• President se Kersboodskap 2018

    President se Kersboodskap 2018

    So kom ons aan die einde van nog ʼn jaar; ʼn taamlike “deurmekaar jaar”. `n Jaar waarin die konstitusionele hof `n ietwat Read More
  • President's Christmas Message 2018

    President's Christmas Message 2018

    We are at the end of yet another year; it was quite a chaotic year. It was a year in which the Read More
  • ZEISS/SAJWV Intertak Ghongskietkompetisie  2018

    ZEISS/SAJWV Intertak Ghongskietkompetisie 2018

    Die ZEISS/SAJWV Intertak Ghongskietkompetisie  is op 20 Oktober 2018 suksesvol aangebied deur die Duiker tak ongeveer 20km oos van Heidelberg. Read More
  • SAJWV Gallery Sporting Rifle skietkompetisie 2018

    SAJWV Gallery Sporting Rifle skietkompetisie 2018

    Die eerste SA Jagters Gallery Sporting Rifle skietkompetisie is op 13 Oktober 2018 aangebied deur die Riemland tak op die Riemland skietbaan Read More
  • LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

    LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

    Die Lynx Optics/SAJWV Presidentskietkompetisie is op 15 September 2018 baie suksesvol aangebied deur die Valschrivier tak op die Elandsrand skietbaan ongeveer 12 Read More
  • SA Jagters Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

    SA Jagters Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

    Die SA Jagters, nasionale Intertak Spanskietkompetisie het plaasgevind op Saterdag, 18 Augustus 2018 op die Meerkatgat skietbaan van die Vrystaat Sandveld tak Read More
  • Vuurwapenlisensies – waar staan sake?

    Vuurwapenlisensies – waar staan sake?

    Elsa Esterhuizen gesels met Fred Camphor van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging met oor die kwessie rondom vuurwapenlisensies, en waar sake nou Read More
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7

Inyathipark Nuus - Julie 2018

Terwyl ons hier in die middel van die winter is, is daar klompie interessante dinge aan die gebeur rondom vuurwapenlisensies. Ten spyte van die feit dat daar lede is wat my verkwalik omdat ek aanhou skryf oor lisensies wat verval het en waarvoor nie betyds aansoek gedoen is vir hernuwing nie, terwyl die meeste van ons se lisensies (hopelik) in orde is, bly dit tog `n belangrike onderwerp vir alle vuurwapeneienaars en vir heelparty van ons lede wie se  lisensies inderdaad verval het.

1. GOSA Urgent Interdict Application
On Friday 27 July 2018, the Gauteng North High Court heard an urgent interdict application filed by GOSA against the Minister of Police and the Commissioner of Police. While the case presented by GOSA argues that relicensing should not be necessary, the urgent application was intended to stop the SAPS from taking in firearms surrendered to the Police because the licences had lapsed. GOSA was successful with this application and we would like to congratulate them. Any case like this is obviously beneficial to all firearm owners and we believe we have to inform members hereof.

A summary of the key features of the application and the interdict granted as well as some guidance to members that might be in possession of firearms of which the licences have lapsed can be found here. (Kliek hier vir Afrikaans)

2. Bydraes vir die Regshulpfonds
Hierdie is `n laaste geleentheid om in aanmerking te kom vir die trekking waarin die pragtige pasmaakgeweer uitgeloot word. SA Jagters het deur middel van verskeie bydraes en geleenthede om voordeel te trek uit die uitloot van gewere en ander toerusting ongeveer die helfte van die geld vir die koste van die hofsake teen die Polisie kon bymekaarmaak. Hier is `n laaste kans om deel te neem aan so `n poging.

Marico Bosveld-tak
en Orpen Wapens van Oom Ossie Penzhorn het vir ons `n pasmaakgeweer beskikbaar gestel om uit te loot sodat ons nog geld bymekaar kan maak vir die Regshulpfonds en vir renosterbewaring. Hierdie pragtige geweer is by HuntEx uitgestal en ons het heelwat bydraes daar ontvang.

