ZEISS/SAJWV Intertak Ghongskietkompetisie 2018

Die ZEISS/SAJWV Intertak Ghongskietkompetisie  is op 20 Oktober 2018 suksesvol aangebied deur die Duiker tak ongeveer 20km oos van Heidelberg.

Die formaat van hierdie skietkompetisie is ses bane in die veld, elkeen met vyf 200mm deursnee staalghongs op onbekende afstande vir ‘n totaal van 30 skote, maar die minimum en maksimum afstande word op elke baan vir die skuts gegee. Die kompetisies het plaasgevind onder baie winderige toestande met die wind wat by tye tot 25 km/u gewaai het en die baan ‘n lekker uitdaging gemaak het!

Baie geluk en baie dankie an Gerhard Harmse (voorsitter) en die span wat hom bygestaan het van die Duiker tak, vir hulle gasvryheid, vriendelike administratiewe personeel en die afsluiting met ‘n heerlike ete en prysuitdeling by die Heidelberg Gholfklub – dit was besonders! Die baanoffisiere het verseker dat alles glad verloop op die veldskietbane in terme van dissipline en veiligheid.

Baie geluk aan die eerste drie spanne:

1 ste – Pretoria Oos Swartwitpense
2 de – Duiker – IN-I-KOL
3 de – Pretoria Oos Tsessebe’s


Kampioenspan: Pretoria Oos Swartwitpense – v.l.n.r. Hercules Louw, Flippie van Tonder, André van der Merwe, Louwtjie Pienaar en Glen Clark

 


Tweede span: Duiker IN-I-KOL – v.l.n.r. Gerhard Harmse, Kierie Krugel, CN Krugel en Ruan Botha (Jan Venter was afwesig tydens die neem van die fotos)

 


Derde span: Pretoria Oos Tsessebes – v.l.n.r. André van der Merwe doen die oorhandiging aan die derde span – Daniël Louw, Johan Griesel en Harry Griesel (Henna du Plessis en Dippie Dippenaar was afwesig tydens die neem van die fotos)


Baie dankie aan  Carl Zeiss Sports Optics wat die dag geborg het met pryse wat op ‘n Lucky Draw uitgedeel is ter waarde van ongeveer R100 000-00 en aan Craig Smith van Zeiss wat die dag saam met die skuts deurgebring het en die Lucky Draw pryse oorhandig het.

Vir volledige resultate – sien onderstaande kolomme

  • Last modified on Thursday, 01 November 2018 10:09
  • font size
Andre van der Merwe

André van der Merwe is die Bestuurder: Tak-  en Skietsake van die SAJWV

André is ‘n entoesiastiese jagter en sportskut wat gereeld deelneem aan die SAJWV se sportskietaktiwiteite op tak-, streek- en nasionale vlak.

Vir navrae oor Tak-en Skietsake en artikels waarvan hy die outeur is op die SAJWV webwerf, kan aan hom geskryf word by andrevdm@sahunt.co.za 

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za