Sommige dele van die land het goeie reën gekry maar elders duur die droogte voort. Ons bly hoop en bid vir reën vir die dele waar die droogte steeds heers en ook vir opvolgreën in gebiede wat reeds verligting gekry het.


Vuurwapenamnestie

Die nuus van die oomblik is uiteraard die vuurwapenamnestie wat die Minister van Polisie in November 2019 afgekondig het. Ons het in die afgelope paar weke lede voortdurend op die hoogte gehou met die nuus hieroor. Wees waaksaam rondom die amnestie. Lede wat wapens waarvan die lisensies verval het, wil inhandig, word aangeraai om al die nodige voorbereiding deeglik af te handel.


Indien u die wapen inhandig sal u dokumentasie moet teken waarin u afstand doen van die wapen om dit verbeurd te verklaar sodat die staat dit kan vernietig.


Ons vermoed die bedoeling van die amnestie is vir mense om hierdie wapens in te handig en wanneer hulle aansoek doen vir `n nuwe lisensie, die SAPD die aansoek afkeur. Sou dit gebeur en die wapen is reeds verbeurd verklaar, sal dit vernietig word sonder vergoeding.


Ou groen lisensies

Vuurwapeneienaars met wapens wat slegs `n ou groen lisensie het en waarvoor hulle nooit aansoek gedoen het vir hernuwing nie, se lisensies is steeds geldig en hoef hulle niks verder te doen nie.


Lisensie wat hernu is en verval het

Diegene wat wel `n nuwe lisensie gekry het en wat verval het, is tegnies onwettig in besit van die wapen. Hou die wapen in die kluis en moet dit nie gebruik nie, indien absoluut noodsaaklik. Moet veral nie daarmee ry nie.


Indien u wel destyds aansoek gedoen het vir hernuwing, maar nooit `n nuwe lisensie gekry het nie, wees uiters versigtig. Omdat lede nooit die lisensie ontvang het, verkeer hulle onder die indruk dat die lisensie nooit uitgereik is nie. Heelwat lede het só agtergekom dat die hernuwingslisensie wel uitgereik is – al het hulle dit nie ontvang nie – en dat dít ook reeds verval het. Moenie net aanvaar dat die ou groen lisensie nog geldig is omdat u nooit `n nuwe lisensie ontvang het nie.


Bevoegdheid

Gaan u bevoegdheid na. As dit nie meer geldig is nie, doen onmiddellik aansoek vir hernuwing. Sonder bevoegdheid sal die Polisie nie `n lisensie uitreik nie. Indien u onseker is of die bevoegdheid geldig is, doen navraag by u DFO en maak seker dat u bevoegdheid vir die tipe wapens wat u besit wel geldig is.


Die NHSA se hofaansoek oor die amnestie teen die Polisie, is geskik met die toegewing dat individue wat wapens onder die amnestie wil inhandig en aansoek doen vir nuwe lisensies, terselfdertyd ook kan aansoek doen vir die hernuwing van of selfs `n nuwe aansoek indien vir bevoegdheid.

 

Die GOSA Interdik

Die interdik wat GOSA in Julie 2018 teen die Polisie gekry het om hulle te verbied om enige stappe te neem om wapens waarvan lisensies verval het van eienaars weg te neem, staan steeds. Die Polisie het begin met `n kwytskeldingsaansoek omdat hulle laat appèl aangeteken het. Indien dit slaag, val die beskerming van die GOSA-interdik weg.


Jagsake

Bek-en-klouseer

Ons ontvang baie navrae van lede wat bekommerd is oor jagplek en die vervoer van wild en wildkarkasse in en van Limpopo terwyl bek-en- klouseer daar voorkom. `n Kennisgewing in die Staatskoerant van 4 Desember 2019, het `n landwye verbod op veeveilings geplaas. Dit sluit die handel, vervoer en verskuiwing van spleethoewige diere vanaf verskillende eiendomme in en op die verdere verspreiding van sulke diere binne `n 28 dae periode. Lees dit hier. Gaan kyk gerus ook hier na die dokument wat handel oor gereelde vrae met betrekking tot bek-en-klouseer.