Die pasmaak 9,3 X 62 kaliber met K98 aksie, Walther-loop, topgraad Turkse okkerneuthout en gravering met 24 kt goud is gebou en beskikbaar gestel deur Orpen Wapens. Hierdie is inderdaad `n versamelstuk en die kommersiële waarde van die geweer is minstens R135 000. Indien u na foto’s van die geweer wil kyk kliek hier.

Vir `n bydrae van R50 of enige veelvoud daarvan staan enigeen die kans om hierdie geweer in `n gelukkige trekking te wen.

Betaal per EFT aan die Regshulpfonds van SA Jagters in veelvoude van R50. Die rekening van die Regshulpfonds word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 9134305406. Neem asseblief kennis dat die rekeningnommer verskil van die normale rekening van SA Jagters waarin ledegeld en ander bedrae betaal word. Verskaf die volgende inligting as verwysing, met `n spasie tussen elkeen van die entiteite:

  • K
  • U Selfoonnommer

Die kompetisie is oop vir lede en nie-lede. Versprei asseblief hierdie inligting so wyd moontlik na alle wapeneienaars. Gebruik gerus gemeenskap- en streekskoerante hiervoor.

I deliberately repeat the message above also in English
This is the last opportunity to participate in the lucky draw that could make you the new owner of this beautiful rifle. SA Hunters managed to collect more or less half of the money required for the court cases against the police by means of contributions received as well as collected by means of lucky draws similar to this one.

The Marico Bushveld Branch of SA Hunters and Orpen Wapens owned by well-known Ossie Penzhorn provides a custom-built rifle in 9,3 X 62 calibre built on a K98 action with Walther barrel, top grade Turkish walnut stock with 24 ct gold engraving as prize in our next fundraising effort to boost our legal aid fund and in aid of rhino conservation. This rifle is a collector’s item with a commercial value of R135 000. The rifle was on display at the Orpen Wapens stand at HuntEx. Should you want to see photographs of the rifle please click here.

For a small contribution of R50, or any multiple thereof, anyone stands a chance to win this beautiful rifle in a lucky draw.

Please make payment by EFT into the Legal Aid Fund of SA Hunters in multiples of R50. The Legal Aid Fund’s account is with ABSA and the account number is 9134305406. Please note that this is a different account number from the regular account used for paying in membership fees and other payments. When transferring the money, please use the following information as reference, with a space between the two entities:

  • K
  • Your mobile phone number

This competition is open to members and non-members. You may distribute this information as widely as you wish and even use community or regional newspapers.

3. Membership

On 30 July 2018 the membership of SA Hunters stood at 42 839 paid up members after the names of those members who did not pay their membership fees had been removed from the list.
Elke lid van SA Jagters wat tien of meer gewone lede vir die Vereniging werf, kwalifiseer vir gratis lidmaatskap vir die volgende jaar. Takke wat nuwe lede werf, ontvang ook R100 van die nuwe lid se ledegeld, bo en behalwe die taksubsidie ten opsigte van die nuwe lid.

Let daarop dat slegs een aansporing ten opsigte van ’n nuwe lid van toepassing is, m.a.w. óf die Tak óf die lid ontvang die aansporing vir die nuwe lid gewerf.

4. Vraelys oor Jag in RSA
`n Duitse student by name Lillian Gramberg-Danielsen is ingeskryf vir `n meestersgraad by Stellenbosch Universiteit. Sy doen navorsing oor jag en bewaring in RSA en het versoek dat ons lede vra om haar vraelys te voltooi. Lillian beskryf die doel van haar navorsing soos volg: “The purpose of this study is to assess the environmental and conservational reasoning of hunters on their contributions to nature conservation.”

