Back to map Baviaanspoort

Pretoria Moot en Noord van die Magaliesberg

Chairman / Voorsitter:
Hansie Lerm (082 652 2396)
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Website / Webwerf

Bestuur

Ondervoorsitter: Herman Botha 082 357 6510
Tesourier: Johan Lundall 082 724 8477
Sekretaris: Vakant  
Kommmunikasiebeampte: Len Schubach 082 967 3432
Senior opleiding: Schalk du Plessis 083 238 9117
Junior opleiding & meetbeampte: Danie Nieuwoudt 083 268 7294
Skietkoördineerder: Nico Rautenbach 082 325 7146
Jagsake: Rodney Hall 072 713 9936
Bewaring: Danie Smit 083 789 0379

 

Taknuus

Algemene nuus 

 COVID-19 inperkings het steeds 'n impak op takaktiwiteite. Ons is almal in groot afwagting vir aktiwiteite om weer terug te keer na normaal, wat dit ook al mag beteken. 

Lede-aande vind onder normale omstandighede gebruiklik plaas by die Inyathipark se lapa om 19:00 op die tweede Woensdag van elke maand. Bring asseblief eie vleis, stoele, eetgerei en drinkgoed saam. Pap, sous,slaai en vure word voorsien. Kom kuier lekker saam met ander mense wat dieselfde belangstelling as jy deel. 

Senior Opleiding
Die volgende kursus vir toegewyde status is op 4 en 5 September 2020. Kontak vir Schalk vir inligting oor kursusse en ander navrae aangaande senior opleiding by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Junior Opleiding
Die volgende junior kamp vind plaas van 14 - 16 Augustus 2020. Tree in verbinding met Danie Nieuwoudt by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.vir meer inligting.

Skietaangeleenthede
Tak-skietdae vind elke derde Saterdag van die maand plaas by Generaal Piet Joubert-skietbaan, Hammanskraal. Besoekers is baie welkom. Bring eie verversings en let asseblief daarop dat geen alkohol op die skietbaan toegelaat word nie. Skietbalkies kan by Roelandi by die skietbaan bestel word.
Kontak vir Nico vir meer besonderhede. 

Skedule vir Skietoefeninge

Julie, September en November 
Vlakte (Springbok, Bosveld, Rooijakkals, Rooibok sonder rus, Big Bore, Jaghandwapen

 Junie., Augustus, Oktober
Vlakte (Springbok) Bosveld, Swart wildebees, vlakvark, 22 randslag, haelgeweer

Bewaring
Die tak is voortdurend op soek na nuwe geleenthede om ons passie vir wild en die natuur uit te leef in die vorm van bewaringsprojekte of ondersteuning aan bewaringsinstansies.

Takhemde
Die nuwe takhemde kan by Roelandi bestel word en is by lede-aande beskikbaar, of tref reëlings om dit af te haal. Die hemde kos R310 elk.

 Program (alle aktiwiteite is gestaak weens die inperking)

20 Junie Skietdag