SA Hunters Wildlife College Dangerous Game Hunting Training

  • Wednesday, 01 March 2017 10:49
  • Published in Other
  • Read 14999 times

Die ontwikkeling van 'n kursus in die jag van gevaarlike wild is 'n gesamentlike inisiatief van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging en die Wildlife College. Die kursus bied aan toegewyde jagters die unieke geleentheid om teoretiese kennis oor die jag van gevaarlike wild en praktiese vaardighede in 'n groot 5-gebied op te doen.

Dr. Kevin Robertson, ook bekend as Doctari, skrywer van verskeie gesaghebbende publikasies oor skootplasing waaronder The Perfect Shot, is die hoof van die departement. Die kursus bied aan lede met toegewyde jagterstatus die geleentheid om opleiding te ontvang onder die bekwame toesig van spesialiste ter voorbereiding van die jag van gevaarlike wildspesies, nl.: olifant, buffel, leeu, luiperd, krokodil en seekoei.

Die kursus vind plaas by die Southern African Wildlife College se opleidingsentrum in die groter Kruger Nasionale Wildtuin. Die Kollege is geleë langs die R531 naby Orpen-hek. Slegs ses deelnemers per kursus word toegelaat om persoonlike aandag te verseker.

Kyk gerus na die video:

LET WEL: BELANGSTELLENDES MOET OOR SAJWV TOEGEWYDE JAGTER STATUS BESKIK ASOOK HULLE EIE TENT BRING

Sien asb, die aangehegte dokumente vir meer inligting asook die 2018 kursusdatums.

Vir besprekings, skakel Marika by 012 808 9338 of stuur ʼn e-pos aan marika@sahunt.co.za

Rate this item
(0 votes)
  • Last modified on Wednesday, 06 June 2018 11:44
  • font size

Head Office - Hoofkantoor

Inyathi Park
Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, South Africa
    South Africa: 0861 SAHUNT (724 868)
    International: +27 (0) 12 808-9300
 admin@sahunt.co.za