I am sure that we could make a material contribution to indicate that South African hunters actually do contribute to conservation through hunting and I would like to request you to complete the questionnaire that you will find here. It should take you at most 10 to 15 minutes to complete the questionnaire

5. Dedicated Status
By the end of July 2018, we already had 16 838 dedicated hunters of whom 9 059 are already compliant for this year to retain their status. There are 10 085 dedicated sport shooters of whom 4 558 recorded sufficient activities to comply for retaining their dedicated status. Members have 3 months left to the end of October to record the required activities on their personal profiles on the e-Hunter system.

As June is also the financial year-end of SA Hunters, we are required by the Act to report those members that did not comply with the requirements to retain dedicated status any longer after 2017. I will in the course of this week send the names and detail of 2 773 members that did not comply with the requirements to retain Dedicated Hunter and/or Sport Shooter Status.

6. Sportskietnuus
Skietkompetisies
Die streekskietkompetisies vir 2018 het afgesluit. Die ranglyste vir die verskillende nasionale skietkompetisies wat gedurende die tweede helfte van 2018 plaasvind word gefinaliseer en die skuts wat gekwalifiseer het sal hul uitnodigings ontvang.

Spesifieke uitnodigings sal uitgaan aan individue en spanne om aan die volgende finale kompetisies deel te neem:

  • Intertak Spanskietkompetisie op 18 Augustus 2018, aangebied deur die Vrystaat Sandveld-tak te Soutpan;
  • Presidentskietkompetisie op 15 September 2018,  aangebied deur die Valschrivier-tak te Kroonstad;
  • Gallery Sporting Rifle Nasionale Kampioenskap op 13 Oktober 2018, aangebied deur die Riemland-tak te Bethlehem;

Die volgende nasionale skietkompetisies word aangebied op die basis van oop inskrywing deur enige lid of spanne. Die spesifieke reëlings per kompetisie sal gepas kommunikeer word:

  • Ingeperkte Skuts Skietkompetisie op 29 September 2018, aangebied deur die Sandrivier-58-tak te Welkom.
  • Junior Skietkampioenskap op 2 en 3 Oktober 2018; afrigtingskliniek op 4 Oktober 2018; Junior Skietkampioenskap, aangebied deur die Sandrivier-58-tak te Welkom.
  • Intertak Ghong Spanskietkompetisie op 20 Oktober 2018, aangebied deur die Duiker-tak te Balfour.
  • Sportskietkampioenskap op 25 Oktober 2018; Ope dag en 26 en 27 Oktober 2018  Sportskietkampioenskap, aangebied deur die Sandrivier-58-tak te Welkom

Maak seker dat u die nodige uitnodiging ontvang vir die kompetisies waarheen individue en spanne genooi word of dat u wel betyds inskryf vir die kompetisies waar u as individuele lid of span kan en wil deelneem.

How to View Your Shooting Ranking Online
A number of our members requested that we provide instructions to view the shooting results rankings online. We compiled the following instructions to guide you to the ranking tables and if you follow the instructions below the 2018 President shooting competition rankings should be displayed:

  1. Log onto the member administration application with your member number and password. If you don’t have a password, use the `Request new password’ link and follow the instructions on the page to obtain a new password.
  2. Select the `Scores, Achievements & Awards’ menu option on the left menu (This menu will only be available if you logged on successfully). Four tabs will be displayed: Training Scores, Achievements & Awards, Shooting Scores and Rankings.
  3. Click on the `Rankings’ tab. A second row of tabs will be displayed. Click on the `Regional & National Competitions’ tab in the second row. A number of options will be displayed.
  4. At least the following three options must be set before a valid context exists for data to be returned: Set the category to `2018 Hunting based competitions’, select `2018 President shoot’ for the competition type option and select the `Best top score (YTD)’ for the type of rankings (Rankings for) option.
  5. Press the `Search’ button and the rankings should display. By adjusting any of the above options, different rankings (E.g. Shotgun Competitions or Junior Competitions) can be viewed in the same way.

7. Handaflewering van die SA Jagter
Ons het reeds voorheen berig dat SA Jagters saam met Media 24 die moontlikheid ondersoek om die SA Jagter per hand by u woonadres af te lewer. Die kos SA Jagters effens goedkoper as die posgeld en Media 24 het reeds so `n netwerk ontplooi waarmee heelparty van hulle ander tydskrifte aflewer.

