• Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2017

    Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2017

    Die SA Jagters, nasionale Intertak Spanskietkompetisie het plaasgevind op Saterdag, 12 Augustus 2017 op die nuwe Meerkatgat skietbaan van die Vrystaat Sandveld Read More
  • Nasionale President skietkompetisie 2017

    Nasionale President skietkompetisie 2017

    Die Nasionale President skietkompetisie wat op Saterdag, 23 September 2017 op die Elandsrand skietbaan te Kroonstad plaasgevind het. Read More
  • SA Jagters Golfdag Junie 2017

    SA Jagters Golfdag Junie 2017

    SA Jagters het op Vrydag 9 Junie 2017 vir die eerste keer in die geskiedenis ‘n Gholfdag gehou. Hierdie dag is gehou Read More
  • SA Jagters Ledewerwing by HuntEx 2017

    SA Jagters Ledewerwing by HuntEx 2017

    SA Jagters het weer eens vanjaar by HuntEx Gauteng gehou te Gallagher Estate teen die einde van April ‘n spesiale poging aangewend Read More
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4

Inyathi Park News November 2017

Hierdie is die laaste nuusbrief vir 2017 en dit is my voorreg om die jaar af te sluit met ‘n klompie belangrike boodskappe aan ons lede in SA Jagters. In hierdie nuusbrief is daar ook algemene inligting vir u kennisname.

1. Appèlsaak in Grondwethof
Teen hierdie tyd weet u lankal dat die Minister van Polisie die uitspraak van regter Tolmay op appèl neem na die Grondwethof. Die aansoek word op 8 Februarie 2017 aangehoor.

In ‘n poging om bietjie geld bymekaar te maak vir hierdie hofaansoek loot ons die geweer uit wat Sons of Guns vir ons borg. Vir ‘n bydrae van R50 of enige veelvoud daarvan staan u die kans om ‘n Howa in .308 Win of 6,5 Creedmoor (u keuse tussen die twee kalibers) met ‘n Leopold VX 3i teleskoop in ‘n gelukkige trekking te wen.

Doen asseblief u betaling by wyse van ’n EFT aan die Regshulpfonds van SA Jagters in veelvoude van R50. Die rekening van die Regshulpfonds word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 9134305406. Neem asseblief kennis dat die rekeningnommer verskil van die normale rekening van SA Jagters waarin ledegeld en ander bedrae betaal word. Wanneer u die oorplasing doen verskaf asseblief die volgende inligting as verwysing, met ‘n spasie tussen elkeen van die entiteite:

  • K
  • U selfoonnommer 

Hierdie versoek vir bydraes en moontlike wen van die geweer in ‘n gelukstrekking is nie beperk tot lede van SA Jagters nie maar is oop vir deelname vir alle lede van die publiek. Dit is nie slegs lede van SA Jagters wat voordeel sal trek as die Grondwethof in ons guns sal beslis nie maar alle wapeneienaars wat dieselfde voordeel sal kry. Versprei asseblief hierdie inligting so wyd moontlik na alle wapeneienaars. U kan die inligting selfs in u plaaslike en streekskoerante laat publiseer om dit wyer bekend te stel.

I deliberately repeat the message above also in English.

Appeal Case in Constitutional Court
By now you already know that the Minister of Police decided to take the ruling of Judge Tolmay on appeal to the Constitutional Court. This application will be heard in the Constitutional Court on 8 February 2018.

In order to collect money for the court case, we will have a lucky draw for a hunting rifle in .308 Win or 6,5 Creedmoor (your choice of one of the two calibres) with a Leopold VX 3i telescope donated by Sons of Guns. For only R50 or any multiple thereof, you could win this hunting rifle in a lucky draw.
Please make payment by EFT into the Legal Aid Fund of SA Hunters in multiples of R50. The Legal Aid Fund’s account is with ABSA and the account number is 9134305406. Please note that this is a different account number from the regular account used for paying in membership fees and other payments. When transferring the money, please use the following information as reference, with a space between the two entities:

  • K
  • Your mobile phone number

Please note that this competition is not limited to members of SA Hunters only. The intention is to deliberately open it to as many people as possible. All firearm owners will benefit from a favourable decision in the Constitutional Court, not only members of SA Hunters only. You may distribute this information as widely as you wish and have it published in your local or regional newspapers.