Die impak op jagters wat jagplek wil bespreek is vir eers beperk. Dr. Leana Janse van Rensburg (Staatsveearts by Siektebeheer by die Direktoraat Dieregesondheid) het op navraag gesê jagters mag jag en die wildskarkasse vervoer (met die nodige dokumentasie bv. Jagpermitte) vanaf plase en/of areas wat nie onder kwarantyn is nie, maar die kop, pote, vel en binnegoed van gejagte diere mag glad nie vervoer word nie. Jagters mag egter nie die vleis van gejagte wild vervoer van `n plaas wat onder kwarantyn geplaas is nie.


Ons raai jagters aan by die plaaslike kantoor van die staatsveearts uit te vind of die plaas waar hul gaan jag onder kwarantyn is en of enige ander beperkings geld vóórdat hulle daar gaan jag. Kry die kontakbesonderhede vir die plaaslike staatsveearts se kantore hier.


Lees hier watter raad gee dr Tertius Bergh, `n onafhanklike vleisinspeksiekonsultant, aan jagters.

Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling se jongste nuusbrief sluit `n kaart in van gebiede wat met bek-en-klouseer besmet is. Grondeienaars en jagters word aangeraai om hierdie inligting in ag te neem wanneer hulle jagplek bespreek.


Jaggeleentheid geborg deur Archers Rock Safaris

Archers Rock Safaris het `n jaggeleentheid ter waarde van R50 000 aan lede beskikbaar gestel wat met `n lootjie van R50 elk gewen kan word. Die jagpakket is beskikbaar vir geweer of boogjag, of ’n kombinasie daarvan. Dit sluit in:


Een koedoebul tot 52 duim, een wildebeesbul tot 29 duim, twee rooibokramme tot 22 duim, en een vlakvark tot 12 duim; gratis verblyf in vyfster lodge vir twee jagters of een jagter en een gas vir vier nagte en vyf jagdae; en ’n gratis spa-behandeling. Alle etes vervoer, koelgeriewe en gidse is ingesluit.


Die jagbestemming is in die Gravelotte-omgewing en tussen 1 Julie en 30 Oktober 2020. Lees hier meer oor Archers Rock Safaris se jaggeleentheid.


Om in aanmerking te kom vir die prys:

  1. Plaas R50 of veelvoude van R50 (wat u meervoudige kanse sal gee) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.
  2. Gebruik net u eie selfoonnommer en Archers as verwysing.

Inskrywings sluit op 15 Junie 2020. SA Jagters sal u selfoonnommer gebruik om die trekking van die gelukkige wenner van hierdie jag te doen.

Vir enige navrae oor hierdie jaggeleentheid skakel Boetie Kirchner by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Varkpermitte

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het SA Jagters se magtiging vir die uitreik van vervoerpermitte vir verwerkte varkkarkasse en vleis vir 2020 verleng. Hierdie vergunning is toegestaan ingevolge Regulasie 20 van die Wet op Dieresiektes No 35 van 1984.


Registrasie van plase

Enige lid van SA Jagters wat `n grondeienaar is en wat hierdie permitte wil uitreik moet sy plaas registreer. Hierdie aansoek om registrasie word elektronies gedoen via die lid se persoonlike profiel op die SA Jagters se aanlyn lede-administrasiestelsel. Voltooi die aansoek op die webwerf, druk uit en teken dit. Skandeer dit en stuur dit per e-pos aan SA Jagters wat dit sal goedkeur en `n kopie aan die Direktoraat Dieregesondheid sal stuur vir hulle rekords. Aansoekers sal bevestiging ontvang dat hulle permitte kan begin uitreik. Die aansoeker en SA Jagters hou elke `n uitdruk van die skriftelike aansoek.

Navorsing

SA Jagters het onderneem om die Fakulteit Veeartsenykunde by die Universiteit van Pretoria by te staan met navorsing oor die moontlike verspreiding van Afrika Varkpes. Elke lid wat aansoek doen om sy plaas te registreer om vervoerpermitte uit te reik, sal kan aandui of hy/sy bereid sal wees om `n bloedmonsters van varke wat gejag word op voorgeskrewe manier te versamel en aan SA Jagters te stuur. Sodoende lewer hulle `n bydrae om te bepaal of die voorkoms van Afrika Varkpes versprei het buite die erkende gebiede waar varke voorgekom het. Hierdie reëling duur voort in 2020.


