• LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

    LYNX/SAJWV Presidentskietkompetisie 2018

    Die Lynx Optics/SAJWV Presidentskietkompetisie is op 15 September 2018 baie suksesvol aangebied deur die Valschrivier tak op die Elandsrand skietbaan ongeveer 12 Read More
  • SA Jagters Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

    SA Jagters Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

    Die SA Jagters, nasionale Intertak Spanskietkompetisie het plaasgevind op Saterdag, 18 Augustus 2018 op die Meerkatgat skietbaan van die Vrystaat Sandveld tak Read More
  • Vuurwapenlisensies – waar staan sake?

    Vuurwapenlisensies – waar staan sake?

    Elsa Esterhuizen gesels met Fred Camphor van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging met oor die kwessie rondom vuurwapenlisensies, en waar sake nou Read More
  • Responsible hunting organisations denounce shooting of captive-bred lion

    Responsible hunting organisations denounce shooting of captive-bred lion

    There is increasing pressure on all forms of wildlife-based tourism and enterprises in the wildlife sector to become more sustainable and to Read More
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4

Inyathipark Nuus - Februarie 2018

Hierdie nuusbrief is effe later as gewoonlik, maar dit bevat nuttige inligting wat nog betyds is met die oog op die jagseisoen. In Pretoria, breek die eerste tekens van herfs aan soos die Witstinkhoutbome geel blare afspeen, en die nagte koeler raak.


1. Grondwethofsaak
Teen hierdie tyd is dit ou nuus dat ons wel op 7 Februarie in die Grondwethof was en steeds geduldig wag op die uitspraak.

2. Bydrae tot SA Jagters Regshulpfonds
Baie dankie aan alle lede van SA Jagters en die publiek wat ‘n bydrae gelewer het tot die Regshulpfonds. Die geweer wat vir die gelukstrekking beskikbaar gestel is, is gewen deur mnr. Aitchison wat nie ‘n lid van SA Jagters is nie en slegs ‘n R50 donasie gemaak het. Die borge, wat Sons of Guns en Helber punte verteenwoordig, het sy pryse aan hom oorhandig. Sien die foto hier.

SA Jagters sal waarskynlik in die afsienbare toekoms ‘n soortgelyke poging aanwend om nog geld vir die Regshulpfonds in te samel sodra ons sekerheid het oor die finale koste van die regsproses.

3. Membership
Membership of SA Hunters stood at 41 688 on 31 January 2018, after the names of members whose membership fees had been in arrears, were removed from the list.

Elke lid van SA Jagters wat tien of meer gewone lede vir die Vereniging werf, kwalifiseer vir gratis lidmaatskap vir die volgende jaar. Takke wat nuwe lede werf, ontvang ook R100 van die nuwe lid se ledegeld, bo en behalwe die taksubsidie ten opsigte van die nuwe lid.

Let daarop dat slegs een aansporing ten opsigte van ’n nuwe lid van toepassing is, m.a.w. óf die Tak óf die lid ontvang die aansporing vir die nuwe lid gewerf.

4. Dedicated Status
By the end of January, 4 650 members with dedicated hunter status complied with the required number of activities for the year, while 1 599 dedicated sport shooters are compliant. We remind members with dedicated status to attend and record the required activities to retain their status. There are eight months left until the end of October to record the required activities towards maintaining dedicated status.  

5. Sportskietnuus
Skietbaanreëls
Skuts ervaar probleme met skietbaanreëls wat nie by alle tak- en streeksbyeenkomste eenvormig en konsekwent toegepas word nie. Ons sal vanjaar ‘n spesiale poging aanwend om te verseker dat skietbaanreëls deurgaans behoorlik toegepas sal word.