Ons het reeds `n e-pos boodskap uitgestuur na ongeveer 18 000 lede met die versoek om aan te dui of u handaflewering van u SA Jagter sal aanvaar. U is ook versoek om seker te maak dat u woonadres korrek is op die lede-administrasiestelsel. Doen asseblief die moeite om te reageer op hierdie boodskap en dui aan of u bereid is om die SA Jagter per hand afgelewer te kry.

Ek wil dit ook weer onder lede se aandag bring dat u wel die SA Jagter elektronies kan ontvang sou u dit verkies. Al wat u moet doen is om `n e-pos boodskap te stuur na admin@sahunt.co.za

8. Hunting Affairs
Hunting of Dangerous Game – Training in Association with Wildlife College
The training for Dangerous Game Hunting is presented in association with the Wildlife College near Hoedspruit. The following is available:

OPTION 1:  
(ELEPHANT, BUFFALO, LION, HYENA, LEOPARD, CROCODILE AND HIPPO)
(R6500) Starts at 12h00 on a Monday and ends Thursday at 12h00.

NO: ARRIVE: DAY   DEPART: DAY AVAILABLE:
1 30 July Monday   3 Aug Friday X 1

OPTION 2:  
Participants have a choice of any two of these species groups for each course

  1. Elephant
  2. Buffalo
  3. Predators: lion leopard and hyena
  4. Hippo and crocodile

(R4000) Starts at 12h00 on Thursday and ends Sunday at 12h00.
(R4000) Starts at 12h00 on a Monday and ends Thursday at 12h00.

NO: TYPE: ARRIVE: DAY   DEPART: DAY AVAILABLE:
1 1+3 6 Aug Monday   9 Aug Thursday X 3
2 3+4 9 Aug Thursday   12 Aug Sunday X 2
3 1+2 3 Dec Monday   6 Dec Thursday X 4

NB:     INTERESTED PERSONS MUST HAVE SAHGCA DEDICATED HUNTERS STATUS

9. Bewaring
Die druk van omgewingsgroepe en diereregte-organisasies raak al sterker gefokus teen jagters in die algemeen. Twee sake wat definitief aandag geniet is die volgende:

Alternatiewe vir die Gebruik van Lood in Ammunisie

Omgewingsgroepe argumenteer wêreldwyd al sterker teen die gebruik van lood in alle ammunisie en die druk vir die totale verban van lood raak al groter. As jagters kan ons `n bydrae lewer teen hierdie druk deur byvoorbeeld die gebruik van goeie kwaliteit chemies verbonde jagammunisie (core-bonded bullets) waar die lood chemies aan die koperhuls van punte verbind word of as alternatief, mono-metaalpunte waarin geen lood voorkom nie. `n Verskeidenheid van hierdie punte wat beide plaaslik vervaardig en ingevoer word is reeds in RSA beskikbaar.

Die moeliker probleem is om lood in haelpatrone te vervang waar enige beskikbare alternatiewe baie duurder is. Hier is dit belangrik om te let op die beleidstandpunt van SA Jagters wat lede versoek en aanbeveel dat daar nie oor water met loodhael geskiet word nie. Die lood sink en watervoëls tel dit op wanneer hulle kos op die bodem van waterbronne vreet.

Drukgroepe teen Jag
Diereregtegroepe en drukgroepe teen jag se impak word ook al hoe sterker. `n Goeie voorbeeld hiervan is die 29 omgewingsdrukgroepe wat met `n petisie met 135 000 handtekeninge druk plaas op die Departement  van Omgewingsake om spesifieke inligting te verskaf oor die wettige jag van `n leeumannetjie in Junie 2018 op die Umbabat-reservaat langs die Krugerwildtuin. Hierdie soort van optrede neem toe. Jagters moet baie seker maak dat hulle te alle tye verantwoordelik optree.