2. Lidmaatskap
Teen einde November 2017, het die Vereniging se ledetal op 41 446 gestaan.

Elke lid van SA Jagters wat tien of meer gewone lede vir die Vereniging werf, kwalifiseer vir gratis lidmaatskap vir die volgende jaar. Takke wat nuwe lede werf, ontvang ook R100 van die nuwe lid se ledegeld, bo en behalwe die taksubsidie ten opsigte van die nuwe lid.

Let daarop dat slegs een aansporing ten opsigte van ’n nuwe lid van toepassing is, m.a.w. óf die Tak óf die lid ontvang die aansporing vir die nuwe lid gewerf.

3. Retention of Dedicated Status
At the end of November 2017, we have 15 106 Dedicated Hunters and 7 959 Dedicated Sport Shooters that are already compliant with adequate activities registered to retain dedicated status.

There are a further 2 239 Dedicated Hunters and 1 511 Dedicated Sport Shooters that still need to report further activity to retain this status. They are not compliant for this year. In a last attempt from our side to remind them to report the necessary activities, these members already received a SMS and e-mail to inform them that they are not compliant.

These are the members who will have their dedicated status terminated and the CFR will be informed in writing that they are no longer dedicated members of SA Hunters. They may be at risk of losing some of their firearms.
We regularly receive calls from either professional hunters or farmers that claim they hunt and shoot regularly. These activities are only valid if they are properly logged as shooting and hunting activities towards complying with the Act to retain your status as Dedicated Hunter or Dedicated Sport Shooter.

4. Sportskietnuus
Ingeperkte Skuts
Die gestremde of ingeperkte skuts wat lede is van SA Jagters sowel as ‘n groep nie-lede het hulle op 17 November 2017 op die Surefocus skietbaan meegeding. Daar was 17 deelnemers. Hugo Bekker het die Presidentskiet gewen terwyl Adriaan Rudolph as die mees veelsydige skut uit die stryd getree het. Baie geluk aan elkeen van hierdie deelnemers.

Ons bedank Impala Bullets, Zimbi, Surefocus en die baanoffisiere van die Piet Joubert Belangegroep wat hierdie groep skuts deur hulle passies gesit het en wat die dag en die pryse geborg het. Baie dankie vir u ondersteuning van hierdie groep skuts wat andersins dalk glad nie sou kon deelneem nie.

Ons sal graag hierdie kompetisies vanaf 2018 as nasionale kompetisies wou aanbied. Dit vereis deelname van minstens 20 ingeperkte of gestremde skuts. Ons nooi dus alle lede wat gestrem of ingeperk is om te kom deelneem. Die datums vir hierdie kompetisies sal voortydig bekend gemaak word om dit so gerieflik moontlik te maak vir alle deelnemers.

Gallery Sporting Rifle
Ons loods in 2018 die Gallery Sporting Rifle as ‘n afsonderlike skietdissipline met sy eie reëls. Teen die sperdatum van 30 November 2017, het 212 skuts reeds geregistreer om aan hierdie dissipline deel te neem.

Hou hierdie spasie dop. Ons sal lede op die hoogte hou van hoe hierdie nuwe kompetisie verloop.

5. Use of Ivory Inherited from Nico van Rooyen
In 2016, Congress granted approval to cut the ivory inherited from Nico van Rooyen and use it as handles for a range of commemorative knives and to manufacture jewellery. The necessary permits were obtained from the Department of Nature Conservation in Gauteng and the ivory was indeed cut into pieces.

The first set of commemorative knives made are known as the Doctari/Nico van Rooyen knives that are available on order. Each knife is hand-made. Therefore, a waiting period of approximately three months from the receipt of your order and payment to the date of delivery will apply.

Photographs of the knives are available here.

