• Court Application 2017

    Court Application 2017

    SA Hunters’ Court Application affects all legal Firearm Owners The South African Hunters and Game Conservation Association’s (SA Hunters) court application against Read More
  • Hofaansoek April 2017

    Hofaansoek April 2017

    SA Jagters se Hofaansoek raak alle Vuurwapeneienaars Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) se hofaansoek teen die Minister van Polisie oor Read More
  • First cheetah cubs born at Rietvlei Nature Reserve

    First cheetah cubs born at Rietvlei Nature Reserve

    Pretoria:  The birth of three cheetah cubs at Rietvlei Nature Reserve (RNR) south of Pretoria early in November 2016 has caused great Read More
  • 1
  • 2
  • 3

Kommersiële sake

Die volgende ondernemings bied spesiale aanbiedinge aan ‘n groot aantal van ons lede of aan die nasionale kantoor en ondersteun die aktiwiteite van ons lede sowel as die Vereniging op nasionale vlak.

Toyota SA

Lede van die SAJWV sal 0,5% korting se punte op hulle MyBonus-lidmaatskap kry by die aankoop van alle Toyota-produkte in die volle reeks van voertuie wat Toyota aanbied en sonder enige beperking op die getal voertuie wat gekoop word.  Let asseblief daarop dat MyBonus administrasiekoste verhaal van die korting toegestaan soos hulle met Toyota ooreengekom het.

Maak asseblief seker dat u met enige transaksie waar u enige Toyota-produk koop wel ’n afskrif van die faktuur binne die maand waarin die transaksie plaasvind aanstuur na MyBonus om te kwalifiseer vir hierdie voordeel.

Westvaal Nelspruit

Westvaal Nelspruit: Die Westvaal Groep in Nelspruit ondersteun SA Jagters met spesiale korting aan lede en hul direkte familie (ouers, broers en susters, kinders). Westvaal Nelspruit lewer voertuie regoor RSA af.

Westvaal Nelspruit maak die volgende spesiale aanbod aan lede van SA Jagters beskikbaar vir Mei en Junie 2017. 

9% afslag op alle Chevrolet, Opel en Isuzu modelle, uitgesluit Spesiale aanbiedinge:

  • Nuwe KB 250 Hi Rider Dubbel Kajuit  4x2  beskikbaar vanaf R324,900.
  • Chevrolet Trailblazer SUV beskikbaar vanaf R445,900.
  • Chevrolet Utility bakkie – vanaf R145,000  (termes & voorwaardes geld)
  • Nuwe Opel Mokka X 1.4 Turbo beskikbaar vanaf R299,900

Vir meer besonderhede skakel Jannie Nell by 082 854 8318 of Dwayne Santos by 072 341 4114 of skakel hul landlyn op 013 7575005

Action Ford

Action Ford se aanbieding vir Mei en Junie 2017:

Ranger 2.2 XL TDCi  vir slegs R 4 799.00 per maand teen 6.48% rente oor 72 maande. SA Jagters lede kry ook gratis 3 mm rubberlining.

Skakel vir Linda Botha van Action Ford by 086 022 8466 om meer hieroor uit te vind

Hinterland Groep

Hinterland Groep se aanbod van 10% korting aan SAJWV-lede op alle aankope in hulle wapenwinkels (Hinterland-kluise) gaan voort. Ondersteun hulle asseblief.

Wildman Hunting and Outdoor

Alle takke (franchises) van die Wildman Groep bied 3% korting op alle aankope aan lede van SA Jagters. Hierdie korting sal as beskikbare punte op die lid se MyBonus-rekening verskyn. Die volgende skakel neem jou direk na die elektroniese katalogus van Wildman wat die reeks van produkte beskikbaar maak.

Inyathi Sporting Supplies

Inyathi Sporting Supplies in samewerking met uitgesoekte handelaars bied ‘n spesiale aanbod op Nosler Custom Competition punte in die gewilde kalibers vir sportskiet. Hier is ‘n geleentheid om punte teen goeie korting te koop vir mense wat gereeld skiet en baie herlaai.

