Lidmaatskap

  • Sunday, 26 April 2015 17:56
  • Published in Membership
  • Read 16330 times

Wat beteken die SA Jagters en –Wildbewaringsvereniging (SAJWV) vir die lid?

  • Om wild en natuurbewaring aan te moedig en te bevorder en daardeur jag en bewaring as onderling afhanklike en onafskeidbare begrippe te vestig;
  • Om met die owerhede te skakel en saam te werk tot voordeel van billike en toepaslike wetgewing ten opsigte van die besit en gebruik van vuurwapens deur jagters en sportskuts;
  • Om jag en skietgeleenthede te bevorder en te organiseer en lede se belangstelling in jag en skiet te ontwikkel;
  • Om die beeld van die jagter en sportskut onder alle belanghebbendes te bevorder;
  • Om met relevante plaaslike en internasionale verenigings en organisasies te skakel ten einde die doelstellings van die SAJWV na te kom en lede se belange te bevorder;
  • Om ‘n omgewing te skep wat aan lede die geleentheid bied om sosiale aktiwiteite wat verband hou met jag, sportskiet en bewaring te beoefen;
  • Om uitstekende diens aan lede te lewer;

Voordele direk aan die lid

  • 12 Eksemplare van die SA Jagter tydskrif per jaar;
  • Inskrywing tot die ManMagnum tydskrif teen spesiale korting;
  • R20 miljoen publieke aanspreeklikheidsdekking vir skiet en jagverwante voorvalle;
  • Korting op enige nuwe Ford voertuig;
  • Korting op enige nuwe Toyota Hi-Lux;
  • MyBonus / AgriBonus lidmaatskap en voordele;

Omvang en aktiwiteite

  • SAJWV word dwarsoor Suid-Afrika verteenwoordig deur 74 takke en meer as 38 000 lede;
  • Lede van die SAJWV kan landwyd by takke deelneem aan:
    • Maandelikse skietdae en ledevergaderings;
    • Opleiding vir Toegewyde jagters- en Sportskuts wat volgens die Vuurwapenwet ‘n voorvereiste is vir die besit van meer as 4 vuurwapens;
    • Opleiding vir Baanoffisiere en Trofeëmeters;
    • Aktiwiteite vir die jeug;
  • Skietaktiwiteite en –kompetisies op tak-, streek- en nasionale vlak;
  • Die Vereniging se kantoor is by Inyathi Park in Pretoria geleë met ‘n bestuur en personeel wat die lede-administrasie, opleiding, tak- en streeksake behartig en lede bystaan met vuurwapenlisensie aangeleenthede;
  • Inyathi Park het ‘n groot versameling Suid-Afrikaanse en internasionale wild-trofeë;
  • Reël HuntEx, ‘n jaarlikse uitstalling deur jagters vir jagters.
  • Last modified on Wednesday, 29 April 2015 18:39
  • font size
More in this category: Membership »

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za