Back to map Namakwa

Springbok

Chairman / Voorsitter:
Carel Oberholzer (082 805 0181)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 Bestuurskomitee

 

PORTEFEULJE NAAM EN VAN SELFOON NR E-POS
Voorsitter Carel Oberholzer 082-805-0181 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Ondervoorsitter Andre Smith 082-445-1456 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Tesourier Kobus Nel 083-633-4190 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Sekretaresse Ronel Groenewald 082-496-3710 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Kommunikasiebeampte Carel Oberholzer 082-805-0181 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Opleiding Seniors      
Opleiding Juniors Jimmy Dippenaar 079-502-7764 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Skietkoordineerder Jimmy Dippenaar 079-502-7764 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Bewaringskoordineerder Karel du Toit  082 492 8291  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. 
Sosiale koordineerder Andre Smith 082-445-1456 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Trofeekoordineerder Carel Oberholzer 082-805-0181 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Ledesake Ronel Groenewald 082-496-3710 This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 Algemene nuus

Ons is reeds volstoom aan die gang vir die jaar en Februarie se skietdag is dan ook afgehandel. Die Tak se bestuurskomitee het Dinsdag 18 Februarie vergader.

Bewaring

Gedurende die week van 16 Maart verwag ons ‘n besoek van Lizanne Nel, bestuurder bewaring van SA Jagter se nasionale kantoor. Ons beplanning is om vir twee aande by die Richtersveld Nasionale Park te oornag waar ons met die hulp van verskeie rolspelers ‘n langtermyn bewaringstrategie sal beplan. Tans is die diefstal en smokkel van ons vetplante uit ons omgewing ‘n wesenlike probleem waarop ons sal fokus. Ons wil graag ‘n bestaande rehabilitasiesentrum te Sendelingsdrift ondersteun en verder ontwikkel. Fondse bly altyd ‘n faktor en saam wil ons ‘n werkbare plan uitwerk..

Skietsake

Ons het op Saterdag 15 Februarie ons maandelikse skietdag gehou waartydens die rooijakkals (HG05) en rooibok met rus Rooibok met Rus (HG03), en handwapen vir pistool en rewolwer (SG01) ook aangebied het. Die weer as uitstekend en die skuts het tellings geskiet met ʼn hele aantal wat gekwalifiseer het vir goud en silwer balkies. Donnie van der Westhuizen het ook ‘n langafstand kwalifikasieskiet vir 1000m gedoen met 4 uit 5 raakskote. Hy het sy langafstand pet en wapen verdien! Geluk Donnie!

Ons volgende skietdag is op 28 Maart in samewerking met die Gamoep Boerevereniging. Dit is altyd uitdagend en ‘n dag om te geniet saam met die boere! Ons het gewoonlik so 5 ghongbane en ‘n langafstandbaan en die formaat hierdie jaar sal baie dieselfde wees. Moenie dit misloop nie, al kom jy net vir die braaivleis!

Ander nuusbrokkie 
 Die eerste bestelling vir takhemde en nog pette is ingedien en ek hoop om binnekort verskeie trotse eienaars met ons nuwe hemde op die skietbaan te sien. (Bestelvorms is nog steeds beskikbaar by my en Ronel.)
Lees asseblief alle kommunikasie vanaf SA Jagters soos u dit ontvang en fokus veral op die amnestie-inligting. Dit kan ‘n groot impak op u vuurwapeneienaarskap hê en wees asseblief vertroud met die proses.
Ons haelgeweer baan is dan nou ook in gebruik en die nuwe trap masjiene in die skiethuise werk sommer puik.
 Ons werk daaraan om ons eerste MDS-baanoffisiere gereed te kry. Meer inligting hieroor volg eersdaags.

Opleiding
Opleiding vir toegewyde sportskutstatus duur voort op ‘n ad-hoc basis. Tot dusver vanjaar is die aanvraag redelik stil, maar ons is reg sodra die belangstelling weer opkikker.

Program


28 Maart:          Gamoep Boereverniging Veldskiet, by Gamoep 
18 April:            .22 (SG04) en handwapen (SG01) 
16 Mei:             Toyota Borgdag - Veldskiet/ghongs