Veilige Hantering van Druksilinders
Al hoe meer lede, waaronder juniors, skaf drukluggewere aan om aan ons posliga en junior skietoefeninge deel te neem. As deel van ons volgehoue strewe om veiligheid ‘n prioriteit te maak, versoek ons lede om hulleself te vergewis van die regulasies met betrekking tot die inspeksie van druksilinders. Vermy die gewoonte om ‘n druksilinder op die skouer te dra na ‘n skietpunt. ‘n Druksilinder wat val kan ‘n potensiële missiel wees. Vervoer die druksilinder na die skietbaan met ‘n doelgeskikte waentjie wat dit veilig regop hou. ‘n Goeie voorbeeld van so ‘n waentjie kan hier gesien word.

6. Second SA Hunters Golf Day
SA Hunters will hold its second annual golf day on 8 June 2018 at the Wingate Park Golf Club in Pretoria. More detail is available here.

We will appreciate donations of items for the auction at the dinner on the evening after the golf day. Items such as unused and unwanted rifles, a case of wine, whiskey, hunting books, etc. please consider donating it to SA Hunters. These items could fetch a good price at the auction. Please contact Nicky Uys at nicky@sahunt.co.za for further information.

7. Fotokompetisie
Ons fotokompetisie gaan voort. Die eerste klompie foto’s vir ons nuwe fotokompetisie het ingekom. Die finaliste se foto’s kan hier op die webwerf gesien word. Lede sal hul sertifikate op hul profiel op die aanlynstelsel ontvang. Ons beplan om weer ’n redelike goeie kamera as prys beskikbaar te stel teen die einde van die jaar. Lees gerus hier wat jy moet doen om in te skryf.

8. Hunting Affairs
Hunting Packages Available
A good friend of SA Hunters that manages a private reserve in Swaziland made available 20 Nyala bull for hunting to members of SA Hunters at the very good price of R 6 000 plus VAT per animal. These will not be record-book bulls, but rather reasonably representative animals. If you are prepared to arrange temporary rifle export and import permits and an import permit for meat and trophies, then this may be your opportunity. Please contact Johann van de Giessen at Johann@sahunt.co.za  for more information.

Jaglisensies en –permitte in Suid-Afrika
Proklamasies, regulasies en wetgewing wat jag in Suid-Afrika reguleer, verskil van provinsie tot provinsie. Dus is dit baie belangrik dat jagters hierdie wetlike verpligtinge verstaan en nakom sodat hulle nie onwetend die wet oortree nie. Onkunde vrywaar ‘n mens nie van vervolging na oortredings nie.

Elke provinsie publiseer sy eie jagregulasies in die Staatskoerant. SA Jagters raai jagters aan om die detail van hierdie regulasies wat op elke provinsie van toepassing is, deeglik te bestudeer.

Die jongste proklamasies is hier beskikbaar.

Jagters moet kennis neem dat die gebruik van die woord permit ook mag verwys na die brief wat ‘n grondeienaar aan jagters gee om toestemming te verleen dat hulle op sy plaas mag jag en die vleis mag vervoer. Grondeienaars of ‘n ander gemagtigde persoon is verplig om só ‘n toestemmingsbrief uit te reik voordat daar gejag mag word. Hierdie brief, wat beide die jagter en die plaaseienaar moet teken, moet nie verwar word met die jagpermitte wat bewaringsowerhede uitreik nie. Jagters moet hierdie briewe by hulle dra terwyl hulle jag en die vleis vervoer. ‘n Voorbeeld van só ‘n brief is hier beskikbaar.

Grondeienaars van vrygestelde plase, wat in sommige provinsies bekend staan as plase met voldoende omheinings, moet die nommer van die plaas se vrystellingspermit op die toestemmingsbrief aanbring wat hulle aan jagters verskaf. SA Jagters beveel aan dat ‘n afskrif van die plaas se vrystellingspermit ook aan die jagter gegee word.

‘n Jaglisensie is ‘n dokument wat jagters by die provinsie koop en wat toestemming verleen om gewone wild op spesifieke eiendomme gedurende die oop jagseisoen te mag jag. Dit kan veer- en haarwildspesies insluit.

