• Court Application 2017

    Court Application 2017

    SA Hunters’ Court Application affects all legal Firearm Owners The South African Hunters and Game Conservation Association’s (SA Hunters) court application against Read More
  • Hofaansoek April 2017

    Hofaansoek April 2017

    SA Jagters se Hofaansoek raak alle Vuurwapeneienaars Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) se hofaansoek teen die Minister van Polisie oor Read More
  • HuntEx 2017

    HuntEx 2017

    HuntEx is an international consumer exhibition catering for hunters, sportshooters, game farm owners and game breeders, people with personal and defensive protection Read More
  • First cheetah cubs born at Rietvlei Nature Reserve

    First cheetah cubs born at Rietvlei Nature Reserve

    Pretoria:  The birth of three cheetah cubs at Rietvlei Nature Reserve (RNR) south of Pretoria early in November 2016 has caused great Read More
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4

Inyathipark Nuus - Julie 2016

Geagte Kollega,

Nadat afsprake met die Polisiebestuur op kort kennisgewing my minstens twee jaggeleenthede gekos het, het ek teen die einde van verlede week die geleentheid gehad om in die Bo-Karoo te gaan Springbok jag. Ek het my byna misgis met die koue front so net voor die naweek en het lank laas in temperature van 2º C vasgeloop.

Volgende Dinsdag is ’n openbare vakansiedag met Vrouedag op 9 Augustus 2016. Neem asseblief kennis dat die kantoor en ook die Jagterswinkel gesluit sal wees op Maandag 8 Augustus 2016 en weer vanaf Woensdag 10 Augustus soos gewoon gedurende besigheidsure oop sal wees.

Dan is Woensdag 3 Augustus verkiesingsdag en ook ’n openbare vakansiedag. Hopelik maak al die openbare vakansiedae net ons lede se jaggeleenthede bietjie meer.

1. Hofaansoek
Ons het steeds nie al die bylaes by die Minister se respons op ons funderende verklaring ontvang nie. Ten spyte hiervan gaan ons regspan voort om die repliek voor te berei sodat ons dit so gou moontlik kan finaliseer.

Alhoewel ons ook die versoek van Gun Free SA (GFSA) toegestaan het om te mag toetree tot die hofaansoek het ons ook steeds geen verdere dokumentasie ontvang van hulle kant nie.

Ons sal lede op die hoogte hou van die vordering. Ons voorsien dat SA Jagters se finale dokumentasie teen die einde van die maand afgehandel behoort te wees.

In reaksie op ’n vraag van Dr. Pieter Groenewald van die VF Plus aan die Minister van Polisie oor hoeveel vuurwapens aangemeld is as “gesteel” en “verloor” oor verloop van tyd, sal die onderstaande tabel insiggewend wees.

          Government Institutions
  Individuals Security Firms
Financial Year Lost Stolen Lost Stolen Lost Stolen
2010-2011 552 5502 66 926 336 1053
2011-2012 352 5252 49 939 281 1488
2012-2013 314 5706 45 927 400 2028
2013-2014 233 5194 41 796 199 1769
2014-2015 287 3028 34 412 42 373

Alhoewel die grootste getal vuurwapens duidelik van individue gesteel word, was die meerderheid van hierdie individue lisensiehouers. Die 3 028 gesteelde vuurwapens in 2014/15 is slegs 0,1% van die net meer as 3 miljoen gelisensieerde vuurwapens. Die kolom Government Institutions sluit die Weermag en Polisie in.

2. Refusal of Licence Applications
We are well aware of the fact that licence applications of some of our members were refused. The reasons given by SAPS were that SA Hunters was not an accredited hunting association. SA In spite of the fact that SA Hunters has been an accredited hunting association since 2003, SAPS still provides this incorrect reason for refusing licence applications. The most recent, to my knowledge was on 22 July 2016.

We deliberately requested the CFR to review all of these applications and to issue licences to those members that were refused for an inappropriate and wrong reason. The first of these refusals have since been granted.

