarmee enige boog jagter sy prooi behoort aan te durf verkieslik nooit meer as 30 meter wees nie. Dood maak vermoë van ‘n boog jagter hang dus groot en deels af van die jagter se fisiese vermoë om  die mees effektiefste boog jag toerusting te kan aanwend. Die boog jagter kan dus nooit te veel oefen om te sorg dat hy of sy fiks en sterk genoeg is om sy toerusting met selfvertroue aan te wend nie.

Read more...