Buffeljag

SA Jagters het die kans om weer soos verlede jaar ’n klompie buffeljaggeleenthede (buffelkoeie) te bekom. Vanweë die groot belangstelling verlede jaar, het die Raad besluit om ’n waglys te hou van belangstellendes. Dit kos R500 per persoon om u naam op die waglys te plaas. Dra R500 elektronies oor na SA Jagters se bankrekening by ABSA, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u selfoonnommer en Buffelkoei as verwysing.


Meer inligting is beskikbaar by Boetie Kirchner by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Jag van probleemdiere

SA Jagters is in gesprek met twee provinsies (Limpopo en Mpumalanga) oor die jag van probleemdiere in gebiede waar probleemdiere uit die parke ontsnap het en probleme in aanliggende gemeenskappe veroorsaak. Hierdie jaggeleenthede kan nie lank vooruit beplan word nie. Jagters sal slegs een tot twee dae kennis kry om hierdie jaggeleenthede te gebruik. Dit sluit verskeie spesies probleemdiere in, wat so gou moontlik van kant gemaak moet word.


Lede wat op kort kennisgewing die kans wil kry om probleemdiere te jag, kan hulle name op `n waglys laat plaas teen R500 per persoon. Dra R500 elektronies oor in SA Jagters se bankrekening by ABSA, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u selfoonnommer en Probleemdier as verwysing.

Meer inligting is beskikbaar by Boetie Kirchner by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Skietsake

Skietberaad 2020: SA Jagters se Skietkomitee het op 31 Januarie en 1 Februarie 2020 `n skietberaad by Inyathipark, Pretoria gehou met Basie Bergh (Adjunkpresident) as voorsitter. Die streekkoördineerders en een afgevaardigde per tak is genooi om dit by te woon. Hierdie afgevaardigdes moes aktiewe skuts wees om te verseker dat hulle `n sinvolle bydrae kon lewer.


`n Verskeidenheid belangrike aspekte was onder die loep en sommige is in werksessies bespreek. Besluite is ook deur middel van `n stemmery gefinaliseer. Positiewe terugvoering is ontvang en die skietberaad kan as `n sukses beskou word. Terugvoer sal binnekort op die webwerf beskikbaar wees.

Uitnodiging na Australië

Die Sport Shooters Association of Australia het ’n ope uitnodiging aan lede van SA Jagters gerig om op 12 en 13 September 2020 in Darwin aan hulle tweejaarlikse Big Game Rifle Shoot deel te neem.


n Kopie van die uitnodiging en die reëls van toepassing is hier beskikbaar. Skuts hoef nie hulle eie wapens saam te neem nie omdat hulle een daar vir die geleentheid kan huur. Belangstellendes kan navraag doen by Nic Roets by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Die Skietkomitee sal inskrywings koördineer. Die Skietkomitee moedig skuts aan om die geleentheid te benut. Ons kan ons verhouding met die SSAA verstewig indien ons deelneem en sulke geleenthede ondersteun.


Bewaring

Skaars en skugter spesies

Lede kan nou bydrae tot `n databasis oor die verspreiding van skaars en skugter spesies deur inligting op SA Jagters se webwerf te voltooi.


Kliek op Animal Sightings links op die lid se profiel op die webwerf, en voeg inligting by oor skaars en skugter spesies wat bespeur is. Dit kan bydra tot groter insig in die verspreiding en bewaring van hierdie spesies.


Die fokus tydens hierdie eerste fase is om verspreidingsinligting in te win van spesies wat nie noodwendig deur heinings op wildplase beperk word nie en waaroor daar beperkte inligting beskikbaar is. Dit sluit onder andere die skaars miershooptiertjie (swartpootkat) en ietermagog in.


Sommige probleemdierspesies is ook gelys vanweë berigte dat hulle verspreidingsgebied vergroot het. Ander spesies, soos uile, is ook op die lys omdat dit kan bydra om data in te samel oor ander projekte waarmee die Vereniging besig is.  


