Back to map Genl De La Rey

Lichtenburg

Chairman / Voorsitter:
Jors Swanepoel (083 643 2591)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Website / Webwerf

Bestuur

Takvoorsitter: Jors Swanepoel
Ondervoorsitter:  Jacques de Wet
Sekretaris:  Jolanda Haasbroek
Tesourier:  Riaan Kriel
Kommunikasiebeampte:  Gerda Swanepoel
Senior opleier:  Jaco Alberts
Junior opleier:  Yolanda Markram
Jagkoördineerder: Jaco Alberts
Skietkoördineerder:  Riaan Kriel
Bewaringskoördineerder:   John en Yolanda Markram
Sosiaal:  Hardus Coertze
Webwerf: Gerda Swanepoel
Nuwe lede admin: Gerda Swanepoel

 

Algemene nuus

Ons Algemene Jaarvergadering het op 14 Augustus 2019 plaasgevind. Baie geluk aan die bestuur wat vir die volgende termyn verkies is.

Genl. de la Rey-tak spits hom toe op die ontwikkeling van skiet en die opleiding van juniors. Ons bied skietdae aan wat hoofsaaklik borg-skietdae is en ons probeer om vir ons lede die skietdae so lekker moontlik te maak. Pretskiet geniet veral prioriteit op ons program. Genl. de la Rey-tak het in die afgelope paar jaar ook ‘n hele paar topskuts opgelewer. Ons is ‘n trotse klub, onderhou en verbeter ons skietbaan op ‘n maandelikse basis.

Skiet- en Jagaangeleenthede
Gereelde skietdae word gehou. Die Nasionale Spanskietkompetisie op Soutpan is gewen deur ons Molon Labe-span. Molon Labe het ons waarlik trots gemaak en hul harde werk word baie waardeer. Vyf van ons skuts het deurgedring na die Nasionale Presidentskiet. Baie sterkte aan julle ook.
Ons NWK Kopskietkompetisie vind op 27 Oktober 2019 plaas. Die inskrywings stroom reeds in en ons 420 plekke vir hierdie kompetisie word weer opgeraap.

Jaco Alberts is aan die stuur van jagsake en trofeemeet. Lede kan hom gerus kontak vir enige navrae

Opleiding
Junior opleiding word een keer per maand op ‘n Vrydagmiddag aangebied. Alle juniors is welkom om hierdie geleenthede by te woon.
Inligting oor opleiding in toegewyde status is by die kantoor beskikbaar.

Bewaring
John en Yolanda Markram behartig bewaringsaktiwiteite en fokus veral op ons junior lede.
Aasvoëlprojek: Indien daar nog lede is wat nie weet hoe om van hul karkasse ontslae te raak nie, onthou om ons te kontak om hierdie projek te ondersteun.
Lede wat belangstel om deel te word van die projek op ‘n ander wyse word ook hartlik uitgenooi om deel te neem.
‘n Boomplantdag word op 6 September beplan wanneer ons 12 bome sal plant.

Aktiwiteite
Aktiwiteite word deurentyd aangebied. Kom neem gerus deel. Lede met toegewyde status word herinner om teen 31 Oktober al hulle aktiwiteite aan te teken ten einde hul toegewyde status te behou.

Program

31 Augustus Opleiding: Pistool -  Dirk van Schalkwyk-skietbaan
7 September G3/Palkor Borgdag - Dirk van Schalkwyk-skietbaan
14 September SAPSA pistoolskiet - Dirk van Schalkwyk-skietbaan
14 September G3/Palkor Borgdag - Dirk van Schalkwyk-skietbaan
21 September Semi-outo skietoefeninge - Dirk van Schalkwyk-skietbaan
28 September FNB Uitdaag Spanskiet - Dirk van Schalkwyk-skietbaan
4 Oktober Junior opleiding, Genl de la Rey Klubhuis
5 Oktober SAPSA Pistoolskietdag - Dirk van Schalkwyk-skietbaan
19 Oktober Verdiend Takskietdag, Verdiend-skietbaan
26 Oktober NWK Retail Kopskietdag  - Dirk van Schalkwyk-skietbaan