Foto-uitdaging April/Mei '22 #mytuisdorp Top25
Die Fotografieklub se tema vir die April/Mei foto-uitdaging was #mytuisdorp. Lede het meer as 75 foto’s gedeel vir dié uitdaging van hulle huidige of vroër tuisdorp, via die Facebook-groep en per e-pos. Die admin het die top 25 foto’s gekies en lede kon via Facebook op die Fotografieklub se blad vir hulle gunsteling foto’s stem. Die wenner van die #beweging foto-uitdaging is Rachelle van Niekerk.