Hierdie is die eerste fase in die uitrol van `n selfoontoepassing (Toep) om spesiesdata in te win. Dit sal mettertyd uitgebrei word om algemene wildspesies in te sluit. Lede se samewerking kan bydra tot die ontwikkeling van die eerste nasionale stelsel vir verspreidingsdata van gewone en jagbare wild.


Die stelsel word tans op die webwerf getoets, maar sal later vanjaar vir slimfone beskikbaar wees. Lede word versoek om in die toetsfase enige aanbevelings rakende die gebruik van die stelsel aan die bestuurder bewaring: Lizanne Nel, te stuur.


Gedenkboek

Die publikasie van ons gedenkboek is laat vanweë ontwerp en produksie-vertragings, maar behoort teen einde Maart beskikbaar te wees. Ons vra verskoning aan lede wat die boek vroeër reeds in die hand wou kry. Die finale proewe lyk uitstekend!


Die boek is beskikbaar in A4-formaat in twee weergawes: Die een met `n gewone omslag teen R300 per boek; en `n tweede weergawe met `n buffelleerafwerking. Slegs 100 eksemplare van die buffelleer-weergawe sal teen R1000 elk beskikbaar wees.


Bestel vroegtydig om teleurstelling te voorkom:

  1. Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek of R1 000 vir die buffelleer-weergawe) elektronies oor na SA Jagters se bankrekening by ABSA, rekeningnommer 01443990077.
  2. Gebruik u lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker die lidnommer is korrek anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.


Opleiding

SA Jagters bied in samewerking met die Wildlife College opleiding aan in die jag van gevaarlike wild. Net lede met toegewyde jagterstatus kwalifiseer. Slegs ses deelnemers per kursus word toegelaat om persoonlike aandag aan elke kursusganger te verseker. Dit kos R4 000 per persoon per kursus en sluit opleiding van twee spesies per kursus in. Die eerste twee kursusgangers wat betaal, bepaal die spesies vir daardie spesifieke kursus, byvoorbeeld “Olifant en Buffel”. Opleiding is beskikbaar vir Olifant, Buffel, Leeu, Luiperd, Seekoei en Krokodil.


Die Wildlife College verskaf die volgende toerusting:
`n Kampkombuis, kampstoele, kookgerei, eetgerei, messegoed en `n braairooster. `n Veilige stoorfasiliteit vir kruideniersware is beskikbaar om dit teen bobbejane te beskerm. Ander geriewe sluit in `n watertenk, toilet, stort en sonkraglanterns. Let wel: kursusgangers moet self vuurmaakhout, ys, yskas, voedsel en drinkgoed bring.


In sommige gevalle word verblyf verskaf, terwyl kursusgangers by ander kursusse self verblyf moet verskaf. Kursustipe 1: Die ses kursusgangers bly in drie tente wat elk toegerus is met twee kampbeddens en matrasse.  Kursustipe 2: Die ses kursusgangers voorsien hulle eie tente, matrasse, kampbeddens of mobiele verblyf.  


Vir navrae en besprekings, tree in verbinding met Liesel by (012) 808 9325 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

NB: Belangstellendes moet oor toegewyde jagterstatus beskik

Kursusdatums vir 2020

2 – 5 April                    (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

23 – 26 April                (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

30 April – 3 Mei           (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

28 – 31 Mei                 (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

4 – 7 Junie                  (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

25 – 28 Junie              (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

2 – 5 Julie                    (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)

6 – 9 Julie                    (x 6 Plekke oop) (Maandag 12h00 tot Donderdag 12h00) (Tipe 1)

9 – 12 Julie                  (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)

13 – 16 Julie                (x 6 Plekke oop) (Maandag 12h00 tot Donderdag 12h00) (Tipe 1)

16 – 19 Julie                (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)

20 – 23 Julie                (x 6 Plekke oop) (Maandag 12h00 tot Donderdag 12h00) (Tipe 1)

23 – 26 Julie                (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)

27 – 30 Julie                (x 6 Plekke oop) (Maandag 12h00 tot Donderdag 12h00) (Tipe 1)

30 Jul – 2 Augustus    (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)

6 – 9 Augustus                        (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

27 – 30 Augustus        (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

3 – 6 September         (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

24 – 27 September     (x 6 Plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)

Verskaf die volgende inligting met bespreking en betaling van die kursusfooi:

  • Naam en van
  • Lidnommer
  • Nommer van Toegewyde Jagterstatus
  • Telefoonnommer
  • Voorkeurdatum vir bespreking

Kyk na `n kort video wat `n idee gee oor die aard van die opleiding.