Only 150 of these knives will be made and each knife will be numbered. Should you wish to order one of these knives please do the following. Transfer R5 500 to the account of SA Hunters by means of an EFT. The account of SA Hunters is held at ABSA with the account number 01443990077. The Branch Code is 632005. Please use the following reference: Knife and your Cell Phone Number. Please forward proof of payment to admin@sahunt.co.za.

We received enquiries from members and knifemakers about purchasing pieces of the ivory to make their own knives. At its meeting on 16 November the Board decided not to make any pieces of the available ivory for sale.

6. Fotokompetisie
Die wenners van 2017 se fotokompetisie is aangewys. Gaste by die kongres het die foto’s wat tydens die ete op die groot skerms vertoon is baie geniet en ons het baie positiewe kommentaar ontvang. Die foto’s word in SA Jagters se fototeek opgeneem vir gebruik in aanbiedinge, en brosjures.
Hierdie kompetisie sal waarskynlik in 2018 weer aangebied word. Hou aan om die kameras te gebruik en hou hierdie spasie dop vir ‘n aankondiging oor die voortsetting van die kompetisie.

7. Database of Ballistic Fingerprinting of Firearms
In the draft amendment bill provided by the SAPS in 2015 a significant portion was allocated to the intended ballistic fingerprinting of all legally owned and licensed firearms.

SA Hunters, as one of a number of firearms user groups, sponsored a scientific research study undertaken by the well-known Dr David Klatzow to investigate the viability as well as reliability of ballistic fingerprinting of firearms.

The results of this study was made available in the form of an electronic book titled “Defective Science” on 4 December 2017. This clearly shows that ballistic fingerprinting of firearms and retention of these ballistic fingerprints of firearms in a database is not reliable and would largely be a waste of resources and time.

SA Hunters published a press statement in this regard. You will find the press statement here.

An electronic copy of the full book is available in PDF format on the web page of SA Hunters and you will find it here.

8. HuntEx 2018
HuntEx Gauteng will again be held at Gallagher Convention Centre in Midrand from 27 April to 1 May 2018. Pleas diarise these dates and plan accordingly.

9. Jaglisensies en Permitte
Elkeen van die Provinsies vaardig sy eie ordonnansies en jagregulasies uit wat dikwels wesenlik van mekaar verskil. Johann van de Giessen is besig met ‘n ontleding van die permitstelsel wat ons die vroeg in 2018 aan lede beskikbaar sal stel.
Sommige van die permitte en/of lisensie is beskikbaar by die kantoor van SA Jagters.

Jaglisiensies is gewoonlik beskikbaar b die kantore van die provinsiale departemente van Natuurbewaring. In die Noord-Kaap is jaglisensies by verskeie poskantore beskikbaar.

Die Poskantoor se databasis is op ons webwerf beskikbaar (onder: Regulasies en Proklamasies).

Die volgende lisensies is ook direk by SA Jagters se nasionale kantoor beskikbaar. Kontak Vanessa Bell direk by (012) 808 9306 of stuur ‘n e-pos na Vanessa@sahunt.co.za.

Provinsie Lisensies beskikbaar
Gauteng Slegs voëljag
Mpumalanga Slegs voëljag
Vrystaat Gewone wild en voëljag
KwaZulu Natal Gewone wild, beskermde wildspesies en voëljag
Oos Kaap Gewone wild en voëljag
Wes Kaap Gewone wild en voëljag
Noord Kaap Lisensies beskikbaar by sekere poskantore in die provinsie asook Centurion, Gauteng


Die volledige inligting oor die beskikbare lisensies en permitte is hier beskikbaar

10. History of SA Hunters
SA Hunters will be 70 years old in 2019. In 2016, we started with a process with Oom George Nell to compile the history of SA Hunters over this period with a view to publish a book in 2019, when SA Hunters reaches the ripe age of 70 years.
Oom George will appreciate any information on the Association, its activities, role-players and how the Association grew during the 70 years of its existence. He already received loads of information and documents kindly provided to him by members of SA Hunters. Please be patient while we peruse the documentation for inclusion in the book. He will take good care of your possessions.
Please contact Oom George at 082 926 9641 if you have any useful information.
11. Kommersiële sake
Soos gebruiklik, sluit ons skakels in na ons webwerf vir meer inligting oor spesiale aanbiedings vir SA Jagters se lede. Kliek op die skakel waarin u belangstel.
Ons sluit kort beskrywings in van spesiale boodskappe of inligting oor nuwe verskaffers wat afslag aan lede bied.
Die volgende leweransiers bied spesiale voordele aan lede van SA Jagters.