‘n Permit is gewoonlik nodig om buite seisoen te jag of om beskermde wild en ander spesies te jag. Sommige provinsies verwys na hierdie dokumente as lisensies, terwyl ander weer daarna verwys as permitte.

Vrygestelde plase of plase met voldoende omheinings:
In Gauteng, Noord-Kaap, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo mag jagters sonder ‘n lisensie op vrygestelde plase jag, mits hulle ‘n toestemmingsbrief van die grondeienaar het, en slegs vrygestelde spesies jag volgens die voorwaardes soos op die permit aangedui.
In die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal, moet jagters altyd in besit wees van ‘n jaglisensie, ongeag of hulle op ‘n vrygestelde plaas jag of nie. In sommige gevalle is grondeienaars en hulle familielede vrygestel van provinsiale jaglisensies.
Jaglisensies/jagpermitte is altyd ‘n vereiste by die jag van beskermde wild en veerwild. Die koste, voorwaardes en beskikbaarheid van jaglisensies en permitte wissel gedurende en buite jagseisoene en tussen die verskillende provinsies.

Vrygestelde plase/plase met voldoende omheinings:

Grondeienaars kan by die toepaslike gesagsowerheid vir vrystelling aansoek doen indien die plaas sekere bepalings nakom, soos voldoende heinings, grootte van die eiendom, ens. Die grondeienaar ontvang ‘n permit wat jag en ander wildbestuurpraktyke ingevolge spesifieke voorwaardes toelaat.

NB: sekere spesies soos veerwild word nooit by die lys van vrygestelde spesies gevoeg nie. Dus moet ‘n jagter altyd in besit wees van ‘n jaglisensie/jagpermit wanneer hulle gewone veerwild jag.

Oop plase:

Op oop plase is jag slegs toelaatbaar tydens die jagseisoen en met die regte jaglisensie. ‘n Daaglikse jagkwota is van toepassing.

Oop en toe jagseisoen:

Provinsies publiseer proklamasies in die Staatskoerant om die datums, tye en jagtoestande vir die betrokke provinsies bekend te maak. Die oop jagseisoen vir jagters is gewoonlik vanaf Mei tot Augustus (dit verskil soms tussen provinsies) en volgens spesies.

Gaan lees gerus meer oor hierdie vereistes in die inligting wat u hier sal kry. The same information provided is also be available in English here.

Jaglisensies en Permitte beskikbaar by SA Jagters se Kantoor
Sommige van die permitte en/of lisensie is beskikbaar by SA Jagters se nasionale kantoor.

Jaglisiensies is gewoonlik beskikbaar by die kantore van die provinsiale departemente van Natuurbewaring. In die Noord-Kaap is jaglisensies by verskeie poskantore beskikbaar.

Die Poskantoor se databasis is op ons webwerf beskikbaar (onder: Regulasies en Proklamasies).

Die volgende lisensies is ook direk by SA Jagters se nasionale kantoor beskikbaar. Kontak Vanessa Bell direk by (012) 808 9306 of stuur ‘n e-pos na Vanessa@sahunt.co.za.

Provinsie Lisensies beskikbaar
Gauteng Slegs voëljag
Mpumalanga Slegs voëljag
Vrystaat Gewone wild en voëljag
KwaZulu Natal Gewone wild, beskermde wildspesies en voëljag
Oos Kaap Gewone wild en voëljag
Wes Kaap Gewone wild en voëljag
Noord Kaap Lisensies beskikbaar by sekere poskantore in die provinsie asook Centurion, Gauteng

9. Veranderinge by Sentrale Vuurwapenregister
Dit is nou reeds bekend dat genl. Jaco Bothma die SAPD verlaat het en dat genl-maj. Mamotheti hom opgevolg het. Ons het vanoggend met genl. Mamotheti vergader en kan sekere inligting met lede deel.

Printing of Licence Cards
It is well-known that the CFR had huge problems with the printing of licence cards. Since 5 February 2018, the Government Printing Works has been printing all license cards for the CFR. The teething problems seemed to have been solved and cards should be printed within two weeks from the date that the licence has been approved.