Handaflewering van die SA Jagter

Die SA Jagter-tydskrif kan per hand by u woonadres afgelewer kan word omdat dit baie meer betroubaar as die Poskantoor. Uiteraard geld dit meestal vir aflewerings in stede en groter dorpe. Om te verseker dat u die tydskrif ontvang, kyk of u woonadres korrek is op die lede-administrasiestelsel en stuur dan `n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Ons is bewus daarvan dat daar in sommige gevalle probleme ervaar word met handaflewering van ons tydskrifte. Indien u enige probleme ervaar, stuur asseblief `n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en verduidelik wat die probleem is. Ons sal Media24 vra om aandag daaraan te gee.


Skietgeleenthede van SA Jagter (tydskrif) in 2020

SA Jagter (tydskrif) bied vanjaar weer twee spesiale skietgeleenthede aan. Op 22 Februarie 2020 is daar `n spesiale haelgeweerskiet by Wattlesprings-skietbaan geborg deur Inyathi Sporting Supplies. Lede kan nou inskryf vir die kompetisie.

Op 9 Mei 2020 vind `n ghongskiet plaas op Jan “Staal” du Toit se skietbaan tussen Ermelo en Amersfoort. Safari Outdoor borg die kompetisie en uitstekende pryse kan gewen word.

Meer inligting oor hierdie twee skietgeleenthede is hier beskikbaar.

 


Lidmaatskap

Die ledetal van SA Jagters bly konstant op 41 975 opbetaalde lede op 3 Februarie 2020. Lede wat nie betaal nie, word geblok. Ons vertrou dat ons die meeste van hierdie geblokte lede sal terugkry.


Werf lede vir kommissie

Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, kan kommissie van tussen R100 tot R150 per nuwe lid ontvang. Meer inligting is hier beskikbaar.

Die Raad het ook besluit om `n aantal agente aan te stel om teen kommissie lede te werf. Lede wat weet van iemand wat nie `n lid is van SA Jagters nie, wat gereeld reis en mag belangstel om lede vir SA Jagters te werf, kan hulle besonderhede soos kontaknommers, woonadres, die gebiede waar hy/sy gereeld reis en by welke geleenthede hy/sy lede sou kon werf, stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Tot dusver was daar baie min belangstelling in hierdie proses.


Ivoorprojek

Die Doctari ivoormes-projek is weer goed op dreef nadat ons effe agter geraak het met bestellings en aflewerings. Die projek behels die maak van messe met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Plaas gerus u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom aangesien slegs 150 messe in hierdie projek gemaak word. Daar is reeds 100 messe verkoop.

Belangstellendes kan R5 500 betaal in die bankrekening van SA Jagters by Absa, rekeningnommer 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Kommersiële sake

SA Jagters het in November 2019 `n ooreenkoms met Humansdorp Koöperasie gesluit wat groot voordele vir lede inhou. Minstens vier lede het in Januarie elkeen `n Zastava 9,3 X 62 teen baie goeie pryse gekoop. Dit is `n uitstekende aanbod.


Die ooreenkoms bepaal dat lede 5% spesiale korting ontvang by aankope op `n hele reeks jag- en skietverwante produkte.

