Back to map Transvaal

Randfontein

Chairperson / Voorsitter:
Ria Zeelie (083 390 8465)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Bestuur

Voorsitter: Ria Zeelie
Ondervoorsitter: Herman Kriel
Sekretaris en tesourier: Amanda Fürstenburg
Skietkoördineerder: Fred Jooste
Skietkoördineerder, jaggeweer: Deon Smal
Skietkoördineerder, handwapen: Justin Slabbert
Skietkoördineerder, randslag: Berty Thompson
Senior opleier: Ben Herbst
Junior opleier: Christie Venter
Adjunk junior opleiers: Wesley Reid en Rejaun Snoer
Adjunk senior opleier: Chris du Plooy
Trofeebeampte: Vakant
Jagkoördineerder: Andre Schoombee
Bemarkingsbestuurder: Antoinette Schoombie
Bewaringskoördineerder: Stephan du Toit
Adjunk-bewaringskoördineerder: Martie Jonker
Haelgeweer-skietkoördineerder: Johan de Jager
Adjunk haelgeweer-skietkoördineerders: Daneel Louw

Algemeen

NB: Alle SA Jagters se aktiwiteite is voorlopig opgeskort weens die kandwye inperking om die
verspreiding van Covid-19 te bekamp. 
Enige veranderinge in die situasie sal aan takke deurgegee word.

En nog steeds kan ons nie vergaderings hou nie, want die tempo waarmee die Covid-19 pandemie toeneem, is onrusbarend.
Ons vertrou dat al ons lede nog gesond en veilig is en sal ook uitsien na ‘n lekker saamkuier sodra ons kan.

Skiet- en jagtaangeleenthede

Heelwat van ons lede het wel die geleentheid gehad om te kan jag en dit bly altyd ‘n voorreg om so bietjie wildsvleis
in die huis te kan hê.  Met die eerste skietdag sal daar beslis ‘n paar jagstories uitgeruil word.
 Al ons jagters benut hierdie tyd by die huis om hul ammunisievoorraad na te gaan en om te herlaai
. As jy kyk na die sosiale media is dit verskriklik moeilik vir die skuts om nie kruit te ruik nie en ons glo
die eerste skietdag sal baie goed bygewoon word.

Bemarking
Daar is ‘n verskeidenheid hoedjies en  hemde  op bestelling beskikbaar by die administratiewe tafel met elke ledevergadering.
Kom ondersteun ons gerus.

Opleiding
Ons het nie vir hierdie jaar spesifieke datums vooruit bepaal vir opleiding nie, maar ons bied van tyd tot tyd opleiding aan vir
toegewyde jagter en sportskutstatus, herlaai van ammunsie, en baanoffisiere.
Rig navrae aan die takkantoor.

 Program 2020 (Alle aktiwiteite is voorlopig gestaak)

Ons plaas nie nou die aktiwiteite vir Augustus nie, aangesien die einde van die inperking nog nie in sig is nie en daar nie ‘n
aanduiding is wanneer ons weer die tak aktiwiteite kan voortsit nie.

2 Julie Ledevergadering
11 Julie Skietoefeninge B
28 Julie Bestuursvergadering