• SA Jagters Golfdag Junie 2017

    SA Jagters Golfdag Junie 2017

    SA Jagters het op Vrydag 9 Junie 2017 vir die eerste keer in die geskiedenis ‘n Gholfdag gehou. Hierdie dag is gehou Read More
  • SA Jagters Ledewerwing by HuntEx 2017

    SA Jagters Ledewerwing by HuntEx 2017

    SA Jagters het weer eens vanjaar by HuntEx Gauteng gehou te Gallagher Estate teen die einde van April ‘n spesiale poging aangewend Read More
  • First cheetah cubs born at Rietvlei Nature Reserve

    First cheetah cubs born at Rietvlei Nature Reserve

    Pretoria:  The birth of three cheetah cubs at Rietvlei Nature Reserve (RNR) south of Pretoria early in November 2016 has caused great Read More
  • 1
  • 2
  • 3

SA Jagters Golfdag Junie 2017

SA Jagters het op Vrydag 9 Junie 2017 vir die eerste keer in die geskiedenis ‘n Gholfdag gehou. Hierdie dag is gehou met die uitsluitlike doel om geld in te samel vir die Regshulpfonds van SA Jagters. Op ‘n koue Vrydagoggend het 120 spelers om 11h30 tegelyk afgeslaan op die gholfbaan van Wingate Park Country Club in Pretoria.

Teen ongeveer 17h30 is die laaste houe geslaan waarna die spelers effens kon verfris voordat hulle die ete, prysuitdeling en veiling bygewoon het. Die dag en aand het hoogs suksesvol afgeloop en in totaal is R 212 000,00 met die gholfdag en veiling ingesamel vir die Regshulpfonds van SA Jagters.
Ons het ‘n groot verskeidenheid pryse geskenk gekry en ook ‘n groot reeks donasies van items wat opgeveil is. Die donasies vir die veiling het gewissel van ‘n jaggeweer, ‘n verskeidenheid goeie wyne, ‘n geslypte diamant tot ‘n aantal jagpakkette. Die donasies wat die grootste pryse op die veiling gelok het was:

  • ‘n 9,3 X 62 Mauser jaggeweer gebou op ‘n oorspronklike Mauser aksie wat opgeveil is vir R 25 000,00 wat geskenk is deur John Brussel van Brussel Gunstockmakers in Parow.
  • ‘n geslypte diamant van 0,79 karaat wat opgeveil is vir R 18 500,00 en wat geskenk is deur Theo de Koker en geslyp is deur Fred van Wyk, met die bemiddeling van SA Jagters se Diamanttak.
  • Die besonderse bydrae van Sandrivier 58; Swartland en Overberg Takke van SA Jagters wat ‘n groot aantal donasies van besonderse wyne en ander items gewerf het wat opgeveil is en wat insigself ook ‘n groot bydrae tot die inkomste van die dag gelewer het moet verseker ook genoem word.

SA Jagters wil graag ook by wyse van hierdie artikel in die SA Jagter ons hartlike dank oordra aan elkeen van die spelers wat ingeskryf en aan die dag deelgeneem het, alle donateurs wat pryse geskenk het en ook diegene wat items geskenk het wat opgeveil is. Sonder julle ondersteuning sou dit nie vir ons moontlik wees om van hierdie dag ‘n sukses te maak nie. Baie dankie daarvoor.

Die uitdaging gaan nou wees om volgende jaar beter te doen.

Rate this item
(0 votes)

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za