HuntEx 2012

Skou vir jagbedryf in Gauteng lok 28200 besoekers

‘n Rapsie meer as 28200 jagters, sportskuts en buitelugliefhebbers het HuntEx2012 besoek wat van 20 – 24 April by die Gallagher uitstalsentrum in Midrand gehou is. Dit is 9192 meer besoekers as wat hierdie skou in 2011 gelok het. Met 230 uitstallings waarvan 25 vuurwapenhandelaars was, is HuntEx nou die grootste klein-kaliber wapenskou in die land.

Die skietbaan wat spesiaal vir die skou gebou is, was baie gewild onder besoekers en sowat 2500 skote is met ‘n .50-kaliber geweer en ander kleiner handwapens gevuur. Die PMP ProAmm Groepering-skietkompetisie is ook by HuntEx gehou en deelnemers het 3174 skote oor twee dae geskiet.

Read more...

Hoogtepunte van 2011-kongres

Sowat 300 afgevaardigdes het die 2011-kongres op 12 November in Pretoria bygewoon.  Die gebruiklike dinee het op 11 November plaasgevind en is ook deur gaste vanuit die jagtersgemeenskap, die SAPD, en die media bygewoon. Hieronder is ‘n opsomming van enkele kongreshoogtepunte.

Nuwe wending in Wapenwet-hofsaak

Afgevaardigdes het hulle volle steun gegee vir die Vereniging se optrede om ‘n aansoek by die hof te bring dat die drie hofsake wat  teen die Minister van Polisie oor die vuurwapenlisensie wetgewing aanhangig gemaak is in een saak te konsolideer. 

Read more...

Hunters now the hunted

IT was after midnight when the patrolling forest guards first saw them. Five poachers crouching in the jungle, tense and braced for trouble, ready to slaughter a rhino in one of India's premier national parks. They had crept in from the north as the monsoon floodwaters ebbed, willing to risk death for the rhino's precious horn.

The guards lifted their rifles and the night exploded in a hail of bullets. Two of the poachers were killed outright; two escaped, running into the night. The remaining survivor was gravely injured, shot in the leg and in the shoulder. He fled alone, crashing through the dense vegetation, leaving a blood trail like a wounded beast.

Read more...

Bewaringsliggaam gee laksheid in regeringskringe skuld vir smokkelhandel in renosterhoring

PRETORIA – Die Minister van Omgewingsake en regeringamptenare moet die skuld kry vir die groot besending van 33 renosterhorings en ivoorprodukte met ‘n geraamde waarde van R18 miljoen wat in ’n vraghouer na Hong Kong gesmokkel is.

Die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het die waaksaamheid van amptenare in Hong Kong geprys, maar verkwalik die Minister omdat sy toelaat dat Suid-Afrika se natuurerfenis vernietig word. ‘Suid-Afrika is die enigste plek waar renosters nog vryelik kan rondloop en hierdie rare voorreg sal binnekort iets van die verlede wees indien nasionale en provinsiale regerings sou voortgaan om bewaring as ’n lae prioriteit te beskou,’ sê dr. Herman Els, bestuurder van jag en bewaring by SA Jagters.

Read more...