There is a delay in the printing of licence cards that have been approved previously and that had been routed to the different provinces for printing. The printing of these licence cards will now be done by the Government Printing Works. However, there will be delays. The backlog is expected to be cleared towards the end of April 2018.

Meanwhile, we want to assist members that have been waiting for longer than three months for the printing of their licence cards. If you received a SMS that your licence (new application or a renewal) has been approved before 30 November 2017, and you did not yet receive the licence card, first enquire from your DFO. If the licence card is not available at the DFO, forward the following information to dedicated@sahunt.co.za

  • Your initials and surname
  • Your ID number
  • Your SA Hunters membership number
  • The date on which you received the SMS that your licence was approved
  • The SAPS reference number for the licence application
  • The Police station where your application for a licence was submitted

Registrasie van vuurwapens in handelaar se naam
Ons weet van gevalle waar inligting oor wapens waarvoor lede aansoek doen vir lisensies, nog nie op die handelaar se naam geregistreer is nie. In sulke gevalle, gaan terug na die handelaar en versoek dat hy/sy die inligting van die betrokke vuurwapen weer aan die CFR verskaf. Die inligting is voorheen deur middel van die vorm SAP 350 verskaf, maar dit is nou met ‘n elektroniese stelsel vervang.

Dus moet die handelaar weer die data insleutel om die proses te verhaas. Hierdie is ‘n nuwe stelsel wat dalk tandekry-probleme mag veroorsaak. Wees dus asseblief geduldig.

10. HuntEx 2018

HuntEx2018 Gauteng will be held at Gallagher Convention Centre in Midrand from 26 April to 29 April 2018. Pleas diarise these dates and plan accordingly.

To avoid standing in a queue at HuntEx, buy your entry ticket online. Click on this link and purchase your tickets now. https://goo.gl/9G8hZJ

11. Bewaring
Die Bestuurder Bewaring het op uitnodiging van die Portefeuljekomitee vir Omgewingsake, op 27 Maart ‘n aanbieding in die parlement gedoen oor die rol van jag in bewaring, landelike ekonomiese groei en voedselsekuriteit. Die aanbieding was deel van ‘n paneelbespreking oor die wildlewe-ekonomie, en is baie goed ontvang. Daar is beslis ondersteuning van die regering vir die groei van hierdie sektor, en veral die jagbedryf.

Die Biodiversiteit Ekonomie Indaba vind hierdie week in Oos Londen plaas. Die Bestuurder Bewaring verteenwoordig SA Jagters. Aspekte soos transformasie van die bedryf; hersiening van wetgewing wat die bedryf reguleer; geleenthede vir ekonomiese ontwikkeling en investering; ontwikkeling van jag en wildsvleis; bioprospektering en die rol van ekotoerisme in ekonomiese groei sal onder andere bespreek word. Die samewerking tussen SA Jagters en die Namibiese regering rondom die ontwikkeling van verbruiksjag het daartoe gelei dat SA Jagters saam met Namibië ‘n aanbieding doen oor die ontwikkeling van jag op die grond van landelike gemeenskappe.

SA Jagters stel ‘n reeks bewaringsvideo’s saam as deel van die Tinyarhi Conservation Series wat takke en lede vir bewusmaking kan gebruik. Vir hierdie reeks benodig ons goeie videomateriaal van natuurtonele. Lede wat goeie videomateriaal kan bydra, kan dit stuur na bewaring@sahunt.co.za

Vir verdere inligting skakel Vanessa by (012) 808 9300. SA Jagters sal erkenning gee aan lede wie se materiaal gebruik word.

Die Bestuurder Bewaring het ‘n nuwe proses ontwikkel vir take om bewaringsinisiatiewe te registreer. Dit sal vanaf 1 April beskikbaar wees. Met hierdie proses sal takke se vrywillige bewaringsinisiatiewe beter gedokumenteer en gedemonstreer kan word. Die volgende nuusbrief sal meer detail hieroor bevat.

