Print PDF

’n Lojaliteitstelsel wat ons lede bevoordeel

Die SAJWV is trots om geassosieer te wees met die MyBonus MyBucks lojaliteitsprogram. Hierdie is nie sommer enige lojaliteitsprogram nie en bied ’n unieke aanslag wat jou met nuwe oë laat kyk na lojaliteitsprogramme en wat dit jou in die sak behoort te bring.

Die meeste van ons is bekend met afslagkaarte wat ons beursies volmaak. Dikwels gebruik ons die kaarte een of twee keer en vergeet dan maklik daarvan want dit moet by ’n spesifieke handelstak gebruik word. Die MyBonus MyBucks-kaart het hierdie konsep op sy kop gedraai! Die kaart bied die gebruiker nou meer waarde as wat enige ander stelsel kan bied, want dit is nie beperk tot een winkel nie! Jy kan jou sakke volmaak met MyBucks deur by ENIGE van ons deelnemende vennote jou inkopies te doen.

Gewortel in goeie diens

MyBonus MyBucksis die kleinboetie van ouboet, AgriBonus, ’n lojaliteitsprogram wat reeds in 1998 afgeskop het as ’n spesiale diens aan landbouers in Suid-Afrika. Die MyBonus MyBucks-program vul ’n verdere segment van die mark, naamlik die verbruiker wat nie noodwendig ’n direkte deel van die landbougemeenskap uitmaak nie. MyBonus is in November en Desember 2010 vir die eerste keer uitgerol en bied voordele aan verbruikers regoor Suid-Afrika.

Die verskil

‘Enkelspektrum’ is die begrip wat die meeste lojaliteitsprogramme in die land kenmerk. Dit beteken dat jy jou aankope by ’n spesifieke winkel of handelaar moet doen om vir punte of afslag te kwalifiseer. Die MyBonus-verskil lê in die feit dat dit ’n ‘multispektrumprogram’ is. Hierdie opwindende konsep laat lede toe om hulle MyBonus MyBucks-kaart by enige van sy deelnemende vennote landwyd te gebruik.

Gebruik jou MyBonus-kaart

1.    Indien u ’n opbetaalde lid van die SAJWV is, is u lidmaatskap kaart met die MyBonus logo op, u MyBonus-kaart.

2.    Indien u nog nie ’n kaart het nie, besoek Zimbi of enige ander deelnemende vennoot van u keuse. (Sien die lys hieronder en besoek www.mybonus.co.zaof www.agribonus.co.za vir ’n volledige lys). Die handelaar sal u help om die vorm te voltooi.

3.    U MyBonus-kaart kan dan by alle deelnemende vennote gebruik word – jy hoef nie ’n kaart by elke vennoot te aan te skaf nie.

4.    Wanneer jy goedere by enige van ons vennote aankoop, versoek die kassiere om u kaart deur die MyBonus-terminaal te trek. Op hierdie manier word u transaksie direk op die AgriBonus Dienssentrum se stelsel aangebring. U hoef nie fakse te stuur of oproepe te maak om uit te vind of u fakture ons bereik het nie.

5.    Die kassiere kan u inlig oor hoeveel punte u reeds verdien het en u kan daar en dan besluit of u hierdie punte wil inruil op u aankope en of u dit eerder wil spaar vir iets groter.

6.    Verdien DUBBELPUNTE op enige Nicholas Yale-produkte wat u by Zimbi aankoop.

Verdien punte by:

•      Shell-distribueerders landswyd   -   Diesel en smeermiddel s

•      AlertSteel-handelaars landswyd  -  Staal

•      Midas-takke landswyd  -  Skokbrekeraankope, onderdele, ens.

•      Forever Resorts  -  Vakansies

•      PNA   -  Skryfbehoeftes

•      Zimbi  -  Jagtoerusting

Skakel die AgriBonus Dienssentrum gerus indien u bystand verlang: 012 843 5660.

Besoek gerus on aanlynwinkel vir toekennings en aankope by TheBonusShop.co.za