  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit
  • Action Ford       
  • Hinterland Groep
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark bied steeds 5% korting op hulle reeds goeie tariewe vir vleisverwerking aan alle lede van SA Jagters
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Heartech Gehoorbeskerming
  • Herlaaikursusse deur Cassie Nienaber

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

12. National Conservation Project

At the last Board meeting the SA Hunters Board decided to launch a national conservation project next year in support of the National Arbor Day (Nasionale Boomplantdag). More information on this project and on the national tree of the year for 2018 will be made available early next year.

13. Navrae na SA Jagters se Nasionale Kantoor
Dit gebeur gereeld dat enkele van die bestuurders algemene navrae ontvang en nie noodwendig die betrokke lid kan help met die inligting wat hy/sy benodig nie. Vir spoedige diens, maak seker dat u navrae na die regte afdeling verwys. Maak asseblief ook seker dat u u lidnommer byderhand het. Dit maak dit dikwels baie makliker om navrae te kan beantwoord.

Die kontaknommers en e-posadresse vir navrae is soos volg:
•    Navrae oor lidmaatskap, administrasie en finansies
Tel (012) 808 9300 vra vir Finansies: e-posadres: admin@sahunt.co.za
•    Navrae oor opleiding
Tel (012) 808 9300 vra vir Opleiding;  e-posadres: nic@sahunt.co.za
•    Vuurwapenhulplyn, endossemente, motiverings en navrae oor lisensie-aansoeke
Tel (012) 808 9300 vra vir Vuurwapenhulplyn; e-posadres: firearmsupport@sahunt.co.za
•    Toegewyde status en registrasie van aktiwiteite
Tel (012) 808 9300 vra vir Toegewyde Status;     e-posadres: dedicated@sahunt.co.za
•    Bewaringsaangeleenthede
Tel (012) 808 9300 vra vir Bewaring; e-posadres: vanessa@sahunt.co.za
•    Jagsake
Tel (012) 808 9300 vra vir Jagsake; e-posadres: johann@sahunt.co.za
•    Navrae oor Takaangeleenthede en verwante sake
Tel (012) 808 9300 vra vir Takaangeleenthede;     e-posadres: andrevdm@sahunt.co.za
•    Navrae t.o.v. skietsake en verwante aangeleenthede
Tel (012) 8089300 vra vir Skietsake; e-posadres: andrevdm@sahunt.co.za
•    Navrae oor enige aanlynstelsels, webwerf, tablette
Tel (012) 8089300 of e-posadres: martmarie@sahunt.co.za
•    Enige algemene of ander navrae
Tel (012) 8089300 of e-posadres: info@sahunt.co.za

14. Christmas Message from the President
The President of SA Hunters annually writes a specific Christmas message to members. Dr Gerhard Verdoorn has done so again this year and his message is available here. Please take the time to read his message at a time that is difficult for many of our members. It is a message of hope that may guide our behaviour during this period of goodwill, but also during some challenging times that may lie ahead.

15. Kantoor Sluit
SA Jagters se nasionale kantoor sluit op Vrydag 8 Desember 2017 en heropen op 10 Januarie 2018. SA Jagters is ‘n werkgewer en werknemers is nie net geregtig op verlof nie maar daar is ook ’n statutêre verpligting op werkgewers om toe te sien dat werknemers verlof neem.
Aan die van u wat self ook rustig gaan raak in hierdie dae wil ek net goeie dinge toewens. Mag die vrede en vreugde van Kersfees vir u en u geliefdes ook besondere betekenis inhou.

Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za