  • Inyathi Sporting Supplies (ISS) bied aan alle SA Jagters lede 10% afslag op Nosler Custom Competition koeëls. Sien pryslys hier.
  • Die promosie strek vanaf 1 April 2017 tot 31 Mei 2017 (2 Maande)
  • Net sekere handelaars kom in aanmerking vir die promosie – dit is handelaars wat reeds die reeks Nosler komponente in voorraad hou. Sien handelaars lys hier.
  • Indien daar ‘n Wapenhandelaar uitgelaat is in ‘n sekere gebied, is Takvoorsitters welkom om Inyathi Sporting Supplies te skakel (Retief Kruger – tel no: 087 945 0989 of 012 808 9911) en sal die wapenhandelaar op meriete deel word van die promosie

Hokaai Slaghuis

Hokaai Slaghuis bied 5% korting aan SAJWV-lede op alle aankope en wildsvleisverwerking by al hulle takke. Rig navrae aan Kenny Stanton by 079 900 5416.

Wildshoekie Vleismark

Die Wildshoekie Vleismark in Centurion bied 5% korting aan lede. Besoek http://www.wildshoekievleismark.co.za of Skakel Robbie by 082 297 8380 vir meer inligting.

LAVA Vakuumverpakking

Lava vakuumverpakking bied 5 % AFSLAG op enige aankoop van Vakuumverpakkingsmasjiene MET GRATIS koerier aflewering landswyd vir masjien en bykomstighede aflewering asook 10 % AFSLAG op enige aankoop van vakuum sakkies of enige ander Landig/Lava produkte

Vir meer inligting skakel 072 160 5556 of stuur ‘n e-pos aan info@lava-sa.co.za.

Selftrack

Selftrack bied aan lede ‘n voorkeurtarief van 10% korting op die standaardpryse van voertuig- en persoonlike opspoortoestelle. Selftrack gee aan gebruikers die vermoë om self hul voertuie of personeel na te spoor. Die nuutste rekenaartegnologie laat lede toe om outomatiese SMS alarms te ontvang van paniek, spoed, beweging, gevaarsones en ander belangrike insidente. Kontak Dirk Bekker by 0861 909 101, 076 944 2739 of e-pos na dirk@selftrack.co.za

Mainsu Kragopwekkers

Mainsu bied aan alle SAJWV-lede ’n voorkeurkorting van 5% op die gewone pryse van alle Gentech en Kipor kragopwekkers. Doen navraag by Fanie Swart by 082 901 7599 of fanie@mainsu.co.za indien u van hierdie geleentheid wil gebruik maak.

Heartech Gehoorbeskerming

Heartech Gehoorbeskerming: Custom Fit Silicone Hearing Protection offers their products at the discounted price of R600 per set for adults and R375 per set for children younger than 15 years. Non-electronic custom-fitted silicone hearing protection is available at R699 per set, upgradable to CENS electronic hearing protection. The SA Hunters or branch logo can be printed on the fillers.

SHOT BLOCK analogue custom electronic noise protection is available at R3 780 for both suppression and amplification. It is water resistant and uses size 13 batteries to provide 400 hrs continuous use.

Skakel Sean Stones by 071 473 6199 om van hierdie aanbod gebruik te maak. Sean is bereid om SA Jagters-takke regoor die land te besoek om inligtingsessies oor gehoorskade en gehoorbeskerming te gee en om sy produk bekend te stel.

Herlaaikursusse deur Cassie Nienaber

‘n Lid van SA Jagters, Cassie Nienaber bied gespesialiseerde herlaaikursusse aan. Die volgende kursus is 20 Mei 2017 in Benoni - Lading ontwikkeling met Quickload. Cassie bied 5% korting op sy standaardtarief aan lede van SA Jagters wat sy kursusse bywoon. Skakel hom by 0824125344 of stuur ‘n e-pos na cassie@mamba-reloading.co.za vir meer inligting.

Cassie bied ook landwyd kursusse aan in herlaai en Quickload-ladingontwikkeling in samewerking met takke.  Hy is beskikbaar vir kleiner groepe of een-tot-een opleiding.

  • Last modified on Monday, 08 May 2017 09:18
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za