10. Fotokompetisie
Lede het nog kans tot einde September om nog foto’s vir ons foto kompetisie in te stuur. Daar is weer `n nuwe kamera as prys vir die algehele wenner beskikbaar. Lees gerus hier hoe om in te skryf. Die finaliste vir Julie kan hier op die webwerf gesien word. Die wenners sal hul sertifikate op hulle elektroniese profiel op die stelsel ontvang.

11. Availability of S 365 Propellant
Many of our members reported unavailability of S 365 propellant at dealers recently. Unfortunately, Rheinmetal Denel experienced some problems at the manufacturing plant and could not continue the normal cycle of manufacturing S365. The latest information available indicates that S365 will only be available again in September 2018.

12. Vuurwapenamnestie

Die Minister van Polisie het aansoek gedoen vir `n vuurwapenamnestie wat die Parlementêre Portefeuljekomitee op Polisie op 16 Augustus 2018 in die Parlement sal oorweeg. Indien dit goedgekeur sou word, sal `n versoek aan die Algemene Vergadering in die Parlement gerig word om die amnestie goed te keur sodat dit in werking kan tree.

Die persverklaring van die voorsitter van die Portefeuljekomitee op Polisie oor die amnestie word verskaf by hierdie skakel. Gaan kyk gerus hierna as u meer inligting wil kry. Ongelukkig is die voorwaardes van die amnestie nog nie beskikbaar nie. Ons sal daaroor laat weet sodra dit bekendgestel word. Die versoek van die Minister is dat die amnestie vanaf 1 September 2018 vir `n tydperk van 6 maande tot einde Februarie 2019 sal geld.

13. National Congress of SA Hunters
SA Hunters holds its annual Congress during the first weekend in November. This is a first notification to all members of the annual Congress that will be held on 2 and 3 November 2018.

Please note that attendance at the National Congress is based on Branch membership. Branches elect delegates. The agenda and relevant documentation for the annual Congress are sent to branches for discussion and preparation. Please ensure that you become active in your branch should you wish to participate in this process.

14. Nominasies vir Toekennings

Die Nasionale Kongres is ook die geleentheid wat SA Jagters het om toekennings te doen aan persone wat die Vereniging met onderskeid gedien het of op terreine soos bewaring besonderse bydraes gelewer het. Die Toekenningsbeleid van die Vereniging sowel as nominasievorms is hier beskikbaar. Takke word versoek om die riglyne na te gaan en die individue en groepe wat sou kwalifiseer vir toekennings gepas te nomineer.

Dorothy Ras sal ook Takke hieraan herinner.

15. History of SA Hunters

SA Hunters will be 70 years old in 2019. In 2016, we started with a process with Oom George Nell to compile the history of SA Hunters over this period with a view to publish a book in 2019, when SA Hunters turns 70. Unfortunately, Oom George fell ill and will not be able to continue with this assignment. We requested Prof Pieter Potgieter, a former President of SA Hunters, to continue with this task.

We will appreciate any information on the Association, its activities, role-players and how the Association grew during the 70 years since its establishment. Please contact Prof. Pottie at pieter.potgieter@safricom.co.za Please be patient while we peruse the documentation for possible inclusion in the book. He will take good care of your possessions.

16. Kommersiële sake

Soos gebruiklik, sluit ons skakels in na ons webwerf vir meer inligting oor spesiale aanbiedings vir SA Jagters se lede. Kliek op die skakel waarin u belangstel. Daar is hierdie maand `n hele paar nuwe aanbiedings beskikbaar van onder andere, Heartech, Nitecore Flitse en Wildman.

Ons sluit kort beskrywings in van spesiale boodskappe of inligting oor nuwe verskaffers wat afslag aan lede bied.

Die volgende leweransiers bied spesiale voordele aan lede van SA Jagters.