12. History of SA Hunters
SA Hunters will be 70 years old in 2019. In 2016, we started with a process with Oom George Nell to compile the history of SA Hunters with a view to publish a book in 2019, when SA Hunters reaches the ripe age of 70 years.

Oom George will appreciate any information on the Association, its activities, role-players and how the Association grew during the 70 years of its existence. He already received loads of information and documents kindly provided to him by members of SA Hunters. Please be patient while we peruse the documentation for possible inclusion in the book. He will take good care of your possessions.

Please contact Oom George at 082 926 9641 if you have any useful information.

13. Kommersiële sake
Soos gebruiklik, sluit ons skakels in na ons webwerf vir meer inligting oor spesiale aanbiedings vir SA Jagters se lede. Kliek op die skakel waarin u belangstel.

Ons sluit kort beskrywings in van spesiale boodskappe of inligting oor nuwe verskaffers wat afslag aan lede bied.

Die volgende leweransiers bied spesiale voordele aan lede van SA Jagters.

  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit
  • Hinterland Groep
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Heartech Gehoorbeskerming
  • Herlaaikursusse deur Cassie Nienaber

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

14. SA Hunters’ own Recipes
We are considering our own SA Hunters recipe book. In 2011, we published a recipe book, Die Geheime van die Ysterkombuis, in collaboration with HuntEx. It was well-received. A similar initiative is being investigated. Each recipe will be accompanied by a hunting story. We invite members to provide us with their hunting stories of not more than 1800 words each, as well as a recipe with all ingredients and the preparation method. We prefer an easy to prepare meal that can be cooked using cast-iron cookware on the fire or on a braai grid. Please submit your story and recipe to dorothy@sahunt.co.za

15. Navrae na SA Jagters se Nasionale Kantoor
Dit gebeur gereeld dat enkele van die bestuurders algemene navrae ontvang en nie noodwendig die betrokke lid kan help met die inligting wat hy/sy benodig nie. Vir spoedige diens, maak seker dat u navrae na die regte afdeling verwys. Maak asseblief ook seker dat u u lidnommer byderhand het. Dit maak dit dikwels baie makliker om navrae te kan beantwoord.

Die kontaknommers en e-posadresse vir navrae is soos volg:
•    Navrae oor lidmaatskap, administrasie en finansies
Tel (012) 808 9300 vra vir Finansies: e-posadres: admin@sahunt.co.za
•    Navrae oor opleiding
Tel (012) 808 9300 vra vir Opleiding;  e-posadres: nic@sahunt.co.za
•    Vuurwapenhulplyn, endossemente, motiverings en navrae oor lisensie-aansoeke
Tel (012) 808 9300 vra vir Vuurwapenhulplyn; e-posadres: firearmsupport@sahunt.co.za
•    Toegewyde status en registrasie van aktiwiteite
Tel (012) 808 9300 vra vir Toegewyde Status;     e-posadres: dedicated@sahunt.co.za
•    Bewaringsaangeleenthede
Tel (012) 808 9300 vra vir Bewaring; e-posadres: vanessa@sahunt.co.za
•    Jagsake
Tel (012) 808 9300 vra vir Jagsake; e-posadres: johann@sahunt.co.za
•    Navrae oor Takaangeleenthede en verwante sake
Tel (012) 808 9300 vra vir Takaangeleenthede;     e-posadres: andrevdm@sahunt.co.za
•    Navrae t.o.v. skietsake en verwante aangeleenthede
Tel (012) 8089300 vra vir Skietsake; e-posadres: andrevdm@sahunt.co.za
•    Navrae oor enige aanlynstelsels, webwerf, tablette
Tel (012) 8089300 of e-posadres: johanvo@sahunt.co.za
•    Enige algemene of ander navrae
Tel (012) 8089300 of e-posadres: info@sahunt.co.za

Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

  • Last modified on Thursday, 08 March 2018 08:08
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za