If your licence application has been refused because SA Hunters was apparently not an accredited hunting association, please send us a copy of such refusal letter urgently. We want to put pressure on the CFR to review its decision and issue your licence without further delay. Please send a copy of the refusal letter to: Petrus Swart at petrus@sahunt.co.za

3. Aansoeke vir Herlisensiëring
Daar is steeds groot onsekerheid oor die situasie van lede met wapens waarvan die lisensies verval het en wat nie betyds aansoek gedoen het vir hernuwing van die lisensies nie. Onthou asseblief dat u tegnies onwettig in besit is van sodanige wapen. Moet asseblief nie onder enige omstandighede die vuurwapen gebruik nie.

Die terugvoer van ons van lede in die Wes-Kaap is dat die aangewese vuurwapenbeamptes (AVB) SMS-boodskappe stuur om hulle te kontak. Wanneer die lid wel met die AVB gesels, word hy/sy weer eens ingelig dat hy/sy onwettig in besit van die wapen is en dit moet kom inhandig of moontlik vervolg word.

There is still huge uncertainty about the correct process for late application for the renewal of a firearm licence. DFOs interpret the directives differently and provide different instructions or guidance to firearm owners. Any application for the renewal of a firearm licence that is submitted later than the 90 days prior to the date on which the licence lapses, but before the license lapsed, should be accepted by your DFO as a normal renewal application in terms of the guidelines provided by the SAPS, provided there is good reason for the application being late.
Members who

  • are told that their licence renewal applications will be treated in terms of Section 28 of the Act, and who are thus required to surrender their firearms or;
  • that are threatened with prosecution if they refuse to surrender such firearms or;
  • who are informed that they have to surrender the firearm to the SAPS and may then later on apply for the renewal of the licence

are requested to report all such incidents to info@sahunt.co.za. Please send your full name and surname, ID number, membership number, mobile phone number, the name of the police station and the name of the DFO that you worked with. Please also scan a copy of any letter you might have been given in this regard and forward it with your e-mail to the address above.

Practical Guideline on the Renewal of Licences
We have been asked by a number of members to provide a practical guideline on the process and documents required to relicense firearms. Practical guidelines for licensing and re-licensing are available under the Firearm Licensing section on the SAHGCA website.

We also had a couple of instances where members who applied for the renewal of licences after the licence had lapsed, were informed in writing that the application for renewal was refused, but that they could appeal against the decision. We wish to urge these members to actually appeal against the decision. We will provide support and assist with the appeal. Please contact Petrus Swart in this regard at 012 8089300.

All of the above clearly indicates that DFOs do not act consistently and they do not receive appropriate guidance from the Management at the CFR on how to address these matters.

4. Finansiering van die Hofaansoek
Ek het ’n tussentydse nuusbrief uitgestuur aan lede oor die 7X57 BRNO geweer wat een van ons lede geskenk het en wat uitgeloot word om bietjie geld bymekaar te maak om die regskoste van die Hofaansoek te finansier.

Please support our effort by buying a ticket to win this rifle. Every ticket will cost only R50. All you need to do is to pay R50 or any multiple of R50 into the account of the Legal Aid Fund of SA Hunters by means of an EFT. Provide your Membership Number and add BRNO as reference for the EFT. The closing date for this opportunity is on 15 September 2016.

The account of the SA Hunters Legal Aid Fund is held at ABSA and the account number is 9134305406. Please note that this account number differs from the account number used for the normal membership fees and other amounts to SA Hunters. When making your EFT please ensure you provide the information below as reference with a space between each of the following

  • Your SA Hunters Membership Number (Please ensure you provide the number correctly. It is the six digit number starting with a zero on the front of your membership card)
    BRNO

5. Kommersiële sake
Ons gaan soos in die verlede voort om inligting te verskaf oor ondernemings wat spesiale aanbiedinge aan 'n groot aantal van ons lede of aan die nasionale kantoor verskaf en die aktiwiteite van ons lede sowel as die Vereniging op nasionale vlak ondersteun.

Hokaai Slaghuis bied 5% korting aan SAJWV-lede op alle aankope en wildsvleisverwerking by al hulle takke. Rig navrae aan Kenny Stanton by 079 900 5416.

Die Wildshoekie Vleismark in Centurion bied ook 5% korting aan lede. Skakel Robbie by 0822978380 vir meer inligting.

Hinterland Groep bied 10% korting aan SAJWV-lede op alle aankope in hulle wapenwinkels (Hinterland-kluise). Ondersteun hulle asseblief.

Toyota SA: Lede van die SAJWV ontvang 0,5% korting se punte op hulle MyBonus lidmaatskap by die aankoop van alle Toyota-produkte in die volle reeks van voertuie wat Toyota aanbied en sonder enige beperking op die getal voertuie wat gekoop word. Hierdie aanbod geld ook vir vragmotors en is geldig tot einde Desember 2016.

Toyota SA skenk 0,5% van die netto waarde van elke Toyota-produk wat ‘n SAJWV-lid koop aan die Tinyarhi Trust wat die bewaringswerk van die SAJWV finansier. Hiervoor bedank ons Toyota SA opreg.

Maak asseblief seker dat u met enige transaksie waar u enige Toyota-produk koop wel ’n kopie van die faktuur binne die maand waarin die transaksie plaasvind, aan MyBonus stuur om te kwalifiseer vir hierdie voordeel.

Westvaal Nelspruit: Die Westvaal Groep bied minstens 9% korting aan SAJWV-lede en hul direkte familie (ouers, broers en susters) by die aankoop van enige nuwe Isuzu-bakkie. Westvaal Nelspruit sal ook voertuie regoor RSA aflewer.

Westvaal Nelspruit maak die volgende spesiale aanbod aan lede van SA Jagters:

  1. Isuzu KB 250 Hi Rider Dubbelkajuit met paaiement van R299 900. Hierdie prys is slegs geldig indien GM FINANCIAL SERVICES die aankoop finansier.
  2. Die nuwe Opel Astra “Europese motor van die jaar 2016” vanaf R254,000.

Skakel asseblief vir Jannie Nell van Westvaal Nelspruit indien u van hierdie aanbod wil gebruik maak. U kan ook (013) 757 5098 of 082 854 8318 skakel vir enige inligting sowel as kwotasies op enigeen van hulle produkte.

Action Ford: Action Ford sal tot einde September 2016 die naam van elke lid wat ‘n Ranger Bakkie koop, insluit vir ‘n gelukkige trekking waarin een persoon ‘n Mauser M 03 Africa model geweer kan wen.
Gedurende Augustus, bied Action Ford bied die volgende aan lede van SA Jagters:

  1. Die Ranger 2.2 Base Super Cab teen R219 900. (Normale prys R265 900) Beperkte voorraad beskikbaar.
  2. Die Ranger 2.2 XL Dubbelkajuit teen R224 900. (Normale prys R369 900) Beperkte voorraad beskikbaar.

Skakel asseblief vir Linda Botha van Action Ford by 086 022 8466 indien u van hierdie aanbod wil gebruik maak.

Selftrack: Selftrack bied aan lede ‘n voorkeurtarief van 10% korting op die standaardpryse op die aankoop van voertuig- en persoonlike opspoortoestelle. Selftrack gee aan gebruikers die vermoë om self hul voertuie of personeel na te spoor. Die nuutste rekenaartegnologie laat lede toe om outomatiese SMS alarms te ontvang van paniek, spoed, beweging, gevaarlike areas en ander belangrike insidente.

Selftrack kan ook by die huis of werk gebruik word om geliefdes en/of werkers se voertuie te monitor vir veiligheid en ander redes. Kontak Dirk Bekker by 0861 909 101, 076 944 2739 of e-pos na dirk@selftrack.co.za.

Kragopwekkers: Mainsu bied aan alle SAJWV lede korting van 5% op die lyspryse van alle Gentech en Kipor kragopwekkers. Kontak asseblief vir Fanie Swart by 082 901 7599 of by fanie@mainsu.co.za , indien u van hierdie geleetheid wou gebruik maak. Mainsu is in Pretoria geleë en verkoop, installeer, diens en herstel verskeie handelsmerke kragopwekkers soos Gentech, Kipor, FAW en Cummins. Die reeks sluit in petrol (digitaal, oop en stil) sowel as stil diesel kragopwekkerstelle van 220V (enkel fase) sowel as 380V (3 fase).

Gentech spesialiseer in draagbare petrol kragopwekkers, van 2.2 kVA tot 7.5 kVA. Kipor se kompakte stelle, an 1 kVA tot 100 kVA, isoleer geraas veral met hulle Ultra Silent eenhede wat besonderse stil loop. FAW se stelle word 100% in FAW se fabriek gebou en strek van 17 kVA tot 413 kVA. Alle kragopwekkerstelle kom met volkome gemoedsrus en landwye naverkope diens.

Heartech Gehoorbeskerming: Custom Fit Silicone Hearing Protection offers their products at the discounted price of R600 per set for adults and R375 per set for children under 15 years. Non-electronic custom fit silicone hearing protection is available at R699 per set, upgradable to CENS electronic hearing protection. The SA Hunters or branch logo can be printed on the fillers.

SHOT BLOCK analogue custom electronic noise protection is available at R3 780 for both suppression and amplification. It is water resistant and uses size 13 batteries to provide 400 hrs continuous use.

Skakel Sean Stones by 0714736199 indien u van hierdie aanbod gebruik wil maak. Sean is ook bereid om SA Jagters-takke regoor die land te besoek om inligtingsessies oor gehoorskade en gehoorbeskerming te gee en om sy produk bekend te stel.

Wildman Hunting and Outdoor: Alle takke (franchises) van die Wildman Groep bied 3% korting op alle aankope aan lede van SA Jagters. Hierdie korting sal as beskikbare punte op die lid se MyBonus rekening verskyn. Van Augustus tot en einde Desember 2016, sal die Wildman Groep enige geskrewe laer prys van ‘n ander handelaar ewenaar op voorwaarde dat hulle die betrokke produk in voorraad het.

Namens alle SA Jagters lede bedank ek graag vir Frikkie, Hennie en hulle span franchisees vir die ondersteuning aan ons lede.

Pensmis: Stories uit die Wild en Jagbedryf: Een van ons lede, Tuba van der Walt van Ludwigslust naby Musina skryf ‘n gereelde rubriek in Wild en Jag. Hierdie artikels is nou in 'n boek saamgevat. Tuba se skryfstyl lees lekker en hy huiwer nie om kwelvare op ‘n baie interessante manier aan te spreek nie. Die boekie verkoop teen R120 elk en hy gee afslag aan groepbestellings wat hy van SAJWV-takke ontvang. Kontak gerus vir Tuba of Retha by ludwigslust@xnets.co.za of 0792096233

Herlaaikursusse deur Cassie Nienaber: 'n Bekende lid, Cassie Nienaber, bied gespesialiseerde herlaaikursusse aan. Die volgende twee opleidingsessies vind onderskeidelik op 10 September 2016 en op 29 Oktober 2016 in Kemptonpark plaas. Cassie bied 5% korting op sy standaardtariewe aan lede van SA Jagters wat enige van sy kursusse bywoon. Skakel Cassie by 0824125344 of stuur ‘n e-pos na cassie.nienaber@gmail.com vir meer inligting.

6. Toegewyde Jagter en Sportskutstatus
Binne die volgende dag of twee moet ek die lys van 1 391 lede wat in 2015 nie enige aktiwiteite rapporteer het om hulle toegewyde status te behou nie aan die Sentrale Vuurwapenregister (SVR) rapporteer. Terselfdertyd sal ek ook die name van 1 146 lede rapporteer wat gesterf het, bedank het of wat ten spyte van herhaalde versoeke, nie hulle ledegeld betaal het nie en dus hulle toegewyde status verloor het.

Hierdie lede of gewese lede moet verwag dat enige Artikel 16 lisensie vir wapens wat hulle ontvang het vanweë toegewyde status wat SA Jagters uitgereik het, nietig verklaar sal word en dat hulle die wapens kan verloor.

7. 2016 Dedicated Hunter and Sportshooter Status
Onthou asseblief om u 2016 aktiwiteitsverslae om Toegewyde Status te behou voor 31 Oktober 2016 aan te teken. Ons moedig lede aan om self die aktiwiteite wat nie outomaties deur middel van die tabletrekenaars ingetrek word nie op die stelsel aan te bring.

We want to reduce the number of activity reports that we receive via e-mail and/or fax and request members to update their activity logs online.

Members logging in for the first time, must type their 6-digit SA Hunters membership number in both the Member no and Password fields. The system will guide you through the password reset process. You will need access to either your e-mail or mobile phone number registered with us on your SA Hunters member profile to complete this process. After logging in, a link to the user manual is available at the bottom of your ‘Member profile’ page. Members can also contact Mart-Marie on 083 2688 622 for assistance on the members administration system.

Shooting Activities at Other Clubs or Associations
By now you should be aware that SA Hunters will also recognise shooting activities at other accredited associations, as well as formally registered shooting clubs, as activities to maintain Dedicated Sportshooter status. Please log these activities on the system to ensure you retain your status.

8. MyBonus Lidmaatskap
Soos reeds weet is alle lede van SA Jagters ook lede van die MyBonus lojaliteitstelsel en hulle reeks vennote. MyBonus is gekontrakteer om lede van SA Jagters se lidmaatskapkaarte te druk en aan die lid te stuur. Die vennote van MyBonus bied aan SA Jagters lede lojaliteitspunte en korting met enige aankope. Hierdie punte kan weer vir produkte by die vennote omgeruil word of u kan selfs u lidmaatskap van SA Jagters betaal deur die lojaliteitspunte te gebruik.

Tot dusver het ons MyBonus verbied om direk met lede te kommunikeer maar hulle sou graag sekere inligting soos lede se puntestaat en nuus oor nuwe vennote en die spesiale voordele wat MyBonus-vennote vir SAJWV-lede aanbied, aan lede wil deurstuur. Indien u nie hierdie kommunikasie wil ontvang nie, kliek asb. hier op ”DEREGISTREER” om nie direk enige verdere kommunikasie van MyBonus te ontvang nie.

We prohibited MyBonus to communicate directly with SA Hunters members. However, they wish to forward certain information such as points statements, new partners and special offers from their partners to members of SA Hunters directly. If you do not want to receive this information from MyBonus please “UNSUBSCRIBE” here to stop receiving any information directly from Mybonus.

9. Skietsake
Internasionale Sportskietkompetisies
SAJWV bied in Oktober 2016 weer 'n internasionale Ope Gallery Rifle 1500 skietkompetisie in Welkom aan. 'n Jaggeweer 'Sporting Rifle' kompetisie vind ook by Duiker-tak in Balfour plaas. Daar sal geleentheid wees vir individue en spanne om aan hierdie internasionale Gallery Rifle kampioenskap in Welkom deel te neem.

Intertak Spanskiet
Die Nasionale Intertak Spanskiet vind vanjaar op 13 Augustus op die skietbaan van Vrystaat Sandveld-tak plaas. Die top 30 spanne is reeds genooi en het die uitnodigings aanvaar. Sterkte aan diegene wat aan een van ons grootste skietkompetisies gaan deelneem..

Langafstandskiet
Die Langafstandskiet vind op 27 Augustus 2016 op die Piet Joubert-skietbaan plaas. Hierdie skietgeleentheid word vanaf vanjaar as ’n pretskietgeleentheid aangebied en daar sal voortaan op kolteikens in plaas van diereteikens geskiet word.

SA Jagters se Eie Skietbaan
Vrystaat Sandveld-tak was suksesvol om ‘n langtermynhuurooreenkoms vir ’n periode van 25 jaar teen die titelakte van die eiendom te registreer waar hulle skietbaan geleë is. Dit bied sekuriteit dat die eiendom nie summier vervreem kan word nie en gee aan SA Jagters die geleentheid om sy eerste eie skietbaan te ontwikkel soos die beleid voorsiening maak.

SA Jagters en Sandveld-tak sal die baan en fasiliteite ontwikkel tot ‘n vlak om internasionale en nasionale skietgeleenthede te kan akkommodeer. Ons sal lede op die hoogte hou van vordering met hierdie ontwikkeling. Hierdie skietbaan is ook baie sentraal geleë wat dit ’n ideale plek maak om nasionale skietkompetisies aan te bied.

10. Firearm Licences that Lapse
Please remember that all new licences expired at some point. The section 13 licences issued for self-defence firearms are valid 5 years only. Section 15 and 16 licences issued for hunting firearms are valid for 10 years. We remind members to check the expiry dates on their licences and to apply for the renewal of a licence at least 90 days prior to the date on which the licence expires.

It is human to forget information we do not deal with on a daily basis. To make things easier, we created the facility to register firearms licences on the membership profile on our system. Members can access their profiles via the web page and enter the detail of all their firearm licenses on the system. Members will receive an automated SMS 120 days before any one of their licences lapse and again 100 days before the licence lapses.

To register your firearms licences, log in on the online member administration system and select the Firearms & Endorsements section on the left hand menu. You will find the option to register your firearms and licence expiry dates on this page.

11. SAJWV Lidmaatskap
Onthou asseblief dat elke lid van SA Jagters wat 10 of meer lede vir die Vereniging werf sy/haar lidmaatskap gratis kry vir die volgende jaar. Takke wat nuwe lede werf sal ook R100 van die nuwe lid se ledegeld ontvang, bo en behalwe die taksubsidie ten opsigte van die nuwe lid.

Onthou dat ons nie beide insentiewe ten opsigte van ’n nuwe lid kan verskaf nie. Dit is óf die Tak óf die lid wat die aansporing ontvang vir die nuwe lid gewerf.

Our membership increased slightly to 40 408 at the end of July 2016. Please help us to increase our membership numbers, because it strengthens the Association in representing hunters, firearm owners and conservationists.

12. Jagsake
Hunting Licences
Some game and bird hunting licences are available from the SAHGCA national office. Members can contact Vanessa Bell on (012) 808 9306 or Vanessa@sahunt.co.za for more information. The table below indicates which licences are available from Vanessa.

Province Type of Licence Available
Gauteng Bird hunting licences only
Mpumalanga Bird hunting licences only
Free State Game and game bird hunting licences
Kwa/Zulu Natal Ordinary game licences, bird hunting licences and protected game licences
Eastern Cape Game and bird hunting licences
Western Cape Game and bird hunting licences
Northern Cape Licences are only available at selected Post Offices countrywide. Contact Vanessa for a list of these Post Offices where the licenses could be obtained

13. Kontakdetail van Lede
Daar is ongeveer 4 956 lede vir wie ons nie korrekte e-posadresse op rekord het nie. Ons sal weer eens hierdie lede per SMS versoek om hul e-posadresse self op die aanlyn lede-databasis reg te stel, of die korrekte inligting per e-pos na die kantoor te stuur. Kantoorpersoneel sal ook weer hierdie lede begin skakel om hulle korrekte besonderherde te kry.

Die reaksie tot dusver was baie positief en ons bedank lede hiervoor. Dit maak dit makliker om met lede te kommunikeer wanneer ons korrekte e-posadresse en telefoonnommers het. Ons versoek alle lede om hulle kontakbesonderhede op die SA Jagters webwerf na te gaan en op datum te bring waar nodig.

14. Registration of Professional Hunters, Outfitters and Professional Hunting Trainers
Last week the Minister of Environmental Affairs Edna Molewa submitted the proposed regulations for registration of Professional Hunters, Outfitters and Trainers of Professional Hunters to the National Council of Provinces for approval.

The requirements can be viewed here.

As soon as these regulations are implemented, professional hunters can register on a national list for Professional Hunters, Hunting Outfitters and Training Institutions that provide training to professional hunters.

15. Fotokompetisie
Die SAJWV maak gereeld gebruik van foto’s in aanbiedings by verskeie geleenthede en ons moet dikwels foto’s van ander verskaffers koop, bedel of smeek om te kan gebruik. Ons glo dat lede waarskynlik ‘n magdom goeie foto’s beskikbaar het wat ons by hierdie geleenthede sou kon gebruik. Ons nooi alle lede en takke van die Vereniging uit om deel te neem aan SA Jagters se Fotokompetisie sodat ons ‘n klompie foto’s kan versamel wat die Vereniging (met die toestemming van en erkenning aan die fotograaf) sal kan gebruik.

Die doel van die kompetisie is om ‘n portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat ons dit onder andere tydens die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon. Die naam van die fotograaf en die tak waaraan die lid behoort, sal by die foto verskyn.

Aan die einde van elke maand sal ons foto’s kies om by hierdie portefeulje in te sluit en dit ook op www.sahunters.co.za publiseer. Lede sal ook erkenning ontvang in die vorm van goud, silwer of brons sertifikate.

Die kategorieë vir die kompetisie is:

  1. Die moeite werd om te bewaar. Enige plant- of dierelewe wat na jou mening die moeite werd is om te bewaar.
  2. Dis hoekom ek jag. Wat maak jou jagtog soveel méér as net skiet.
  3. My tak is die beste. Hoekom jy dit geniet om aan jou SA Jagters-tak te behoort.

Lees gerus hier op ons webwerf meer hieroor en ook hoe om in te skryf.

Die finaliste van Julie se fotokompetisie se foto’s kan hier gesien word

16. Theft of Firearms
We have been approached by a couple of members whose firearms had been stolen from locked vehicles. Please remember that a firearm must be under your personal control at all times. It must be personally carried by you or secured in a safe that meets the required specifications. A firearm left in a locked vehicle is not deemed to be under your control unless you are in absolute control of such vehicle. Section 120 (8) is explicit in stating that a person is guilty of an offence if he/she loses a firearm due to failure to lock away the firearm or to take reasonable steps to prevent the loss of a firearm.

Please be extremely careful in this regard. If you have a firearm in your vehicle and you cannot take it with you, ensure that you do not leave the vehicle unattended. You may also be declared unfit to possess a firearm if a firearm is stolen from your vehicle while not under your direct control.

17. Hunting Licences and Permits and Permission to Transport and/or Process Meat
I urge all members of SA Hunters that go hunting to ensure you have all the required permits and/or licences while transporting venison or game carcasses. Chris Jennings of KZN Hunters informed us that a group of hunters had been stopped in a routine road block after a very successful hunt in KZN. They transported 12 carcasses of game animals but because they did not have the required “permission to transport meat”, they were fined R500 per carcass. This could add a substantial amount to the cost of your hunt. It is certainly much cheaper to just ensure that you have the correct documentation and authorization required. Rather ask the landowner to assist you in ensuring you have all necessary documentation before departure.

If you have your meat processed a butchery the owner should have a copy of your permit to enable him to process your meat legally. Without the copy of such a permit the butcher may be liable of contravening nature conservation legislation applicable to that province.

18. National Congress, Dates, Nominations for Awards and Election

Preparation for our annual Congress has started and we sent the first notifications to Branch Chairmen and Regional Co-ordinators.

The Congress will be held on 4 and 5 November 2016. The National Branch Chairmen’s Forum and the Congress Dinner will be held on 4 November and the AGM will take place on 5 November 2016.

Members are invited to nominate individuals to be considered for receiving any of the annual SA Hunters' awards. More information about these awards and the requirements are available at the Branch Chairmen. Members are also invited to nominate individuals for election as President, Deputy President and Vice President Shooting Affairs. The nomination forms and procedure to be followed is also available at the Branch Chairmen.

Best wishes and good hunting
Fred Camphor
SA Hunters: CEO

  • Last modified on Friday, 12 August 2016 10:56
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za