  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit
  • Action Ford       
  • Hinterland Groep
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Heartech Gehoorbeskerming
  • Nitecore Flitse
  • Herlaaikursusse deur Cassie Nienaber
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.
17. Ivoorprojek
Die ivoormes-projek is weer goed op dreef nadat ons effe agter geraak het met bestellings en aflewerings. Die projek behels die maak van messe met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Plaas gerus u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom aangesien slegs 150 messe in hierdie projek gemaak word. Daar is reeds 62 messe verkoop.

The first set of commemorative knives available on order are known as the Doctari/Nico van Rooyen knives. Each knife is hand-made. Therefore, a waiting period of approximately three months from the receipt of your order and payment, to the date of delivery will apply.

Only 150 of these knives will be made and each knife will be numbered. Should you wish to order one of these knives, please do the following: transfer R5 500 to the account of SA Hunters by means of an EFT. The account of SA Hunters is held at ABSA with the account number 01443990077. The Branch Code is 632005. Please use the following reference: Knife and your Cell Phone Number. Please forward proof of payment to admin@sahunt.co.za.

18. Navrae aan SA Jagters se Nasionale Kantoor
Dit gebeur gereeld dat enkele van die bestuurders algemene navrae ontvang en nie noodwendig die betrokke lid kan help met die inligting wat hy/sy benodig nie. Vir spoedige diens, maak seker dat u navrae na die regte afdeling verwys. Hou asseblief u lidnommer byderhand omdat dit dikwels baie makliker is om navrae te kan beantwoord.

Die kontaknommers en e-posadresse vir navrae is soos volg:
•    Navrae oor lidmaatskap, administrasie en finansies
Tel (012) 808 9300 vra vir Finansies: e-posadres: admin@sahunt.co.za
•    Navrae oor opleiding
Tel (012) 808 9300 vra vir Opleiding;  e-posadres: nic@sahunt.co.za
•    Vuurwapenhulplyn, endossemente, motiverings en navrae oor lisensie-aansoeke
Tel (012) 808 9300 vra vir Vuurwapenhulplyn; e-posadres: firearmsupport@sahunt.co.za
•    Toegewyde status en registrasie van aktiwiteite
Tel (012) 808 9300 vra vir Toegewyde Status;     e-posadres: dedicated@sahunt.co.za
•    Bewaringsaangeleenthede
Tel (012) 808 9300 vra vir Bewaring; e-posadres: vanessa@sahunt.co.za
•    Jagsake
Tel (012) 808 9300 vra vir Jagsake; e-posadres: johann@sahunt.co.za
•    Navrae oor Takaangeleenthede en verwante sake
Tel (012) 808 9300 vra vir Takaangeleenthede;     e-posadres: andrevdm@sahunt.co.za
•    Navrae t.o.v. skietsake en verwante aangeleenthede
Tel (012) 8089300 vra vir Skietsake; e-posadres: andrevdm@sahunt.co.za
•    Navrae oor enige aanlynstelsels, webwerf, tablette
Tel (012) 8089300 of e-posadres: johanvo@sahunt.co.za
•    Enige algemene of ander navrae
Tel (012) 8089300 of e-posadres: info@sahunt.co.za

19. Name en Kontakdetail van Raadslede
Op versoek, plaas ons ook die kontakbesonderhede van Raadslede.

Pos Naam E-posadres Selfoonnommer
President Gerhard Verdoorn nesher@tiscali.co.za 082 446 8946
Adjunk-President Carl Arnold carl@avrlaw.co.za 083 230 9823
Vise-President Jagsake Basie Bergh epvbergh@lantic.net 082 923 3547
Vise-President Skietsake Andre van Heerden falcodor116@gmail.com 082 319 3534
Vise-President Opleiding Danie de Villiers excelsiordev@gmail.com 082 877 7705
Vise-President Bewaring Brian Reilly reillybk@tut.ac.za 082 784 1895

`n Verkiesing van streekkoördineerders vind tans plaas. Sodra die proses afgehandel is, sal ons ook hierdie persone se kontakbesonderhede in die nuusbrief plaas.

Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

  • Last modified on Wednesday, 01 August 2018 05:19
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za