Baie geluk aan die volgende presteerders:
1) Kampioenspan: Pretoria Oos tak Swartwitpense span
2) Tweede plek: Baviaanspoort tak se Buffel span
3) Derde plek: Bloemfontein span A
Die dag is op ‘n baie hoë standaard en sonder haakplekke aangebied deur die Vrystaat Sandveld tak en hiermee ‘n hartlike dank aan takvoorsitter, Danie Steyn en sy span vir hulle gasvryheid met die heerlike geleentheid. Skuts wat van die geleentheid wou gebruik maak het weer gratis by lede in die omgewing op plase en in die dorpie Soutpan tuisgegaan, baie dankie daarvoor, dit bly besonders!
Basie Berg (Streekkoördineerder van die Vrystaat) was die Hoofbaanoffisier en hy het hom skitterrend van sy taak gekwyt. Hy het vroegoggend begin met ‘n detail inligtingsessie en geen skut kon twyfel oor wat van hom/haar verwag word nie en die dag het met ‘n baie positiewe atmosfeer afgeskop. Daar was geen insidente met swak dissipline of veiligheid nie. Die terugvoer van die skuts is deurgaans dat Basie se hantering van die dag en sy konsekwente bevele dit ‘n plesier gemaak het om aan die kompetisie deel te neem – baie dankie Basie!
Vrystaat Sandveld tak het die afgelope 5 maande hard gewerk en ‘n pragtige en ruim klubhuis gebou op die nuwe terrein en die finale afronding van die skietbaan is gedoen.
Dit was ‘n heerlike warm dag en die tipiese Augustus wind van die Vrystaat was baie matig en het nie vir die skuts te veel van ‘n uitdaging gebied nie.
Die prysuitdeling en ete is in die nuwe klubhuis op die skietbaan aangebied met ‘n heerlike braai en ete aangebied deur die Vrystaat Sandveld dames.
Voorwaar ‘n SA Jagters geleentheid waarop elkeen betrokke (organiseerders en skuts), baie trots kan wees!
Pretoria Oos: Swartwitpense: v.l.n.r. Tertius Pienaar, Marco Schoeman, Glen Clark , Flippie van Tonder, Hercules Louw (afwesig tydens die neem van die foto), Gerhard van der Ryst (Hinterland) en Dr Gerhard Verdoorn (SAJWV President)
Baviaanspoort: Buffels: v.l.n.r. Jan Taljaard, Danie Pienaar, Johan Huyser, Deon de Villiers, Thys Fourie, Gerhard van der Ryst (Hinterland) en Dr Gerhard Verdoorn (SAJWV President)
Bloemfontein A: v.l.n.r. Gideon Scheepers, Dewald van Rooyen, Christo van der Westhuizen, Neels Nieuwoudt, Herman Nieuwoudt (afwesig tydens die neem van die foto), Gerhard van der Ryst (Hinterland) en Dr Gerhard Verdoorn (SAJWV President)