Back to map Duiker

Balfour

Chairman / Voorsitter:
Gerhard Harmse (084 206 4452)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Bestuurskomitee

Voorsitter Gerhard Harmse 084 206 4452 
Ondervoorsitter Pieter de Villiers 082 895 8442
Tesourier Theo Pretorius  
Sekretaris Lemont Kriel  
Skietkoordineerder Chris du Plessis  
Senior opleier Danie Bester  
Junior opleier Ignatius Ellis  
Junior opleier Willie du Plessis  
Trofeebeampte Ruan Botha  
Bewaring Theo Pretorius  
Skietbaan Chris Diedericks  
Gekoopteerde lid Frikkie Botha  
Sosiaal Johan Viljoen  

 

Algemene nuus

Veels geluk aan Willie du Plessis wat verkies is as ‘n addisionele bestuurslid vir junior opleiding en aan Danie Bester wat voortaan die portefeulje vir senior opleiding sal behartig.

Duiker-tak bied op 19 Oktober ʼn kopskietkompetisie by Hoërskool Balfour aan as deel van ʼn fondsinsamelingsprojek.

Skietaangeleenthede
Dankie aan al die lede wat die tak se skietdag op 14 September bygewoon het. Veels geluk aan die volgende senior lede wat presteer het gedurende die skietdag nl: BJ Bezuidenhout, CF Holder, DJ Bester en GP Harmse. Hierdie manne het almal 1ste, 2de en 3de plekke behaal in die SG05&6 A&B semi-outomatiese skietoefeninge. In die SG01 A&B oefeninge het BJ Bezuidenhout, CF Holder en GP Harmse almal goed presteer. In die vlakvark-skietoefening het JH Barnard, GC van den Merwe en BJ Bezuidenhout die 1ste, 2de en 3de plekke los geskiet. In die jakkals-skietoefening het E Brink, BJ Bezuidenhout en mej M Nel onderskeidelik 1ste, 2de en 3de geeindig.

Nasionale President skietbyeenkoms: Duiker-tak wens sewe van ons lede geluk met hulle deelname aan die individuele nasionale President skietbyeenkoms. Veels geluk aan CN Krugel wat ʼn algehele 7de plek gekry het. Die volgende lede het deelgeneem en as volg gevaar: O Scheepers (31ste); G Harmse (74ste); C Cronje (79); HS de Beer (102de); P Cronje (107de); en JA Venter. (120ste).

Juniors: In die juniors se SG04A oefening het DJ Viljone 1ste geeindig, L Boers was 2de en GC Kriek, 3de. In die JB01-C oefening het DJ Viljoen, L Boers en GC Kriek weer onderskeidelik 1ste, 2de en 3de plekke behaal.t. Veels geluk aan hierdie juniors.
Baie dankie aan ons baanoffisier en baanbeamptes wat diens gedoen het tydens die takskiete.

Takskiet: Duiker-tak se volgende takskiet vind plaas op 29 September en dan weer op 12 Oktober 2019. Ons begin die oggend met n inskietgeleentheid waarna ons posligas, juniors en jaggebaseerde skietoefeninge sal doen. Besoekers is welkom. Ons nooi lede se gades en kinders uit om te kom deelneem asook enige belangstellendes uit die gemeenskap.

Bemarking

Tak-hemde, -hoede en -handdoeke kan bestel word by Paulette.

Opleiding

Die volgende opleidingskursus word vir Maart 2020 beplan indien daar voldoende belangstellendes is.

Bewaring
Duiker-tak het 20 inheemse bome laat aanplant om met stofbeheer in die Balfour-omgewing te help.

Program

29 September Takskietdag
10 Oktober Ledevergadering
12 Otober Takskietdag
19 Oktober Kopskietkompeitise by Hoërskool Balfour 
7 Desember Jaareindfunksie