Die volgende spesiale aanbod geld vir Februarie:

Op enige Lothar Walther koop 10%+5% = 15% korting

Op enige Bartlein en Broughton loop 5%+5% = 10% korting

  1. Gaan kyk by die volgende skakels van Humansdorp Koöperasie vir die produkte waarin u belangstel by.
    1. http://firearms.humkoop.co.za/
    2. co.za en klik op die skakel vuurwapens
    3. co.za en klik op die skakel vuurwapens
  2. Plaas bestelling telefonies of per e-pos (inligting hieronder)
  3. U moet `n opbetaalde lid wees en u moet u lidnommer verskaf. Alvorens Humansdorp Koöperasie enige korting aan u sal toestaan sal hul nagaan of u wel `n lid is en of u ledegeld tot op datum betaal is. Slegs opbetaalde lede kwalifiseer vir die korting.
  4. Plaas bestellings by Eduan du Toit, Cheryl Coetzee of Riaan Vermaak by een van die onderstaande telefoonnommers of e-pos adresse:
    1. Telefoonnommers
      1. (042) 2910431
      2. (042) 2951501
  • iii. (042) 2951082
  1. E-posadresse
    1. This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
    2. This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Wanneer die bestelling geplaas is betaling ontvang is, sal die koöperasie die produk per koerier stuur.

Die volgende leweransiers bied spesiale voordele aan lede van SA Jagters:

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit  
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Archers Rock Safaris

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.


HuntEx 2020

HuntEx2020 vind vanjaar van 24 tot 27 April 2020 plaas. Tref betyds reëlings om hierdie skou te besoek.


Eden Lost and Regained

Footprint Press gaan een van die ou boeke wat die geskiedenis van vervloë dae se jagters beskryf, herdruk. Die boek Eden Lost and Regained, deur Paddy Cartwright gee `n goeie beskrywing van Suid-Afrika voor die tydperk van Jan van Riebeeck tot net na 1900 toe die Krugerwildtuin as die Sabi en Singwitsi bewaringsgebiede geproklameer is. Hy beskryf byvoorbeeld die laaste groot migrasie van springbokke in 1896 toe daar na raming ongeveer 10 miljoen springbokke deur Beaufort Wes getrek het. Die trop springbokke word beskryf as ongeveer 183 myl lank en 13 myl breed.


Die boek is beskikbaar van Footprint Press teen R500 per eksemplaar, posgeld ingesluit. SA Jagters het met Footprint Press ooreengekom dat lede 25% korting op die koopprys kry. Plaas bestellings by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en gee u lidnommer as verwysing.


Daar is twintig boeke by die nasionale kantoor beskikbaar. Tree in verbinding met Realda Goosen by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om een van hierdie boeke teen die kortingprys te bekom.


IWFF Jaggeleentheid

Die IWWF bied weer vier jaggeleenthede aan wat deur middel van `n trekking uitgeloot sal word. Die koste hiervan beloop R50 per kaartjie. Dit is goeie kans om dalk `n goedkoop jaggeleentheid vir die jaar te bekom. Meer inligting is hier beskikbaar.


Fotokompetisie

SA Jagters se fotokompetisie vir lede gaan in 2020 voort. Die doel van die kompetisie is om `n portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat ons dit op die webwerf, in aanbiedings en advertensies by geleenthede soos die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon.


Aan die einde van elke maand sal ons foto’s kies om by hierdie portefeulje in te sluit en dit ook op www.sahunters.co.za publiseer. Lede sal ook erkenning in die vorm van goud, silwer of brons sertifikate ontvang.


Ons borg het weer `n nuwe kamera as prys vir die algehele wenner beskikbaar gemaak. Die prys sal tydens ons kongres gala-aand aan die einde van die jaar oorhandig word. Ons probeer ook om meer pryse vir die verskillende kategoriewenners te kry.  


Ons kategorieë vir 2020 se kompetisie is: 

  1. Ons Erfenis. Enige landskap, plant- of dierelewe (insluitend voëls en insekte) wat ons land of buurlande se natuurlike erfenis uitbeeld.
  2. Die Jagter. Foto’s wat mense of diere se jag ervarings en aksies uitbeeld. Onthou asb. dat hierdie kategorie nie foto’s van gejagte diere insluit nie. Stuur daardie foto’s gerus na die tydskrif se Bokspog.
  3. Die mens in die natuur. Enige foto’s waar mense interaksie met die natuur het.

Lees gerus hier wat u moet doen om in te skryf.


Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB