Hunting Articles

It is crucial that a healthy relationship prevails between hunters and game farm owners to ensure the future of hunting as individual hunters and members of SAHGCA envisage it.

When the hunter and game farm owner are both satisfied at completion of the hunt, and with the impression that they enjoyed value for money, it was a successful transaction that can in some cases even be the beginning of a life-long friendship.

Kevin Costner’s epic movie Dances with wolves showed heart-breaking scenes of hundreds of dead bison on the prairie, slaughtered for their skins and tongues by the American frontiersmen. Later scenes showed the Sioux hunting them and how a young man nearly fell victim to a wounded bison. Lieutenant Dunbar dropped the beast a few feet in front of the young brave and saved him from being gored by the bison.

The memories of my hunting trips over the years reminded me of the role that hunting guides or trackers play. Many of us visit hunting destinations where the hunting guide can be anyone from a regular farm labourer who knows the farm well to a well-trained guide.

The minimum requirement for a well-trained guide in the Bushveld is the ability to communicate in English or Afrikaans (what a pity that so few hunters speak an indigenous African language). Other requirements include good general knowledge of the vegetation, animal behaviour, tracks and scat; keen sense of observation; optimal use of wind and sun; the ability to move slowly and quietly; tracking and locating targeted game; assisting the hunter to get in the correct position for the shot; tracking and locating wounded animals; using a two-way radio; and proper hygienic carcass processing e.g. correct caping of trophy animal without damaging the skin.

Die aangename herinneringe van die afgelope jagseisoen het my weer laat nadink oor die rol van jaggidse. Baie van ons jag op plase waar die gidse wissel, van ’n gewone plaaswerker wat bloot die rol vervul omdat hy die plaas ken, tot ’n opgeleide gids. Die vereistes vir ’n goed opgeleide gids gedurende bv. ‘n Bosveld jag is die vermoë om ten minste met die jagter in Afrikaans of Engels te kan kommunikeer (so jammer dat só baie van ons as jagters nie ’n swart taal magtig is nie), goeie algemene kennis van die plantegroei, die diere se gewoontes, spore en mis, fyn waarnemingsvermoë, korrekte gebruik van die wind en son, die vermoë om stadig en sag te beweeg, spoorsny en opspoor van die teikenwild, vermoë om die jagter in ’n gunstige posisie te kry vir ’n skoot, spoorsny en die opspoor van gekweste wild, hantering van ’n tweerigting radio, behoorlike en higiëniese slag van diere indien daar nie spesifiek slagters vir die doel op die plaas is nie en die vermoë om bv. die kopvel of masker van ’n trofeëdier volgens die korrekte tegnieke, sonder skade aan die vel, af te slag.

Die vennootskap en ’n gesonde verhouding tussen die jagters en wildplaas-eienaars, is uiters belangrik om die langtermyn toekoms van jag, soos individuele jagters en lede van die SAJWV dit ken, te verseker.

Indien die jagter en die wildplaas-eienaar na ’n jagtog tevrede is en elk voel dat hulle waarde vir geld gekry het, was die transaksie suksesvol en lei dit soms tot ’n lewenslange vriendskap.

Met die 2007 jagseisoen op ons drumpel is baie jagters reeds besig met hul voorbereidings, al is dit net met die beplanning van ’n jagtog of twee, drie. Van my beste jagherinneringe is die van voorbereiding en jag saam met my pa as skoolseun. Die opgewondenheid en afwagting soos daar deur die proses gevorder word van die aankondiging deur Pa, die beplanning, die pak van die kortwielbasis Landrover bakkie, die rit na die jagplaas (gewoonlik baie vroeg op ’n koue wintersoggend), die afpak en die jagervaring. Die slaap saam met pa, broer en later swaer in ’n kermisbed onder die sterrehemel in ’n sanderige rivierbed en die Bosveldfisante wat jou met dagbreek luidkeels wakker kekkel. Die trots wanneer aan jou as 14-jarige seun ‘n 1000 hektaar kamp vir die dag toegeken word en jy self besluit hoe laat jy terug kamp toe kom met jou eie jaggeweer oor jou skouer. Jy is maar te bewus dat daar baie verantwoordelikheid saamgaan met die voorreg, soos onder andere, verantwoordelike vuurwapen-hantering en dat indien jy wel skiet, jy sal moet verslag doen vir elke skoot!

Page 1 of 2